Leeuaanval: Seun se nek beseer

Argieffoto

Kristian Prinsloo (11) se toestand is onveranderd waar hy in ʼn Pretoriase hospitaal se waakeenheid behandel word nadat hy Saterdag deur ʼn driejarige leeumannetjie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is.

Sanet Dippenaar, woordvoerder van die Muelmed-hospitaal, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Kristian se toestand is steeds kritiek.

“Ons kan bevestig dat twee nekwerwels ontwrig is. Die dokters gaan nie nou al ʼn operasie uitvoer nie as gevolg van swelling op die brein. Kristian se jong ouderdom tel in sy guns,” het Dippenaar gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kristian is Saterdag op ʼn familievriend se landgoed op die oewer van die Mogolrivier in Lephalale deur die leeu aangeval en aan die keel gebyt.

Hy is eers in die Mediclinic Lephalale gestabiliseer en het daar ʼn operasie ondergaan, waarna hy die middag met ʼn helikopter van Netcare 911 na Pretoria oorgeplaas is. Sy ouers, Herman en Adri Prinsloo, waak by sy hospitaalbed.

Dit is nie duidelik wat tot die aanval gelei het nie. Sy ouma het die leeu van die seun afgestoei waarna die dier gevlug het.

Die leeumannetjie wat hom aangeval het, is glo een van drie mak leeus wat op die landgoed aangehou word en as welpies daar grootgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johan ·

Agnee man….mak leeus…..wat dink die mense wat die diere aanhou….dis soos om te dis reg Jannie die pitbulls gaan jou nie byt hoor…..

B ·

Dit is reg “Jannie” as jy die pitbulls reg groot maak sal hulle jou nie byt nie! Wens mense wil ophou die dier die skuld gee. Ons het 3 pitbulls en hulle is die liefdevolste honde ooit, want dis wat hulle gegee word! n Leeu is nie n pitbull nie, n leeu hoort in die wild. Die is n menslike fout om te dinj jy kan n leeu mak maak.

Anoniem ·

Ek haal my hoed af vir daai ouma. Weet wraggies nie waar het sy die krag vandaan gekry nie. ‘n VROU wat ‘n leeu oorweldig?!? Hoe oud is sy? Kan ons asb ‘n foto sien van haar?

vat so ·

Ai dis skeg n mens wat met wilde diere werk behoort te weet dat n leeu n wilde dier is op 3 jaar ouderdom nee regtig hoor sit hulle in hokke n leeu is gevaarlik hy bly n wilde dier dis n baie duur les om te leer strekte jobg man word gou gesond

Beatrix ·

Ek sal ook baie graag ‘n foto van daardie dapper ouma wil sien! Wys jou net hoe skop die adrenalien in as dit by jou kinders kom. Daar is mos ‘n gesrgde wat lui dat ‘n ma ‘n beer met kaal hande sal pak. In hierdie geval die ouma! Ons bid dat die seuntjie volkome sal herstel.

Johann cb ·

Geen wilde dier wat hans grootgemaak is, sal óóit mak word nie. Aanval is diere se selfverdediging en sal nie verander nie. Gou gesond word seun. Sterkte!

DPJ ·

Ek verstaan nie die berig mooi nie. Volgens plasslike koerant berig is die leeus op Cor en Alet Vos se lukse landgoed.
Kristian Prinsloo het by sy ouma Maie Strydom gekuier. Hy hy was in sy ouma se erf by die voordeur waar die leeu hom aangeval het. Hy was nie by die Vos nie.

Magda ·

Die leeu is op Cor Vos se landgoed. Die ouma was daar en die kind het kom kuier. Wat is daar om te verstaan dit se mos so in die vorige artikel.

Cherokee ·

‘n Leetemmer het aan my gesê, terwyl ons tussen leeus rondgestap het en ek fotos geneem het, dat daar nie so iets bestaan soos ‘n mak leeu nie.

Great ouma ·

Wow dit is hoe ek wil bekend wees Ouma, wat ‘n leeu sal aandurf vir my klein kinders. Liewe Ouma jou dapper optrede maak mens sommer ‘n lekker warm gevoel kry. Mag jou kleinseun gespaar bly vir jou, dat hy jou liefde kan beleef!

Dedré ·

You go ouma! Jy is ñ yster! Net wat ek van ñ ouma gedink het, het jy bevestig! Ons kleinkinders is kosbaar en bewaar die leeu wat hulle durf aanval! Awesum!

pbotha ·

Kinders by enige van die groot MAK katte voorspel onheil. Agv hulle grootte word hulle dadelik gesien as moontlike prooi. Soveel te meer as hulle alleen rond beweeg. Ons weet dit almal maar ignoreer steeds die implikasies tot dit te laat is. Nie heeltemal normaal vir my om leeus op jou grasperk te laat rondloop nie. Sterkte aan almal..veral die jongman

MARIA ·

EK STEM 100% SAAM DIS NIE DIE LEEU NIE DIS DIE MENSE WAT DIE LEEU DAAR AANHOU SE SKULD. WANT N LEEU IS N WILDE DIER EN HOORT IN DIE NATUUR TESSUN ANDER WILD, NIE OP N ERF TESSUN MENSE NIE…. EK BID VIR VINNIGE HERSTEL. GAAN LAAT DIE LEEU ASB LOS IN DIE WILD WAAR HY HOORT OF KRY N HOK WAAR HY IN KAN WEES VOOR HY WEER IEMAND AANVAL EN SAL DUS WEER NIE DIE LEEU SE SKULD WEES NIE.

