Kristian is steeds in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Mediclinic Muelmed-hospitaal in Arcadia, Pretoria. “Ons het by die punt gekom waar enige moontlike menslike hulp geëindig het en waar net die genade, krag en genesing van God kan oorvat,” het Herman Prinsloo (47), Kristian se pa, gesê.
Herman, ʼn sakeman van Centurion, en sy vrou, Adri (47), waak 24 uur per dag by hul enigste kind se bed nadat hy op 8 April op ʼn landgoed naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is. Marie Strydom (75), Adri se ma wat die leeu van Kristian afgestoei het, staan die egpaar by.
“Ek wil ons hemelse Vader bedank vir al die krag, genade, liefde, vrede en vreugde wat Hy ons onvoorwaardelik mee seën en dat Hy vir ons ʼn internetfamilie gegee het wat ons so wonderlik ondersteun met hul gebede en boodskappe. Baie dankie vir ieder en elke gebed, boodskap en gedagte.”
Kristian, ʼn gr. 6-leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt, het oudergewoonte dié skoolvakansie by Strydom in Lephalale gaan kuier waar die tragedie hom afgespeel het.
Dokters het verlede week gesê Kristian het geen breinaktiwiteit nie. “Ek vra dat almal sal intree vir Kristian en aanhou bid dat God se wil sal geskied asook dat dit sy wil is dat Kristian se brein sal begin funksioneer en hy volkome sal herstel,” het Herman gesê.
Lees alle vorige berigte oor Kristian Prinsloo op Maroela Media.
dankie Vader dat U seun in die Holte va U Hand is…Wonderwerkende Here….wat herskep e nuut maak amen
Ek verstaan nie? As die dokters sê daar is geen breinaktiwiteit nie, dan beteken dit mos die persoon is breindood?
My hart gaan uit na hierdie gesin wat langs die bed van hul enigste kind bid vir ‘n wonderwerk.
Anoniem dit is so, maar jong as jy nie in daardie mense se skoene staan nie dan kan jy nie saampraat nie. Dit is hulle enigste kind en mens sal bly hoop dat daar ‘n wonderwerk gebeur en by God is niks onmoontlik nie. My hart gaan uit na die ouers en ouma.
Die ou mense het gese “Waar daar lewe is, is daar hoop.”
Ek wil dit baie graag ook glo, maar hoe moet ek dit vertolk dat “geen breinfunksie” waargeneem word nie?
Is daar nog hoop of dui dit op n vegatatiewe toestand?
Ek is bekommerd.
Dit klink asof alles wat menslike gedoen kon word gedoen is. Maar ons bly hoop vir die ouers. Dit moet geweldig moeilik wees. ?
Onse Vader Laat U wil geskied! Ek vra met ‘n ouma hart dat U hierdie seuntjie se lewe sal spaar en hom volkome gesond maak. In U HEILIGE NAAM JESUS CHRISTUS, VADER SEUN EN HEILIGE GEES vra ons dit. Laat dit so wees. AMEN.
Jesus het Talita,Jairus se dogtertjie en Lasarus uit die DOOD opgewek,en dis maar net 3 waarvan ons weet,glo daar was vele meer!Die brein is n orgaan,God beskik oor die mag om lewe daarin te gee!Bly glo en vertrou,by ons Meester is als moontlik.
Presies! God doen steeds hierdie wonders vandag. Ek dink mens het vergeet hoe om werklik te glo en op Hom te vertrou. In die Naam van Jesus Christus bid ek volkome herstel vir klein Kristian. AMEN
Amen?
Amen
Ons dra die familie op aan die Here niks is onmoontlik by onse vader. Here staan by die kind en raak hom aan ons glo aan ‘n wonderwerk niks is by U onmoontlik nie en so ook al die personeel en dokters wat u nodig het . Amen
Dankie Pappa Jesus dat ons weet U is ons Geneesheer en kan Kristiaan volkome genees AMEN .
