Leeu byt man by reservaat dood

Argieffoto

’n Man is vanmiddag deur ’n leeu in ’n wildkamp naby Dinokeng in die Cullinan-omgewing doodgebyt.

Xander Loubser, woordvoerder van Ambu-Link, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 12:30 na die toneel ontbied.

Met hul aankoms op die toneel was die man reeds dood en drie leeus reeds van kant gemaak.

Maroela Media verneem die voorval het by die Mahala View Lion Game Lodge plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Sandra ·

Vra ek mos ook. En nogal al drie leeus! Wat het die man in hulle kamp gesoek?

Jan ·

Vra jy! In ‘n ander artikel is almal omgekrap want stropers het drie leeus gister doodgeskiet in Limpopo. Dubbel standaarde van ons bevolking

Henda Myburgh ·

Ja presies ons het so bitter min leeus oor hoekom hulle skiet?????

Theresa ·

Arme leeus. Hoekom is alles altyd die diere se skuld en moet hulle van kant gemaak word? Die leeus kon verdoof geword het en geskuif geword het. Mense is die grootste bedreiging vir hierdie arme wilde diere.

Gert van Wierdapark ·

Volgens Media 24 was die man die eienaar van die plek gewees! Baie tragies, maar ‘n Wilde dier bly altyd gevaarlik.!

Anelda ·

Ai tog dis tragies. My innige meegevoel en simpatie aan die naasbestaandes.

Maar waarom die leeus van kant maak? Mense hul is WILDE diere dis in hul natuur om te jag en aan te val.

Realis ·

Ag nee rêrig! Van kant gemaak! Leeus is wild, dis wat hulle doen!! Wanneer sal mense tog leer??!! Ongelooflik….

toy ·

Verstaan nie wat het die man by die leeus gesoek, was dit ‘n besoeker of het hy daar gewerk.

EO ·

Volgens die nuus vanoggend was die man besig om die omheining reg te maak.

Vuilbaard ·

Ek en my vrou was ‘n hele paar jaar gelede by die Mahala View herberg vir ‘n naweek. Die eienaar het die drie leeus in ‘n (redelike groot) hok aangehou, hulle het nie vry rondgeloop nie. Hy het ongewapend in die hok ingegaan en ‘n soort van vertoning met die leeus gedoen. Ons het toe al gedink dis net ‘n kwessie van tyd maar wie is ek om te oordeel? Simpatie aan sy naasbestaandes en die werknemers daar.

JohanL ·

Volgens hul webwerf was daar net 3 leeus gewees (Rambo, Nakita en Katryn). As dit korrek is, dan is al die leeus by die plek maw van kant gemaak?

Blikboud ·

Ai tog, die histerie is te erg. Niemand weet wat daar gebeur het of wat die omstandighede is nie, maar elkeen wil omkap van verontwaardiging. Ek stel voor dat die oproerige skare bedaar en wag vir meer inligting voordat almal wat leef en beef gekruisig word. Dis baie jammer dat die leeus van kant gemaak is, dit was waarskynlik onnodig, maar hoe sal mens weet voordat jy die feite het?

Nicola ·

Ek en my man het al daar gebly. Die ou oom het lesings oor die leeus gedoen en dan het hy ook in die hok ingegaan saam met hulle. Hy het altyd n stok by hom gehad en nooit sy rug op die leeus gedraai nie. Hy het jare se ondervinding gehad en was n baie interesante man met baie kennis oor die leeus, maar n wilde dier bly wild. Bitter hartseer oor hom en die leeus :(

Elize ·

Nicola baie dankie vir jou plasing, ja Leon was ‘n unieke mens. Ongelukkig het hy ook oud geword en swakker, en die Leeus tel dit op. Eerste ding wat ek van hom geleer het. Die voorval is baie jammer, maar dit is die lewe. Die leeus is van kant gemaak omdat die mense nie andersins toegang tot die hok kon kry om Leon se liggaam te verwyder nie. Ek wens die mense wil ophou spekuleer almal is so veroordelend en sensasie belustig. Hulle behoort eintlik skaam te kry. Hou jou mond as jy niks van die omstandighede weet nie.

SonjaM ·

Was dit nou regtig nodig, kon hulle nie die leeus net laat slaap nie

Lizelle Jacobs ·

Erger nog!!! Die arme leeus was in ‘n hok aangehou!!!!

Vicky ·

Ek stem met almal saam. Waarom die leeus van kant maak???? As jy in sy gebied kom of waar ñ wilde dier aan gehou word, gaan hy jou defnitief nie met die hand groet. Pateties.

