Leeu wat geskiet is, het dalk TB gehad

Argieffoto ter illustrasie (Foto: designerpoint, Pixabay)

Die leeu wat verlede Donderdag by die Krugerwildtuin van kant gemaak is nadat hy ʼn groep personeellede se lewe by die ruskamp bedreig het, het moontlik tuberkulose (TB) onder lede gehad.

Die Krugerwildtuin het op Facebook bevestig ʼn nadoodse ondersoek het opgelewer dat die kraakbeen van die leeu se linker-kniegewrig beskadig is. Só ʼn besering word algemeen met TB geassosieer. Die linkerlong het ook kenmerkende letsels tydens die nadoodse ondersoek getoon wat aan TB verbind kan word. Monsters van sistiese limfknope wat in die leeu se pelvis gevind is, is ook geneem om vir TB te toets.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van die Berg-en-Dal-ruskamp in die Krugerwildtuin was Donderdag histeries toe ʼn leeumannetjie by die woonkwartiere van ʼn groep van omtrent 50 personeellede en hul kinders ingestap het. Hy is in die omgewing van die woonkwartiere doodgeskiet.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het vroeër gesê die leeu het uit die groter kamp ontsnap nadat ʼn hek klaarblyklik oopgelos is. Na afloop van ʼn ondersoek oor hoe die leeu toegang tot die perseel verkry het, is bevind dat die hek nie oopgelos is nie. Die leeu het glo self die hek oopgedwing.

Die nadoodse ondersoek het ook getoon dat die leeu se ingewande feitlik leeg was en dat die leeu dus honger was. Die leeu was blykbaar baie aggressief.

Die Krugerwildtuin het op Facebook bevestig hulle het oorweeg om ’n helikopter met ’n veearts na die ruskamp te stuur om die leeu te verdoof, maar dit sou die leeu net meer aggressief maak en die personeellede se lewens verder in gevaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kwikkie ·

…niks wat hulle se kan die feit dat hulle hom van kant gemaak het regverdig nie…

VanAfrika ·

Hoekom hom dood skiet? Julle kon hom net verdoof het en gesond gemaak het!!!!

pestilensie ·

Waarvan dink julle kry hy TB vanaf, gewoond aan mensvleis , het gaan kos soek . Sou ontmiddelik geskiet het as my kinders daar was

marius ·

‘n Leeu in die wildtuin wat in ‘n kamp aangehou word ? Wat se twak praat die man ?

Michael ·

Die leeus in die Kruger is almal besmet met tb danksy die oorgrens parke waar beeste die buffels aansteek,niks wat die anc regime doen was nog n sukses nie behalwe om die dissipline en verandwoordbaarheid af te breek dit het hulle goed gedoen.

Johan ·

Ek dink sy TB kom van die klomp wat die grens probeer oorsteek het en sy aandete geword het, nou het hy kamp toe gekom om gesond gemaak te word maar nee, hulle skiet eerder dood as bewaar…. Tipies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.