Leeu verskeur Zim-boerseun

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun, wat na die gesin se gewasse omgesien het, is dood nadat ʼn leeu hom in die noord-ooste van Zimbabwe aangeval en verskeur het.

Die seun, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is glo vroeg Maandagoggend in Mariga aangeval, naby die grens tussen Zimbabwe en Zambië en Mosambiek.

“Hulle het in die veld naby die mielieland gelê en slaap om die gewasse teen renosters, olifante en buffels te beskerm,” het Peter Enock Chapoto, die plaaslike stamhoof, aan die amptelike Herald-koerant gesê. “Gewoonlik bou ons ʼn toring sodat die persone wat in die veld slaap, hoog kan lê en slaap, Maar die seun was saam met sy oom en hulle het besluit om op die grond te slaap. Die leeu het gekom, hom aangeval en weggesleep.”

Volgens Chapoto is net die kind se kop gevind.

ʼn Agentskap van die Verenigde Nasies het in 2010 tente en ander toerusting aan 100 families gebied wat haweloos gelaat is nadat vyf leeus van die Dande- en Chewore-reservate vier mense in dieselfde distrik aangeval en gedood het.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neptunus ·

Mielieveld, regtig? Seker direk vertaal uit “mealiefield” of hoe Maroela? Dis ook net in Zim dat ‘n “boerseun” wat op die grond slaap dink sy slapende oom sal hom beskerm teen leeus in die omtrek.

Sune van Heerden ·

Dagsê Neptunus

Ons vra om verskoning oor die flater wat ingesluip het. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Paul ·

Mnr Mugabe sal regtig iets moet doen aan die zimbabwiese MRK wat nie die rassistiese leeus vastrap nie.

Leeutjie ·

Hierdie kommentaar van julle laat my nie ophou lag nie!!

Andries ·

Kry nog leeus jis hul doen hul werk,maar stuur so paar na ons toe het hul ook nodig

pop ·

Die leeu was nie honger nie, dis verseker. So hy was bloot net n rassistiese leeu

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.