Leeu-aanval: Huldeblyke stroom in ná seun sterf

Kristian Prinsloo. Foto: Facebook

Hartroerende huldeblyke van oor die hele Suid-Afrika én die buiteland het sedert Woensdag ingestroom nadat Kristian Prinsloo (12), die skoolseun wat vroeër vandeesmaand deur ʼn leeumannetjie aangeval is, Woensdagoggend oorlede is.

Kristian se ouers, Herman en Adri Prinsloo, het die tragiese nuus op ʼn Facebook-groep, wat ter ondersteuning van Kristian gestig is, bevestig. “Kristian Josef Armand Prinsloo is om 10:50 oorlede. Lief vir jou, my seun,” het hulle geskryf.

“Vandag is een van daardie dae wat ons nooit wou hê moes gebeur nie. Kristian – jy was ʼn wonderwerk vir jou ma en pa, ʼn vriend, ʼn kleinkind en iemand met soveel liefde en wie se lig net geskyn het. Soos ons groet, breek my hart, maar jy was een van God se mooiste blomme, en Hy het jou huis toe gevat,” het Rayne-Mari Muir geskryf.

“Mamma Adri, Pappa Herman en Ouma Marie. Vandag wil ons dat die Here almal se hande hoog hou. En weet, dierbare Heer, vandag gee ons u hoogste troon al die eer. U het besluit dis genoeg, en ek bring die familie tot by u troon. Dankie vir u pad vorentoe in hul lewe en dat hulle ook met hulle hande in U sʼn sal staan,” het Paul Badenhorst vir die familie gebid.

Die gesin word ook oorval met boodskappe van bemoediging. “Julle seun het derduisende harte gesteel in die kort tydperk. Hy het mense wêreldwyd geraak – jonk en oud. Ek kan my nie indink hoe julle moet voel nie, maar soos die liedjie sê: In the arms of the Angels. Dit is waar hy nou is met sy vriendelike glimlag,” skryf Yolanda Jacoby.

Dít is bloot ʼn tydelike skeiding tussen Kristian en sy ouers, het Mari Gerber bemoedig. “Jy het die wedloop voltooi en nou is jy ʼn engeltjie by Jesus. Sprei jou vlerke, my skat, en hou dit oor jou pappa-hulle.”

Honderde ander boodskappe het Donderdagoggend nog bly instroom op dié Facebook-blad.

Herman en Adri het in dié stadium nog nie weer met die media gepraat nie.

Lees die boodskappe en huldeblyke op die Kristian Prinsloo Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

R.I.V KLEINE ENGEL.JY HET DIE STRYD VOLTOOI MAG JY SAG RUS IN JESUS ARMS ENGELKIND xxx AAN SY OUERS WIL EK SE GOD HET BEHAAG OM JULLE KINDJIE TE NEEMGOD HET N GROTER PLAN VIT JUL KIND KN DIE HEMEL HOU VAD AAN GOD GOD SAL DIE PAD SAAM MET JULLE STAP GOD HOU JULLE IN DIE PALM VAN SY HAND . BE STILL A D KNOW I AM GOD LIEFDETJIES XXXX

Rln ·

Sterkte aan die ouers, ek weet wat dit is om n enigste kind te verloor. My seun is oorlede meer as 20 jaar terug en die seer gaan nooit weg nie… jy leer om saam dit te leef…

Bertie ·

Pappa Herman, mamma en ouma Marie – ons bid vir julle. Geen trooswoorde nie, want daardie eina ken ons nie. Ons sit julle vanoggend by Jesus se voete neer; Hy alleen kan troos. :( so jammer vir julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.