Leeudoringstad-aanval: Dokter tevrede ná operasie

Joe Astle in die hospitaal (29 Desember 2016) Foto aan Maroela Media verskaf

Joe Astle in die hospitaal (29 Desember 2016) Foto aan Maroela Media verskaf

Joe Astle (25) wat op 25 Desember twee keer geskiet is tydens ʼn plaasaanval op sy oupa en ouma se plaas in Leeudoringstad in Noordwes, het Donderdag ʼn operasie ondergaan om ʼn koeël te laat verwyder.

“Joe is uit die teater en lyk goed,” het Amanda Gouws, Joe se tannie, aan Maroela Media gesê. “Die dokter is tevrede met dit wat hy gedoen het.”

Maroela Media het vroeër berig Joe en sy ma Karin Nel (53) is tydens die voorval geskiet. Karin se ouers, Thys en Rita Grobbelaar, is erg aangerand. Die aanvallers het die oggend omstreeks 04:30 toegeslaan toe Thys die koeie wou gaan melk het.

Volgens Gouws is die koeël uit die kant van Joe se nek verwyder.

Karin is vroeër uit die hospitaal ontslaan nadat sy gips aan haar arm gekry het waar sy geskiet is. “Sy verduur egter nog baie pyn. Dis moontlik dat sy ook geopereer gaan word,” het Gouws bygevoeg.

Gouws en haar man sal Donderdag ook haar ouers na ʼn privaat dokter neem vir ʼn volledige mediese ondersoek. “Die kommerwekkende simptome ná die aanval vererger daagliks.”

Volgens haar bly Thys duiselig en verloor sy balans wanneer hy loop. “Hy het geen eetlus nie en het heeltyd rugpyn. Hy huil ook gedurig en slaap swak.”

Rita het moontlik ook inwendige probleme en geen eetlus nie. Haar een oog is ook krapperig waar sy geslaan is. Emosioneel sukkel sy ook net soos haar man ná die trauma.

“Ons wou hulle al vroeër dokter toe gevat het, maar hul lywe was te seer om te ry,” het Gouws bygevoeg. “Al drie sal moet berading kry ná die aanval.”

Volgens Gouws is hulle dankbaar dat Joe nou baie beter diens kry by Tshepong-hospitaal.

“Dankie vir almal se belangstelling en omgee. Ook vir al die skenkings wat gegee is. Dankie ook vir al die mense wat die geld insamel en al die reëlings,” het sy bygevoeg. “Ons as familie kan nie beskryf hoe dankbaar ons is nie. Julle almal is verseker deur ons Hemelse Vader op ons pad gestuur, en daaroor is ons so dankbaar teenoor Hom ook. Weereens baie, baie dankie vir alles.”

Lees alle vorige berigte oor die Leeudoringstad-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Dit is verskriklik wat besig is om te gebeur met ons mense…

Gerd Lourens ·

Laaste 24 uur – 4 plaasaanvalle:

Ngodwana – 4 aanvallers
Tussen Belfast en Stoffberg
Kromrivier naby Rustenburg
Hartbeesfontein naby Klerksdorp.

En Pietser wil ons wysmaak dis nie swart op wit haat nie…

Peet ·

Na my mening moet die anc regering top medediese behandeling betaal in die beste klinieke omdat hulle verantwoordelik is dat mense so aangeval word en geen beskerming het nie!

Verstom ·

Uiteindelik!!! Hoop Joe herstel en Ouma kan vinnig by hospitaal uitkom wat haar kan help. My hart is so seer vir hierdie mense! Ek dink aan julle en bid v spoedige beterskap. En Joe, onthou, ons sal nie gaan le nie, ons sal ons verset teen hierdie geweld! Ter wille van jou en soveel voor jou! Ons het mos ook aanspraak en reg op hierdie land! Sterkte.

Anel ·

Wat vir my hartseer maak is dat wanneer die misdadiger beseer word hy na die beste privaathospitaal geneem word en die beste behandeling kry. En hy betaal nie ‘n sent nie. Die arme slagoffers se medies word uitgeput, as hulle het, of hulle word na die swakste staatshospitale geneem en kry die swakste behandeling. Iewers is iets nie reg nie.

Pieter ·

zuma het mos te vertel gehad dat die minderheid minder regte het as die meerderheid, volgens die analfabeet hoe demokrasie werk.

Izak ·

Nog ń rasaanval…..en geen openbare veroordeling deur enige owerheidsinstansie nie. SKOKKEND!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.