Leerlinge vas ná moord op geliefde huismoeder

Carima Barnard. Foto: Verskaf

Carima Barnard. Foto: Verskaf

Twee leerlinge aan die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum naby Dewetsdorp in die Vrystaat, sal na verwagting Woensdag van moord aangekla word nadat Carima Barnard (50), ʼn geliefde huismoeder by dié sentrum, Dinsdag glo by ʼn lodge op dieselfde terrein vermoor is.

Sers. Yanda Ngcukana, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die seuns, wat by die sentrum gebly het, beweer hulle het omstreeks 14:20 by die dam visgevang toe hulle twee mans in ʼn voertuig by die lodge sien wegry het. Barnard het die lodge bestuur.

“Volgens die seuns het hulle gaan ondersoek instel en op die slagoffer se liggaam in ʼn plas bloed afgekom. Hulle het die skoolhoof gaan roep wat op sy beurt die polisie ontbied het,” het Ngcukana gesê.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle Barnard se liggaam op die gras langs haar bakkie aangetref. Haar bakkie se sleutels en haar selfoon was by haar. ʼn Baksteen en ʼn klip het langs haar gelê.

“Die seuns is dadelik ondervra en hulle het vertel hulle het ʼn wit Chrysler by die lodge sien wegry voordat hulle daar opgedaag het. Die polisie en boere in die omgewing het dadelik na die voertuig begin soek en dit is kort daarna in Dewetsdorp opgespoor. Die seuns is intussen op die toneel gehou, want die ondersoekbeamptes het vermoed iets is nie pluis met hul weergawe van gebeure nie. Daar was ook bloedspatsels op een van die seuns se T-hemp en tekkies.”

Ngcukana het gesê die insittendes van die voertuig is behoorlik ondervra en die polisie het vasgestel hulle was by die lodge om daarna te kyk omdat hulle ʼn jaareindfunksie daar wou hou. “Hulle het gesê die slagoffer het nog gelewe toe hulle daar weg is. Die polisie het nie rede gehad om hul weergawe in twyfel te trek nie en hulle is nie in hegtenis geneem of as verdagtes beskou nie.”

Die seuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is later na ʼn plek van aanhouding in Bloemfontein geneem terwyl die saak verder ondersoek word en die polisie wag vir uitslae wat kan bevestig dat die bloedspatsels op die seun se klere met Barnard verbind kan word.

Johnny Erlank, wat verlede week as skoolhoof uitgetree het en daar aanbly totdat die skooljaar verby is, het aan Maroela Media gesê die skool is besig om ʼn verklaring saam te stel.

arnard laat haar man, Adriaan en twee kinders, albei in hul 20’s, agter. Adriaan is die adjunkhoof by die skool en ook die skoolsielkundige.

Lees die opvolgberig hierMoord op geliefde huismoeder ruk gemeenskap

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Elbie ·

Hoe wreed is dit nie, net n siek verstand sal so iets kan doen, dis aaklig! So jonk en klaar so boos! Simpatie aan die familie.

Theresa B ·

Dit is siek verby………………….!!!! Liewe hemel tog. Wanneer gaan al hierdie onbesonne dinge ophou!!!

Paul ·

Nou hoekom sal hulle nou soiets doen hulle is dan”Free Borns”

Johann Marx ·

Theresa B….dit gaan nie ophou nie? Hierdie jeugdiges praat onder mekaar….en kyk TV…en lees koerant….en sien ook die SAPD se powere sukseskoers met die oplos van misdaad….en dan dink hulle hulle kan ook maar doen wat hulle wil….want die polisie sal hulle tog nie gevang kry nie? En as jy gevang word, dien jy net ‘n 6de van jou vonnis uit….en dan stap jy vry uit (of so dink hulle want hulle’t die Oscar saak ook gevolg?) Daar is tans ongeveer 7000 gevangenis wat “lewenslank” gekry het vir moord…..maar die moord statistiek wys 53 moored per dag vir die afgelope 20 jaar? Hoeveel moordenaars loop nie los rond nie? En hulle bly nie eens stil daaroor nie…hulle SPOG by hulle pêlle daaroor!!

