Leerlingvlieënier sterf toe ligte vliegtuig val

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Die vliegtuigongeluk wat vroeër Dinsdag in die omgewing van die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, plaasgevind het, het die lewe van ’n vroulike leerlingvlieënier geëis.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 12:56 na die toneel in Tumericweg in Akasia ontbied nadat ’n ligte vliegtuig neergestort het. Een persoon het in die voorval omgekom.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), het gesê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene die enigste persoon aan boord die vliegtuig was ten tyde van die voorval.

Volgens Ledwaba is ’n ondersoekspan van die BLO omstreeks 13:30 na die toneel ontbied om ondersoek in te stel.

“Meer besonderhede sal later bekend gemaak word,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.