Joke!Jean ·

Gaan in die leeu se den met n stokkie ne..Hoe lank dan kan n mens maar verwag dat die omvermybare dan sal gebeur…Steve Irwin van Australia was ok altyd betrokke met gevaarlikke diere en..
Maar n dier soos n leeu bly n magtige dier..Ek is jammer vir die verlies van die persoon se lewe maar kan nie saam stem dat hy in hul beperkte leef area hou en die dan betree met net n stok nie..Om die roofdiere dan van kant te maak is mos nie nodig nie..Leeus een van Afrika se top diere sterf alreeds uit so kom ons skiet sommer nog drie gou dood..Dit maak mos sin met leeu nommers alreeds so laag..het die mense miskien van verdowing gehoor…???Mense wat so direk met die magtige diere van Simson se tyd af werk kan nie bekostig om te gemaklik te raak nie..Wat n jammerlike voorval.

LISA ·

Mense gaan in ‘n Wildtuin of reservaat in op eie risiko en betree daai diere se gebied. Hoe kan hulle drie leeus van kant maak – elke dag hoor mens van die groot 5 wat uitsterf en hulle skiet sommer drie oor iemand wat betree het! Regtig mense! Mens voel jammer vir persoon se familie!

Frik ·

Ek stem saam dat leeus nie in hokke hoort nie, hoewel hierdie in `n kamp was. Ek stem saam dat mense nie saam met leeus in so `n kamp moes ingaan nie. Maar, dink jouself in die omstandighede in van die mense wat die leeus geskiet het. Jy staan en sien hoe `n leeu iemand dood byt. Uit sy aard gaan hy aan daardie prooi begin vreet. Wat moet jy doen? Jy kan nie in die kamp ingaan nie. Jy kan nie wag vir iemand om die leeus te verdoof nie. Wat gaan jy doen? Kyk hoe die leeus die man opvreet?
Hou op om van die dakke af te skreeu en doen liewrs self iets om die toestand te verhoed.

Gaitsigubib ·

Frik die meeste mense hier sal staan en toekyk hoe die leeus die man verskeur. Die rede gaan eintlik nie oor die beskerming van diere nie, maar ek dink eerder omdat die manne van vandag te bangbroek sal wees om te help. Leeus in kampe sal beteken dat hulle bewaar word vir ons nageslag. Die eienaar se dood is baie hartseer. O ja en terloops ek hou ook nie van leeus in hokke nie.

Takkie ·

Daar bestaan nog die reel dat diere wat mense dood van kant genaak moet word. Selfs in die Bybel. As enige dier een van my geliefdes doodmaak sal ek die dier van kant maak. Almal braak gal oor die leeus, en vergeet daar is n mens dood.

Kiskar ·

Takkie, jy is 100% korrek! God se bevel staan steeds dat as ‘n dier ‘n mens se lewe neem, daardie dier doodgemaak moet word. Die mens is die kroon van God se skepping. Ons is na Sy beeld gemaak. Sy lewensasem is in ons geblaas. God maak die reëls…dis immers Sý skepping.

EO ·

Takkie ek stem 100% saam met jou. As honde iemand aanval word hulle ook van kant gemaak.

Magda ·

Rus in vrede oom Leon. Jy was n fantastiese mense gewees en so lief vir die natuur. Mense moet asseblief nie oordeel nie.
Jy gaan baie gemis word

Elsie ·

Why killing the lions.. They did exactly what they suppose to do…. They FORCED INTO LITTLE ENCLOSURES and frustrated…

Dolla ·

It is huge camps, go there and see for yourself. We went there many times. He loved those lions so much.
He was busy fixing the fence when it happened

Karmi ·

Hoe siek het die mens geword.
Oulik as hy klein is – wild bly wild.

Christa ·

3 leeus skiet oor 1 man se dood? Wanneer Gaan mense besef dat Wilde diere wildedier is.

Sjoe ·

Dis maklik om kommentaar te lewer, maar as dit jou eie geliefde is… ek is seker enige een se geliefde sal vir hom meer werd wees as 3 leeus.

Christa ·

Gedog Dinokeng is naby Gamma skraal? Daar loop die diere los en daars nie kampe nie. Die mense wat daar woon het Elek heinings. 3 leeus word geskiet omrede mense nie besef wildediere is Wilde diere nie

Kriek ·

Ek vermoed Maroela was haastig om die nuus uit te kry. Dinokeng is inderdaad oop maar Mahala Lodge is n privaat besigheid reg langs Dinokeng. Due hele ding is uiters tragies. Leon van Biljon was hierdie leeus se pappie.

JJ ·

Christa dit is Hammanskraal nie Gamma skraal nie. Hulle het probeer om die man te red daarom die leeus geskiet. Die Lodge was nie deel van Dinokeng wildsresevaat nie. En die leeus was in n kamp.

