Leeu jag glo voor sy vrou gryp

Richardson by een van sy leeuwyfies. Foto: Facebook

Die leeuwyfie wat vroeër vandeesweek ʼn 22-jarige vrou in ʼn reservaat naby Pretoria doodgebyt het, was glo aan’t jag toe sy op die vrou afgekom het.

Die voorval het in die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary in die Dinokeng-natuurreservaat plaasgevind. Richardson, ook bekend as die “leeufluisteraar”, het in ʼn verklaring gesê hy en ʼn kollega het Dinsdagoggend drie leeus vir hul weeklikse staptog geneem.

“Ons het uitgekyk vir ander lede van die groot vyf-brigade en soos gewoonlik ʼn kennisgewing uitgestuur dat ons in die reservaat stap.” Volgens Richardson het een van die leeuwyfies ʼn rooibok gewaar en dié begin jaag. “Die leeuwyfie het seker 2 tot 2,5 km ver gehardloop tot waar sy op die vrou afgekom het.”

Richardson het gesê die jong vrou was nie ʼn gas by die kamp nie, maar was saam met ʼn vriend daar om ʼn onderhoud te doen met die kampbestuurder vir ʼn navorsingstuk. “Voor hulle die reservaat verlaat het, het hulle foto’s buite die kampterrein geneem waar die aanval plaasgevind het.”

Paramedici van Netcare 911 het die vrou op die toneel dood verklaar. Omstanders het reeds met kardiopulmonêre resussitasie (KPR) begin voor paramedici by die toneel opgedaag het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en die vrou se liggaam is na ʼn lykshuis gestuur vir ʼn nadoodse ondersoek.

Die naam van die vrou, wat glo in die Pretoria-omgewing woon, is nog nie bekend gemaak nie.

Richardson het gesê hulle is baie hartseer en geskok oor wat gebeur het. “Ek is platgeslaan en my hart gaan uit aan die jong vrou se familie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Valie ·

Jammer dat dit gebeur het, en ook vir die jong vrou en haar familie. Die mensdom moet weer respek ontwikkel vir wilde diere. Menseregte ens. Beteken niks vir hulle nie. Alle diere is gevaarlik.

Dries ·

Ek wil as “mensefluisteraar” net aan die “dierefluisteraars” dit noem dat om so met wilde diere te wil “kommunikeer”, is net so goed as om vir Malema te vra om sy haatdraende uitlatings te stop en VF+ te stem.

Deon Cornelius ·

Dries jammer om van jou nonsens te hoor. Die mens het weereens in die dier se habitat gaan rond neuk. Hoekom wil jy vir Kevin of die dier kruisig as die mens verkeerd was. Jy moet iets baie mooi weet, die dier was daar voor die mens. Moenie dink oordat jy n mens is, jy is die alfa en omega nie. Jy en almal as mens is die ondergang van ons diere. Prys eerder die wat wil goed doen.

LeeuWyf ·

Nie die beste opsie om rond te stap in so reservaat nie. Mense moet respek vir natuur en wild begin kry

Hannetjie Harvie ·

Ek hoop nou net nie die leeu word van kant gemaak nie, mense moet leer om diere te respekteer, veral as jy in hulle terein beweeg. Baie sterkte aan die vrou en haar mense

Ai Mense ·

Jaha asof julle nog nooooit by n reservaat uit julle kar geklim het vir watse rede ookal of julle ruite afgedraai nie.
Moenie oordeel nie. Dis erg genoeg aan die Lodge en die Families van die oorledene.

Eddie ·

Aimense, ek stem met jou saam. Ek is een van die skuldiges wat al meer as een keer daai kans gevat het. Was een slag in die kruger wildtuin goed uitgetrap deur n wildbewaarder wat op my afgekom het buite my kar besig om n hiena af te neem.

CK ·

Dit is baie harseer. Ek wonder net so by myself, hoekom word daar ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen. Wonder soms waarvoor hulle dan nou sal kyk?

Deon Cornelius ·

Mense ek is self n eienaar van n sanctuary en rehabilitering sentrum vir wilde diere, veral karnivore. Selfs ek het al baie noue ontkomings gehad met groot katte en is ook al erg aangeval deur groot katte. Nog nooit het ek die vinger na die dier gewys nie, hoekom wil diegene wat geen kennis en ondervinding van wilde diere het, die vinger na Kevin en die dier wys. Kevin was nie eens by die leeu toe die voorval plaasgevind het nie. Ek doen self wat Kevin doen, en alles gaan om die voortbestaan van die diere te verseker vir die nageslag. So dit is baie maklik, diegene wat negetiewe kommentaar oor Kevin en die dier wil lewer, hou dit vir jouself en dink 2 keer voor jy iemand wil kruisig. Sluit jou eerder toe in jou huis en wees bekommerd dat jy nie aangeval en vermoor word deur die mees gevaarlikste dier wat bestaan, naamlik die MENS nie. Kevin indien jy hierdie boodskap Lee’s, kontak my gerus 0615883714 Ubhetyan-O-Africa.

jr ·

Wie hierbo het enige dier of vir Kevin gekruisig?! Of “negEtiewe” kommentaar oor Kevin gelewer? Dries se kommentaar was in die algemeen gemik op mense wat vergeet ‘n leeu sal altyd ‘n ROOF-DIER bly en dus onvoorspelbaar en gevaarlik, maak nie saak hoe mak jy dink hy is nie. Kevin, indien jy hierdie boodskap Lee’s, loop lig vir mense wat so klaarblyklik aandag soek.

Gert ·

Kevin, indien jy hierdie Lee’s, ek ken vir Deon. Hy het 3 huiskatte, en is daarom gekwalifiseer om soos jy, ‘n leeutemmer te word. Deon voel ook gereed om krokodille te hervestig. Ek het self gesien hoe hy ‘n akkeldis in die kombuis vang en buite sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.