Dit is net Gods genade wat hierdie seun sal laat lewe. As daar eers nie brein aktiwiteit is nie, beteken dit dat hy klaar in die hemel is. Aanvaar dit maar.
GOD se liefede is baie groter as wat ons ooit sal weet. En NIKS is onmoontlik by HOM nie. Ek bid ook nog steess saam. Want hierdie pragtige seun sal volkome herstel
Die dokter het vir my en my man gese daar is niks meer wat hy kan doen nie toe kom Die Here en raak my aan! Ek is gesond en werk elke dag en my seuntjie is ook gesond en baie slim, ek is so trots op hom!.Geloofd in die Here en Hy doen wonderwerke. In Die Naam van Die Vader ,Die Seun Jesus Christus en Die Helige Gees spreek ek genesing oor hierdie seuntjie volgens U Wil Vader. Dankie Here dat U hom nou aangeraak het met GENESING!AMEN
Baie Sterkte aan die Ouers en Ouma. Wilde diere is so onvoorspelbaar. Ek dink die feit dat hy gehardloop het om te gaan wegkruip, het die leeu gepla.
Dis swaar.
Sterkte aan die ouers en almal wat hier deur geraak word. Onse Vader laat U wil geskied. AMEN
Ons HEMEKSE VADER ONS VRA IN U NAAM DAT U HIERDIE KIND KRISTAAN PRINSLOO SAL AANRAAK GOD AS U HOM NIE NODIG HET NIE DAT U ASB BY SY BED SAL STIL STAAN HIM SAL AAN RAAK EN AAN SY OUERS SAL TERUG INS VRA IN U NAAM AMEN
Onse Abba Vader. Ons dra die pragtige jong seun Kristian Prinsloo op in U genesende hande. Ons lê hom voor U voete neer. Laat U wil geskied. Ek bid ook vir sy ouers en res van die familie. Staan sterk in geloof. Die Here doen wonderwerke.
In die naam van Jesus Staan op.
Wees stil, en WEET dat HY GOD is.
AMEN.
Dit is so mooi, AMEN en AMEN!
Ek bid dat God in Sy troue genade vir Kristian volkome sal genees en dat Hy julle as ouers sal omvou met Sy vrede. Here ek pleit by U wees hierdie ouers elke oomblik naby. U ken hul harte wat op U e U alleen vertroue. Vader help asseblief.
Ons dien n God van wonderwerke! Ons bid vir Kristian se volle herstel en glo en vertrou op die Groot Geneesheer. Amen
Moet nooit net moed opgee en te vinnig masjiene afskakel nie. Gaan google die baie gevalle waar mense heeltemal herstel het en nog lewe vandag. Dit lyk amper asof dit baie keer deur dokters aanbeveel word want dan is orgaan skenkings n opsie.
Ek hoop jy is verkeerd deur te sê dokters beveel dit onnodiglik aan. ?
VADER LAAT U WIL GESKIED EN DAT DAAR GENESING KOM OOR DIE PRAGTIGE SEUN.GAAN ASB OOK SO MET DIE OUERS EN OUMA.VADER ONS VRA DIT ALLEEN IN U GROTE NAAM.AMEN
My ouma het na n beroete geen brein aktiwiteit getoon vir n paar dae. Ons het al haar begrafnis beplan toe kom sy reg en het sy nog n paar jaar oorleef. Daar is altyd n kans vir n wonderwerk.
My almagtige God, ek pleit U bloed oor Kristian Prinsloo, ek weet U is genadig en sal hom volkome laat herstel. Dankie dat ek as vreemdeling vir hom en sy familie kan bid vir U groot genade.
Die Here sal Kristiaan nie versaak nie. Bid, Glo en Vertrou.
as Kristian dit nie oorleef nie, beteken dit dan dat god hom wel in die teek gelaat het ?
