‘Lees gee breinkanker’ – Dept. waarsku teen fopnuus

Angie Motshekga tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: DOC

Die departement van basiese onderwys het Vrydag gesê die verspreiding van fopnuus is kommerwekkend.

Dit kom nadat ‘n “berig” op sosiale media versprei is waarin Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, kinders glo waarsku teen te veel lees en leer omdat dit breinkanker kan veroorsaak.

Die departement het in ʼn verklaring gesê ten spyte van die bisarre aard van dié fopnuus was daar steeds lede van die publiek wat hul kommer daaroor uitgespreek het.

“Ons wil graag die mense verseker dat minister Motshekga nooit gesê het te veel lees of leer veroorsaak breinkanker nie,” het die verklaring gelui. Die artikel haal Motshekga aan waar sy glo sou sê: “Ek raai leerders aan om genoeg te rus die vakansie. Ek sou hulle aanraai om nie eers aan hul boeke te vat nie en hul breine te rus omdat te veel leerwerk breinkanker kan veroorsaak.”

Volgens die departement is Motshekga self ʼn ywerige leser is en het sy ouers al telkemale aangemoedig om eerder boeke as speelgoed vir hulle kinders te koop. “Sy het ook die Read to Lead-veldtog van stapel gestuur wat ouers en kinders aanmoedig om elke dag vir 30 minute te lees.”

Die departement het gesê daar word intussen nóg ‘n fopnuus-storie versprei wat beweer Motshekga het gesê sy wil druipelinge help deur vir hulle ʼn matrieksertifikaat te gee solank as wat hulle kan lees en skryf. “Dit is onwaar en die minister het dit nooit gesê nie. Die departement het geen planne om vir enigiemand wat nie die nasionale senior sertifikaat slaag, ʼn sertifikaat te gee nie.”

Die departement het lede van die publiek aangemoedig om feite te verifieer voor hulle dit deel op sosiale media. “Hierdie tipe inhoud word vervaardig met die bedoeling om die publiek se vertroue in die regering te skend. Ons veroordeel hierdie berigte ten sterkste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Asjas ·

As ons nie in so sirkus van ‘n land gebly het nie, sou ons nie fopnuus vir soetkoek opvreet nie. Ek dink ook nie die regering se beeld kan enige verdere skade aangedoen word nie, nie dat hul juis omgee vir hul beeld nie.

Katryn ·

Dink net!!! As dit waar sou wees was daar geen wittes op aarde oor nie! Fop nuus kan my soms lekker laat giggel!!

Snoepie ·

wonder of dit regtig fopnuus is? Of is dit net n manier om alles toe te smeer? Ons het al in die verlede baie lagwekkende uitlatings gehoor van “geleerde” mense. Vra maar net

Rita ·

Nee wat Snoepie, dit IS fopnuus! Anders het ons almal met breinkanker geloop. Hoe het ons mense nie gelees voor TV nie. Die een boek na die ander. Dit is al wat ons gehad het om ons weg te voer na ‘n wonderlike wêreld. Ons generasie wat so versot was op lees, kan vandag steeds nie ‘n boek weerstaan nie.

snoepie ·

Wat ek bedoel Rita, is dat sy dit dalk regtig gesê het. En nou probeer hulle haar fout toe smeer deur te sê dat dit fopnuus is

freedom of speech ·

FOP of nie!! ‘N mens Kan sien en weet wie het reeds “breinkanker” net deur gedrag en optrede. As Jy nie getalle Kan uitspreek nie was jy te bang om te lees a.g.v. die “siekte”.

Carolien Wiese ·

Ek is jammer maar ek glo nie dat dit fopnuus is nie. Ek kan aan nie een geval dink waar daar nie onsinnige nonsens uit so iemand se mond gekom het wat my verkeerd bewys het nie. Ek kan heeltemal glo dat hierdie persoon dit gesê het

Andrea ·

Moet sê, is nogal maklik om te glo dat sy só iets kon kwytraak…. gedagtig aan vorige kere wat lede van die regering hul hogere kennis ten toon gestel het: n stort voorkom die oordrag van die Vigs virus, beet genees dit, die paaie in SA is in só n toestand omdat daar te veel paaie onder die apartheidsregering se bestuur gebou is, weerlig slaan nie witmense nie, ons moet kleiner damme hou, dan sal hul vinniger volword en SA nie n waterprobleem hê nie… en só kan ek aangaan.

Johan ·

Ai maar hulle het die boodskal darem vinnig ge-“spin” né. Maar nou ja, wat sê jy as jy ‘n LUR van KZN het wat ‘n formele ondersoek wil laat doen omdat die weerlig Swart mense so doodslaan – seker maar “Eish !”

Adriana ·

Sal nie verbaas as sy so iets kwytgeraak het nie.Haar “suksesse” tot dusver spreek vanself

Leslie ·

Ek het dadelik my boeke weggesit ? nou rus ek vir die res van my vakansie.

freedom of speech FoS ·

Prevention is better than cure. Soos die regering dit sal sien… It’s good for the economy.

Pie van die Sky ·

Dan het almal wat SABC kyk en luister, beslis breinkanker!

Laurie ·

Sal sy dus oorweeg om matrieksertifikate weg te neem by matrikulante wat nog nie kan lees nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kan nie glo dat soiets gepubliseer word nie al is dit fopnuus. As ek so om my kyk is ek oortuig dat GEEN LEES of GELEERDHEID iets kan veroorsaak maar nie kanker nie, Miskien sal die lee koppe afsak en doer onder die dinge aanjaag. hahaha. want DIS ‘n realiteit.

Pieter ·

Dit is n Westerse ding lees en leer. Glo dat sy dit kwyt geraak het, dis hoekom hulle dit nou wil toesmeer. Jy hoef ook nie meer wiskunde te slaag nie ,ook n Westerse ding. Ons is in Afrika en hier gee lees en leer brein kanker en ingeneurs sonder wiskunde is die in ding. Wat het FW aan die land gedoen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.