’n Man is vanmiddag deur ’n leeu in ’n wildkamp naby Dinokeng in die Cullinan-omgewing doodgebyt.
Xander Loubser, woordvoerder van Ambu-Link, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 12:30 na die toneel ontbied.
Met hul aankoms op die toneel was die man reeds dood en drie leeus reeds van kant gemaak.
Maroela Media verneem die voorval het by die Mahala View Lion Game Lodge plaasgevind.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
54 Kommentare
Jammer oor die man maar hoekom nou die leeus skiet???
Arme leeus. Hoekom is alles altyd die diere se skuld en moet hulle van kant gemaak word? Die leeus kon verdoof geword het en geskuif geword het. Mense is die grootste bedreiging vir hierdie arme wilde diere.
Ai tog dis tragies. My innige meegevoel en simpatie aan die naasbestaandes.
Maar waarom die leeus van kant maak? Mense hul is WILDE diere dis in hul natuur om te jag en aan te val.
Ag nee rêrig! Van kant gemaak! Leeus is wild, dis wat hulle doen!! Wanneer sal mense tog leer??!! Ongelooflik….
Verstaan nie wat het die man by die leeus gesoek, was dit ‘n besoeker of het hy daar gewerk.