Of begin ons dan net weer van voor af bid ?
Ek het baie waardering vir al die kommentators se meelewing en ek glo in hulle vroomheid, maar ek kry namens baie van hulle n beklemming om my hart aangaande die oortreding van die Derde Gebod soos dit opgeteken staan in Exodus 20 in die Bybel. Gebede gebeur in my binnekamer, nie van die dakke af of op hoeke van strate of op openbare forums nie.
Ek het sterk opvattingen oor.”almag” en dit sluit nie in dat aan HOM opdragte mag gee nie.
Die ydele gebruik van SY naam laat my sprakeloos.
Sterkte aan die hele familie, hoop God tree in MAAR mamma volg jou hart luister… as jou hart se moenie daai mashiene afskakel. Moeniem my daddy was vir omtrent 3 maande brein dood verklaar wat die dokter my ma gebly neul het om die papiere te teken om die mashiene af te skakel, sy het geweier… mybdaddy leef vandag. Brein werk 100% hy het vir jare daarna nog gewerk. Ons bly en glo. God sal geneesing bring
Kom ons bid saam
Here van die leerskare laat U wil geskied soos U ons geleer het om te bid. Heilige Here U se wat ons in U naam vra sal so wees daarom kom ons voor U vandag en loof en prys U wonderlike naam. U is ons Verlosser U is ons Heiland U is ons redding. Almagtige God Heilig is U naam. Vader ons kom in die Naam van Jesus Christus God die Vader God die Seun en God die Heilige Gees en bid dat U hierdie blom van U tuin vandag aanraak en Hom ten volle genees. Vader ons loof U vir wat U reeds gedoen het en gee al die eer lof en aanbidding aan U .Amen
Ek het oor dit gedroom .. ek kon “even” die skedel hoor kraak .. ek het wakker geskrik gedink kon ek iets doen .. het die heeltyd gevra iemand regs van my moet help maar my woorde was te sag … of die persoon wou nie help nie ..
Sterkte GOD IS GROOT
Ramkat, ek weet nie wat jy probeer bewys nie. Ek het weer deur die kommentaar gelees en ek het nie een gebed gekry wat God n opdrag gegee het nie. Hier bid almal net in God se Naam en in Sy Wil. Se die Woord ook nie dat waar daar drie en meer is wat saam bid, daar sal Hy wees. Se Jesus ook dat ons nie vir Hom moet skaam wees nie. Ons moet almal van Hom vertel en Sy Naam verkondig. Ek tel ook enigsins nie op dat enige iemand hier God se naam ydelik gebruik nie. Ons as christene het die voorreg om direk met ons God te praat in die Naam van Jesus, Sy Seun. Ons het nie afbeelde of gode nodig om met ons Vader te praat nie. Om ons God by Sy Naam te noem is glad nie ydelik nie, maar net om Hom aan te roep sodat Hy kan hoor ons tree in gebed met Hom en dit is ons gesprek aan Hom wat dit moontlik maak dat Hy so baie stemme kan hoor wat in nood is
My kleindogter was ook ‘breindood ‘. Ons het geweier dat hulle masjiene afskakel. Dit is nou julle geveg met satan om hom terug te kry. Spreek lewe, speel baroque musiek en bid! In Jesus Heilige Naam Kristian kom uit die koma uit! Wees volkome genees. Amen.
Ai as dit jou énigste kind is wat daar lê, is dit nog erger. Ons glo dat God steeds wonderwerke doen. Staan sterk in die geloof.
Ek bid saam maar daar was so 2 jaar terug n episode op carte blance waar hulle n slaap pil vir n persoon gegee het wat die omgekeerde effek het seker as ek google sal ek die naam kry en dan plaas sterkte
Soos belowe hier is die inligting…
Was onder opskrif van stilnoxs gewees lees bietjie en ek sou dit probeer het as ek in julle skoene was wat kan mens verloor deur dit te probeer