Sollie ·

So dalk kry hul tronkstraf en leer nog meer booshede aan daar. Dan kom hul uit as dan “gerehabiliteuma verjaar en word ‘n spul mos vrygelaat en dan kom doen hul net weer en meer wat hul so goed kan doen dan, dis hoe dit werk

Sumari ·

Ek voel die hulle moet die name bekend maak van die twee…. As julle kan vermoor op so ouderdom kan julle name ook verskyn, MAAR nee die slegte moordenaars het baie meer regte.
Julle verdien nie eers om te leef na so iets nie. O aarde mens kan nie help om te haat nie.

Madelein ·

Ek is huismoeder in daardie seuns se koshuis. Dis vir my n Groot skok oor hul Dade. Ongelukkig is die kinders minderjarig en mag hul name nie bekend gemaak word nie.

Carima is huismoeder en die lodge is deel van haar werk. Sy het hom bestuur. Dis moeilik om aan mense te verduidelik presies hoe daardie prentjie in mekaar pas

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Is Jummie Roos nie uintlik a skool vir jeug misdagers nie In my jonger dae was dit geken as a verbeterings skool om daar te beland moes jy al a geharde misdadiger wees

Leana ·

Ken dit ook as n verbeteringskool Busfark. Word nou n “Jeugsentrum” genoem.

Ben ·

Ek sien Nederland het of wil agt tronke in hulle land toemaak agv daar nie genoeg misdadigers daar is om die tronke te vul nie. SA kan geru ‘n ooreenkoms met hulle sluit om ons oorvol tronke se misdadigers daarheen te stuur. Ek is seker ons kan iets uitruil met hulle?

John ·

Ek is seker Nederland soek nie hierdie tipe gemors in hul land nie.

Verward ·

Ek verstaan nie. Hoe weet ons sy was geliefd? Hoe is sy ‘n huismoeder en terselfdertyd ook bestuurder van ‘n lodge? Ek val nie haar karakter aan nie, ek is seker sy was wel geliefd, maar die joernalis kan mos nie net aannames maak nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Verward

Ons vra om verskoning dat dit nie duidelik in die berig gestel is nie – dit is hoe Johnny Erlank, wat verlede week as skoolhoof uitgetree het, haar aan Maroela Media beskryf het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Riekie ·

Verward

Ja verward is jy beslis! Carima is wyd bekend as geliefd. Hope kinders is deur haar sorgsame hande, en onthou dis kinders met kriminele geskiedenisse. Die Wilgers Lodge is deel van ‘n fondsinsamelings projek deur die skool vir addisionele fondse om aan te wend vir die skool. Die staat het sopas gefaal om genoegsame beskerming te bied aan die personeel wat met hierdie kinders werk juis oor die beleid dat minderjarige kriminele nie tronkstraf kan uitdien nie. Carima was die eerste slagoffer. Een te veel,

trots afrikaans ·

So al was sy nie geliefd nie beteken ni sy het verdien om met n klip dood geslaan te word nie.

Verward ·

Julle is reg. Ek het die punt heeltemal gemis. ‘n Vrou is dood en ek kerm oor waar die joernalis sy inligting kry. Groot ekskuus aan almal.

Petro ·

En nou sal die klein wetters wegkom daarmee want hul is te jonk hoor wat ek jul se dis so maklik vandag om met moord weg te kom en ek stem saam die nederland storie ek sal met die grootste graagte immigreer as dit daar so is.

AmY ·

Maroela Media; dis nou die tweede keer sedert gister wat jul my kommentare verwyder. En ek het niks verkeerd gesê nie. Wat was verkeerd met my kommentare van vroëer?

Sune van Heerden ·

Dagsê AmY

Ek kon slegs sien dat een van jou kommentare op die M-Net-berig verkeerdelik afgekeur was – dit is nou teruggeplaas. Ek kry nie enige ander kommentaar van jou wat afgekeur is nie? Het jy die kommentaar op hierdie berig gelewer? Dan moet die tegniese span dringend ondersoek instel. Kontak my gerus by [email protected].

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Tokkie ·

Vra maar net – Hoekom kan hulle nie ook gevonnis word wanneer hul 18 word nie – soos Don Steenkamp?