CHAPPIES ·

Jaaa,wel as jou MAK rottweiler of worshond jou die dag met opset storm en byt SIT JY HOM UIT en klaar!
Presies dieselfde het hier gebeur! Wie is ons,om te oordeel of om kritiek te lewer?

@Chappies. ·

Ne chappies..ja baas. Sal nie weer baas …Jammer baas. Moet nie n wilde dier onderskat nie ouboet dit is wat gebeur! Ek sou jou nou se daai oom sou nie wou gehad het dit moes met sy geliefde leeus moes gebeur het nie. Jammerlik sou die oom as hy kon vir jou gese het hy het n fout gemaak en dat die diere net gedoen het wat natuurlik vir hul voorkom om te oor leef. Ons mensdom vat als van hul weg, sit hul in hokke, kampe, voer hul, leer hul om om te rol en nie te byt nie….Regtig Chappies? Die oom se dood is hartseer en vermybaar..

CHAPPIES ·

Ag,kom nou @Chappies…nie so sensitief! Ons self,het mak leeus…glo nie jy weet waarvan jy praat nie…jys vergewe

Linda ·

Mense dink mos leeus is mak kietsies. Jammer oor die man se afsterwe. My innige simpatie. Maar hoekom die leeus van kant maak? Dit was HULLE kamp nie die mense wat dit besoek nie.

Elbie ·

Ons ken vir Leon van Bijon goed en het al daar gekuier. Hy het in alle waarskynlikheid opdrag gegee dat indien enige van sy 3 leeus wat hy vanaf welpies self grootgemaak het, hom aanval, dat hulle van kant gemaak moet word. Dan ook, die man le daar, sekerlik reeds oorlede. Die leeus gaan verder verskeur. Hoekom staan en toekyk. Die lyk moet immers uit die hok verwyder word. Verdowing nie altyd beskikbaar nie en gevorderde opleiding word benodig om diere te verdoof. Waarskynlik die alfa-wyfie wat aangeval het toe hy besig was om die draad te herstel en sy rug op haar gedraai het. Spekulasies.

JohanL ·

Wel dan behoort daar opnuut baie strenger na regulasies gekyk moet word, sodat mense wat leeus aanhou, wel oor die nodige toerusting en kennis beskik om die leeus te verdoof en nie summier dood te skiet nie.

Leon ·

Roofdiere word nooit mak nie. Maak nie saak wat jy doen nie. Hy het sy eie dood gesoek. Tragies maar waar. Ek voel jammer vir sy familie, maar hy het geweet wat hy doen. Hy het moeilikheid gesoek.

honourable member ·

Hierdie arme diere was in hulle natuurlike habitat en die mens het nie daar gehoord nie so eenvoudig soos dit. Moenie altyd alles wil uitwis omdat die mensdom verkeerd optree nie. Dis absoluut onnodig wat hier gebeur het.

Deloris ·

Hoekom die leeus van kant maak……. ????????????????????????????????????????????????????????????

Gaitsigubib ·

Die liberalis is nog altyd gedrewe om teen God se reels te rebelleer, hul skierlike bekommernis oor die leeus verbaas my dus nie juis nie. As dit by bewaring kom is hulle onkundig. Die kruks van die artikel is dat n man wat vir die natuur omgegee het en wat daarvan gehou het om met diere te werk is dood terwyl hy gedoen het waarvan hy gehou het. Mag hy dus nou in vrede rus?

jakes ·

Tragies dat die man so moes sterf. Tog kan ek nie verstaan dat mense dink dat jy n wilde dier wie se natuurlike instink is om dood te maak, tussen hulle wil rondbeweeg asof hulle honde of katte is? Die leeus weet niks van eienaarskap af nie en leeus het n wisselvallige temperament. Ek ken baie boere wat met leeus boer en ten alle tye moet jy katvoet wees.

AndrewL ·

Simpatie met die familie en vriende met die tragiese gebeurtenis. Sommige goed kan maar net nie vertrou word nie.

martin cilliers ·

dit is hoe dit moet werk in die mense wereld ook. As jy iemand doodmaak moet jy ook dadelik dood geskiet word en nie baie geld mors op hof sake en tronk nie wanneer sal ons wakker word .

Rohan ·

Ons het persoonlik vir oom Leon geken. Hy was bitter lief vir daardie leeus, en ek sal ook kan by sê, dat hy op geen ander manier sou wou sterf nie. Daardie leeus was sy lewe gewees. Rus sag oom Leon, jou kennis en vriendskap sal baie gemis word.

VanAfrika ·

Ek dink as die omie kon praat sou hy gekeer het dat die leeus geskiet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.