Leeu wat gemeenskap bedreig, geskiet

Di leeu is deur wildbewaarders in KwaZulu-Natal geskiet. (Foto: Verskaf)

ʼn Leeu wat na bewering ʼn gemeenskap in KwaZulu-Natal geterroriseer het, is Sondagaand deur wildbewaarders om die lewe gebring.

Nomusa Dube-Ncube, KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, is Maandag deur die wildbewaringsgroep Ezemvelo Wildlife ingelig dat van hulle bewaarders die leeu in Melmoth doodgeskiet het. Ezemvelo Wildlife het verskeie reservate in dié provinsie en dit wil voorkom of die leeuwyfie uit die Hluhluwe iMfolozi-wildreservaat naby Melmoth ontsnap het.

“Op 3 November het die leeu vir Jabulani Biyela, ʼn inwoner van KuNgqekwane naby Hluhluwe iMfolozi-wildreservaat, aangeval. Die man het wonderbaarlik oorleef en drie weke in die hospitaal deurgebring,” sê die LUR.

Dube-Ncube het die gemeenskap verseker dat die veiligheid van die gemeenskap en hul vee die departement se grootste prioriteit is. “My departement is ook voortdurend besig om die beskadigde heining van die Umfolozi-wildreservaat [ʼn ander reservaat in die omgewing] te herstel. Dit sal bydra om bedreigde spesies soos wildehonde te beskerm.” Hy sê die bewaring van die natuur is noodsaaklik vir werkskepping en die verligting van armoede in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter J

Die heinings moet nie herstel word nie maar wel deeglik onderhou word. Hierdie spul ANC kaders dink mos as ń bate een keer geskep is hoef jy nooit weer aandag daaraan te gee nie.

Eragrostis

Hoekom hierdie gru foto plaas?
En hoekom kon die leeu nie net verdoof en terug na die reservaat geneem word nie?

werner

Nou waarom vang julle die leeu nie en gee hom eerder vir n dieretuin dan,is dit nou die dier se skuld daar word nie gekyk na die omheining nie,partymaal is die uitwissing van ons natuur net te “gemaklik”as n bietjie meer inspanning om dit te verbeter als val uit mekaar dit is eindelik n skande om te sien hoe alles in die land verval en tot in n rommelhoop van skande verander,word mens kwaad dit help nie probeer mens help jy mag nie of het nie altyd die finansies nie,moet ons net terug sit en stoepsitters word,of is dit maar… Lees meer »