STEFAN ·

daai sal nie gebeur nie die rasse kaart gaan weer uit geruk word alles draai mos om die rasse kaart

Annie ·

Hulle kan nie hulle name noem nie – shame hoekom nie – bang hulle familie en vriende gaan uitvind of is dit omdat hulle bang is iemand gaan doen dit met hulle familie. Almal behoort te weet wie hulle is en watse gemors hulle is, hulle kan moord pleeg, jok, onskuldige mense blameer, dis die publiek se reg om te weet wie hulle is – hoekom hulle beskerm – hulle het geen gevoel of simpatie nie. Wel gedaan Polisie.

Rhona ·

By Jimmy Roos (ou dae genoem verbeteringskool) het die twee nog ‘n kans gehad om in die samelewing ‘n normale lewe te kon lei. Nou het hul met een verkeerde keuse ‘n lewensbelangrike foutjie gemaak en enige toekoms verder opgeneuk My simpatie aan die Barnard gesin. Dit is so tragies.

Alet ·

sy was ook my seun se koshuismoeder toe hy daar was. hy se dit was sy moeder daar. n baie liefdevolle mens. sy en haar man, wat sy sielkundige was, het my seun op die regte pad gevat. hyt altyd net met lof gepraat van sy koshuis-mamma. mag sy in vrede rus en Jesus die wat agter bly se trane afdroog.

Eliza-beth ·

Alet – ek is so bly oor jou kommentaaar. Dis vreeslik hoe mense nou veralgemeen oor die kinders daar. Hier het jy BEWYS nie alle kinders daar is misdadigers maar dat hul wel hul lewens kan omdraai as hulle daar was. Mooi so, ek is sommer trots op jou seun al ken ek hom nie. Mag hy gaan van krag tot krag en wees altyd trots op hom. Dit kon nie maklik wees, maar mag hy geseënd wees op sy pad vorentoe.

swanna ·

Hulle is moontlik born free’s soos Paul reeds genoem het. Free om te doen wat hulle wil want hulle was benadeel in die verlede. Maar vandag moet hulle by sulke jeugsentrums in geboek word maar nie in die voorige bedeling nie sou hulle alreeds in jeugtronke opgeluit gewees het. Dit is tyd dat hierdie regering van die dag die doodstraf terug bring want dan sal almal wakker skrik wanneer daar ‘n paar aan die galg gesterf het. Wat ‘n goeie afskrik middel vir moordenaars. Maar by gese in die parlement sit ‘n klomp van hulle wat na die gallos sal moet gaan as die doodstraf ooit sal terug kom.

Winston ·

Ja Swanna. Ek wil liewer niks sê behalwe dat ek saamstem met n klomp kommentare hierbo. Dis n sinnelose moord en kan op geen manier regverdig word nie. Die sisteem is siek wat dink moordenaars is gesond.

AmY ·

Ek het een op hierdie berig geplaas vroeër vandag. Dalk het dit nie deurgegaan nie. Dankie vir die antwoord op my kommentaar. AmY

Maryna ·

Carima se dogter en my seun is al ‘n paar jaar saam en daar is al sprake van verlowing. Ek wonder of die moordenaar/s besef hulle het 2 kinders se moeder weggeneem, ‘n man se vrou, ‘n moeder van ‘n bruid en ‘n ouma vir kleinkinders. Sy het my kind welkom laat voel soos een van haar eie kinders. Ons gaan haar mis.

Amber ·

Ons kan net kommentaar lewer, dis al wat ons kan doen, verder is ons hande afgekap. Hierdie sinnelose dade gaan my verstand te bowe.
Sterkte aan die familie.

Frikkie ·

Hello daar.

As die regering die doodstraf terug bring sal die moorde daal. Hulle sal dan weet as hulle iemand se lewe eis gaan hulle selfde ontvang. Dan gaan die moordenaars 2 of 3 keer dink.. Dankie

John ·

Frikkie, ek stem 100% saam dat doodstraf kan ‘n goeie afweer middel wees vir hierdie tipe misdade, maar dink jy rerig dit gaan werk in ‘n korrupte land soos hierdie? Die skuldiges gaan nogsteeds loskom en die onskuldiges sal doodgemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.