Tannie ·

Hierdie ouma het soos ‘n leeuwyfie baklei vir haar kleinkind. Dis nie moederliefde nie, dis oumaliefde!

AL ·

Ek bid dat hierdie kind ten volle genees word. Ai mense los die wilde ‘mak’ diere in kampe of in die natuur.
Dis waarvoor God wilde diere geskape het met die klem op wild.

Scalla ·

Vat vyf ouma van die wildtemmer, kaalhande, knap gedaan, die manne sal nie met jou sukkel nie,

Riekie ·

Ek is aan die leeu se kant dis hul instink soos onse God hul geskape het waarom was die kind op die verkeerde plek? Net n vraag waar was die ouers?

Mike de Beer ·

Cor en Alet Vos is beslis enige tyd so verskeurd as die slagoffertjie. Hulle is liewe goeie mense wat omgee. Ons het elkeen ‘n opinie, maar ek kan u waarborg dat Cor hulle nie die leeus grootgemaak het om enige iemand te beseer nie. Dit was dalk ‘n fout maar glo my dat geeneen deur groter wroeging gaan as die Vos familie nie. Kom ons bid vir elkeen wat betrokke is sonder om te veroordeel. Die Vosse sal die kindjie en sy familie op alle terreine bystaan. En ja, Tannie Marie is ‘n yster en ‘n ware dame. Boervrou! U gebede is wat almal nodig het?

Sam ·

Julle mense wat altyd “bat” vir die Pitbulls wat “reg ” groot gemaak moet word dan SAL hul nie byt nie. Ons REG opgeleide Pit bull , wat in die huis grootgeword het en so oulik die deure oopgemaak het sodat ons kan instap, het my sonder rede van agter aangeval. Ek het gedink hy speel en my ma wat gesien het ,het geskree hy val jou aan. So stop jul opinie. Ons Pitbull was opgelei en as Veterinêre tegnoloog het ek goeie dietre kennis en hoe om diere REG te hanteer. Dis in hulle gene geteel as ‘n veg hond. Ek kan ook nie glo as ek fotos sien hoe mense klein kinders LAER as hulle Pit buls sit en laat speel nie. Groot rasse sien kleiner vorms as prooi. Die leeu het net op sy instink gereageer. Die leeu ongeluk het gebeur, stop nou jul verwyte. Die leeu eienaar voel seker ontsettend sleg ook.

Surfer ·

Die werklike probleem is misdaad. Mense is desperaat om hulleself te beskerm. Langs die rivier soveel te meer. Jammer vir die seun en sy ouers maar ken ook eienaars. Gewone goeie boermense – iets te leer vir ons almal wat nader aan wilde diere kom as wat goed is.

Judy ·

Mak Leeu? Regtig!Hoekom mag ons hulle dan nie vryf in die Wildtuin nie? Hulle sien dan elke dag mense,?

Geesi ·

Laat my dink aan simson wat di leeu verskeer het mens moenie nu krag onderskat as dit by geliefdes kom nie. Die ouma kort n madalja. Wens sulke heldedade kan meer aandag kry ons kort dit in vandag se tyd

Shalala ·

Twee van oom Cor hulle se leeus is toe gemaak en niemand gaan by hul in nie, die 3 jarige mannetjie sou hulle ook verseker wegstuur, talle leeus het al by hulle groot geword en dan as hulle groot is gaan hulle kamp toe… dit was n fout, eks seker elkeen van ons het al foute gemaak, hulle is werklik goeie mense.

Illa ·

Goeie mense is nie foutloos nie. Ek is jammer dit het gebeur. Al wat nou oorbly is om die betrokke mense in die voorval te ondersteun. Moenie oordeel nie want die maat waarmee jy meet sal jy gemeet word. Glo my die Vos mense voel slegter as wat enige iemand kan besef en hulle gaan nog baie jare met selfverwyt rondloop daaroor. Dit was niemand se skuld nie. Dit was die natuur wat nie getem kon word nie. Mens kan jare lank iets doen en skielik op die volgende dag verander dit net. Nes jy iemand jare lank ken en skielik doen hy iets wat “buite sy aard is”. Mens of dier, jy kan nooit seker wees of jy regtig die volgende een ken nie. Laat hulle asb in vrede dat hulle hulle eie telleurstelling en skuldgevoelens kan verwerk.

louise veldman ·

Ai tog gaan mense nooit leet dat Wilde diere nooit ooit mak kan word nie. Dis hoe God hul gemaak het “wild” kan nie die dier verkwalik maar die mens wel! Mag God jou pyn en lyding versag seuna en jou volkome herstel. Jy in in my gebede.

tish ·

Enige leeu sal jou aanval as jy begin hardloop omdat sy instint vir hom se hy moet jag.
dis nie die leeu se skuld nie, hyu bly n wilde dier
moes die besoekers of kuiergaste nie gewaarsku gewees het dat daar “mak” leeus rondloop nie en dat ju NIE moet hardloop nie.
jammer van die ongeluk hoop hy word gou beter maar ja n leeu bly n wilde dier.

Annelize ·

My kinders se nie verniet “vergeet van my Ma, PASOP ons Ouma” . ‘n Ouma is ‘n ander een as dit by haar kleinkinders kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.