Leeu val 11-jarige aan; gesinslid stoei glo met dier

Brullende leeumannetjie Foto: Marianne Styan

ʼn 11-jarige seun van Lephalale (Ellisras) is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag deur ʼn leeu aangeval is.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die seun is Saterdagmiddag per helikopter na ʼn hospitaal in Pretoria vervoer nadat hy reeds in Laphelale ʼn operasie ondergaan het.

Hy het erge bytwonde aan sy nek opgedoen.

Volgens berigte het die seun en sy gesin in ʼn huis op die Ellisras-rivieroewer tuisgegaan toe die voorval gebeur het. Een van die gesinslede het glo die leeu van die seun afgestoei waarna die dier gevlug het.

Botha het by navraag aan Maroela Media gesê dit is “waarskynlik dat iemand die leeu van die seun afgestoei het, omdat iemand hom moes verjaag het”.

Die seun is tans in ʼn medies geïnduseerde koma en gaan binnekort ʼn tweede operasie ondergaan.

Meer inligting oor die voorval en die familie is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johann ·

Ons wag op die omstandighede. Was die leeu op ‘n verkeerde plek, of hulle? Nou hoe gebeur dit?

Dit is soos met als in die land, jy mag nie vra nie, of dit word sensuur. En my simpatie is by die natuur.

Landi Maree ·

Ja Johan dit sal ek ook graag wil weet
Diere val ni net aan ondat dit bloeddorstig is ni
Ek gaan seker gesensuur word. Ek se ook soos jy verkeerde plek en ek ook vir di natuur

Dissie ·

Regtig Landi…? ñ Leeu nie bloeddorstig nie? Eish… Ek woon in leeuwêreld… Hulle laat nie so ‘n geleentheid verbygaan nie. Predatore gaan mal as hulle kinders sien. Hulle instink is om te gaan vir die jonges en swakkes. Dit is wat fout is met ons wêreld. God het ons as mense aangestel om oor die natuur te heers, nie om hom te aanbid nie. Daar is geen naasteliefde meer nie.

andrea van vuren ·

Soos ek verstaan van gister se nuus was die leeu glo mak en het selfs op die bed saam met sy eienaar(s) geslaap…

Anoniem ·

Sjoe, wat maak ‘n spelfout nou saak as ‘n 11-jarige kind in ‘n hospitaal vir sy lewe veg. Jy is regtig kleinlik en onsensitief.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Lephalale

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

anton ·

Wel volgens my is die dorp se naam……… ELLISRAS.
Hierdie volksvreemde name bestaan nie in my boek nie en ek weier om dit te gebruik!!!

Johann ·

Die dorp se naam is belangriker as die gebeure, ons het nou tot daar gevorder.

Cherokee ·

hehaheee… jy is die eerste een wat ‘n Cherokee-Oscar ontvang vir ‘n sinvolle kommentaar..!

Casper ·

Rêrig? Wie is nou gepla met die spelling. Ek was onder die indruk dat die onderwysersaak met vakansie is. Sterkte aan die seun en sy familie. Ons bid vir volle herstel.

Cherokee ·

Wie’s nou gepla met die spelling? Diegene met respek vir Afrikaans. Dit is wie.

Chilli ·

Ek bid vir die kind hy was op verkeerde tyd op verkeerde plek maar ek sal eder in so n situasie wees as op verkeerde plek op verkeerde tyd om deur demone vermoor te word ek is aan die dier se kant

Boertjie ·

Aseblief almal wat n eier te le het oor n belaglike ou klein spel foutjie gaan sluit aan by die Burger en betaal daarvoor maroela media is verniet en kwyt hulle uitstekend van hulle taak. So n goue sterretjie vir die volgende een wat n spel fout optel miskien moet daar n ghoema uitgeryk word!

Spike. ·

O my soul. Bou nou n nasie op spelling. Sterkte aan die kind en sy familie.

