Kristian word in die waakeenheid van die Mediclinic Muelmed in Arcadia, Pretoria, behandel. “Sy toestand is steeds baie kritiek. Hy is nog in ʼn koma en die breinswelling is nog baie erg wat ander komplikasies veroorsaak,” het Herman Prinsloo (47), Kristian se pa, gesê.
“Sy bloeddruk en temperatuur is redelik konstant. Een van die grootste probleme vir dokters en die verpleegpersoneel is om konstant infeksie te beveg. Ons kan net in nederigheid vra dat almal aanhou bid, dat ons geduldig sal wees en God sal loof en prys vir sy genade, liefde, krag en seëninge, en dat ons Hom sal volg in gehoorsaamheid.”
Herman, ʼn sakeman van Centurion, en sy vrou, Adri (47), waak 24 uur per dag by hul enigste kind se bed nadat hy op 8 April op ʼn landgoed naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is. Marie Strydom (75), Adri se ma wat die leeu van Kristian afgestoei het, staan die egpaar by.
Kristian, ʼn gr. 6-leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt, het oudergewoonte dié skoolvakansie by Strydom in Lephalale gaan kuier waar die tragedie hom afgespeel het.
Lees alle vorige berigte oor Kristian Prinsloo op Maroela Media.
Ai mensies, ek bid saam met julle dat Jesus sal ingryp en volkome genesing sal gee. Sterkte vir julle almal en hou ons op hoogte asb.
Sterkte aan die Familie. Mag God sy hand neem en hom genees. Jul mensies is in ons almal se gebede.
Baie sterkte vir julle. Ons kan maar net saam met julle bid dat GOD se wil geskied. Ons bid ook vir bemoediging vir julle gesin en familie.
Ek bid ten minste 3 keer per dag dat die Here se genadige hand oor jul uitgestrek is. Sterkte en ons glo vas dat n wonderwerk sal gebeur.
Dankie Maroela vir die gereelde opvolg
Kan jul n opvolg doen oor die 21jarige seun wie in die kop geskiet is tydens die huisroof? Ons wil graag vir sy familie ook bid.
Here by U is niks onmoontlik! Raak hierdie kindjie aan, ons glo, bid en vertrou. Laat U wil geskied!
En die situasie met en by die plek waar dit gebeur het? Kan mos nie anders as om te vra hoe en wanneer jy leeus as “mak” beskou en aanhou nie? Bitter jammer vir n jong lewe wat onnodig so iets moet ervaar.
wil regtig net weet hoekom daar gese is HARLOOP na die kamer toe.
Leeu het dit gesien as n prooi, dai vrou moes gedink het voor sy gese het HARDLOOP
Leeu bly wild hoe moes hy nou weet hy moet die daardie HARDLOOP prooi bespring nie…………..