Boertjie ·

Sterretjie!!! Lekker lag ek nou vir my eie spel fout hoop almal lag saam!!!

Dries ·

Is dit verkeerd om in die natuur te wees? Hy was heel waarskynlik daar om die natuur te geniet, met tragiese gevolge. Die stedelike natuurkenners moet bietjie gaan kuier in die natuur en nie voor die kassie sit en “slim” raak nie. Sterkte aan die kind en sy ouers.

Mel ·

Kom ons dink weer
Daai wonderlike leeu is dalk n teling vir canhunting. Wat wel in daai area gebeur. Onder voed en honger. Hoekom sal n leeu n huis in gaan dis nie sy tredotory ni. Vra weer die vraag watse plaas, wat is die jag agtiwiteite daar. Do not juge nature!!@ hiers is meer agtet die storie as wat jul wil hoor.

Thea Gerber ·

Die drie leeus is met die bottel grootgemaak en het op hulle baas se bed geslaap. Hulle het ook soms in hokke gebly, maar is gereeld uitgelaat. Die kind het gehardloop, en dalk wou die leeu speel. Wie weet wat in ‘n dier se kop aangaan. Mens en dier verstaan mekaar dikwels verkeerd.

Cherokee ·

Bekkige Berta, jy’t jouself oortref! Ek laaik van sulke bekkigigeit! Wees meer bekkig asseblief.

Cherokee ·

Weer gedink en besluit ja….. Bekkige Berta, (ten minste èk) wil jou weer (en weer) hier sien.

Rynerie Janse van Rensburg ·

Ooh maar sal dit nie lekker kon wees om van die kommentare te kan ‘like’ nie.
Wilde diere bly wilde diere. Sterkte vir die seun hoop regtig hy maak dit en hou nie skade oor nie. Tov die leeu…gaan die nie uit gesit word?

Japa ·

The kid was attacked inside his own house. The lion was from a neighbouring farm. Praying for family.

Japa ·

The kid was attacked inside his own house. The lion was from a neighbouring farm. Praying for family.

Rika ·

Liewe Genade, party van julle mense is darem maar genadeloos en harteloos. Hierdie 11 jarige seun is aangeval en amper doodgebyt in sy eie erf. As n kind nie eers by sy eie huis kan speel nie, waar mag hy speel? My hart gaan uit vir die kind en die ouers en dit maak nie werklik saak of daar met die leeu gestoei, op hom geskree of hom met potte gegooi het nie. Die feit bly staan, daardie persoon het hierdie kind gehelp, moontlik sy lewe gered. Hoekom moet mens altyd net die negatiewe raaksien?

Ann ·

Ek lees nou deur die kommentare, en dit verbaas my dat minder as 10% daarvan oor die kind gaan wat om sy lewe veg. Nevermind die “omstandighede”, feit bly dat ñ leeu ñ kind aangeval het. Wilde diere hoort in die natuur, nie in mense se huise nie! Al ooit gehoor van “jy kan die dier uit die wildernis haal, maar nie die wildernis uit die dier nie”?
Ek hoop werklik die kind sal gou gesond word. Ek sou in sulke omstandighede presies dieselfde gedoen het – my kind beskerm het. Maak nie saak van my vrese nie, my kinders se veiligheid is vir my belangriker as my eie lewe.

Johan ·

Ons bid vir die kind en vir sy ouers. Mag God sy genesing en vertroosting oor hulle uitstort. Dit is nou in die Here se hande.

Elsie Fisher ·

Reg of verkeerd, dier of kind? Maak dit werklik saak? Daar is ‘n jong erg beseerde seun se lewe op die spel! Mense kan julle ophou spekuleer oor ‘n voorval sonder feite? Die seun en sy geliefdes het gebed nodig nie tipiese Afrikaner, Christen veroordeling nie. Die noem van gebede en dan ‘judgements’ in dieselfde asem? My hart gaan uit na die seun en sy geliefdes. Ek bid vir God se hand van vertrosing en genesing oor julle. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.