Leeudoringstad-aanval: Joe dalk binnekort geopereer

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Joe Astle (25) wat op 25 Desember twee keer geskiet is tydens ʼn plaasaanval op sy oupa en ouma se plaas in Leeudoringstad in Noordwes, gaan moontlik binnekort geopereer word om die koeëls in sy gesig te laat verwyder.

Joe en sy ma Karin Nel (53) is tydens die voorval geskiet. Karin se ouers, Thys en Rita Grobbelaar, is erg aangerand. Die aanvallers het die oggend omstreeks 04:30 toegeslaan toe Thys die koeie wou gaan melk het.

Amanda Gouws, Karin se suster, het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar ouers en suster is tans by hulle in Meyerton. “Hulle is nog baie geskok en getraumatiseer ná die voorval,” het sy gesê. “Hulle is baie seer, hulle is regtig voos geslaan tydens die voorval. Daar is nou ook, die tweede dag ná die aanval, simptome wat vroeër nie daar was nie. Hulle beweging is baie gestrem, hulle het hul eetlus verloor en hulle is met tye duiselig.”

Sy het gesê Karin en haar ouers word ook wakker van die geringste geluide buitekant, en sukkel om te slaap.

Joe is tydens die voorval twee keer geskiet. Een van die koeëls sit nog steeds in sy kakebeen vas en die tweede koeël is skuins van sy oog deur en het in die kant van sy nek tot stilstand gekom. Joe is nog in Tshepong-hospitaal en die bestuur van die hospitaal hou tans ‘n sitting om te besluit wat die beste vir hom sal wees.

Maroela Media sal dadelik berig sodra dit bekend is wanneer Joe die operasie kan ondergaan.

Dokters by die privaat Milpark-hospitaal staan ook gereed om Joe te opereer, maar die gesin moet ʼn deposito van R750 000 betaal voor hy opgeneem kan word. Intussen het lede van die publiek en landbougemeenskap ʼn fonds begin om Joe by te staan. “Daar was vanoggend reeds R300 000, maar dit is nog steeds nie genoeg nie,” het Gouws bygevoeg. “Die mense is baie goedhartig. Selfs van so ver as Namibië het mense geld bygedra.”

Gouws het gesê die voorval het veral in ʼn slegte tyd plaasgevind, as gevolg van al die vakansiedae en banke wat gesluit is. “Ons kan dus nie ʼn spesifieke rekening oopmaak nie, en persone is huiwerig om in ʼn privaat persoon se rekening iets in te betaal,” het sy gesê.

Karin en Joe is vir ʼn wyle oorgeplaas na ʼn privaat hospitaal, waar dit bevestig is dat Karin nie geopereer hoef te word nie. Sy het slegs gips aan haar arm gekry. Karin is bokant haar hart en in haar arm geskiet. Joe het ʼn nekstut gekry by die Milpark-hospitaal voor hy weer teruggeplaas is na Tshepong-hospitaal.

“Ons as ʼn familie bly aan die voete van die Here,” het Gouws bygevoeg. “Ons sê baie dankie vir die publiek se ondersteuning, en ons is bowenal dankbaar dat vier mense se lewens, tydens só gru haataanval, gespaar is.”

Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het vroeër aan Maroela Media bevestig drie mans het omstreeks 04:30 op die plaas Frisgewaagd toegeslaan. Sy het bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die aanvallers het met ʼn rewolwer gevlug. Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en huisroof.”

Thys en Rita woon alleen op die plaas, Karin en Joe het vir die Kersvakansie by hulle kom kuier.
Persone wat ʼn bydrae wil lewer vir die gesin kan ʼn inbetaling maak by:
HG Kotzee
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 628855773
Tak: 632005
Verwysing: [Naam].joe/karin

Die TLU het intussen ook bevestig hul traumafonds-rekening kan vir dié gesin gebruik word:
TLU Traumafonds
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 4051689914
Tak: 632005
Verwysing: Joe (met donateur se voorletters en van)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ella ·

Hoekom betaal die revering nie hierdie aanval slag offers se hospital kostes nie. Ons betaal genoeg be lasting , tyd dat iemand hierdie revering hof toe vat.

At ·

Waarom sou die regering enigsins betaal, as hul plaasaanvalle aanmoedig?

Ronel ·

Stem saam. As aanranding sake gemaak word, kry slagoffers vorms wat voltooi moet word J88 en SAP308?,;wat die Staat betaal. Is daar nie een dokter daar buite wat die operasie vir goedkoper kan doen nie. Have a hart! Hulle gaan nie armer word deur n goeie daad te verrig nie. Ons gebede is met almal.

Frik ·

Wonder wat sou die reaksie wees van regering sou Wit mans n Swart plaasboer en sy familie so aangerand het. Seker een groot RASSE aanval wees en op ALLE TV nuuskanale gewys word in die eerste plek, tweede plek sou regering al die mediese koste betaal het.

Ronel ·

En al wat n jeugliga en vrouliga sou daar wees en n moewiese kabaal opgeskop het.
So hartseer en jammer vir die mense.

Nerika ·

Dit is nie die drs fooie wat so duur is maar d hospitaal fooie. Veral teater tyd en hy Sal sekerlik moet ICU toe wat Baie duur is.

Karoomeisie ·

Elke dag lees ons van plaasmoorde ,en veral die tyd van die jaar so hartseer.Wat gaan met die mense aan. n Lewe beteken niks meer.Ons lands wette moet strenger word .Sterkte aan die familie en glo God sal jul beskerm en sorg.

Manna ·

Daar is niks fout met wette dit moet net reg toe gepas word

Johann ·

En om te dink DIS die Mediese standaarde wat die ANC met sy absurde free for all mediese ” skema” beoog!!!!!!!! SKOKKEND! Al hoe minder “dienste” beskikbaar in Staats Hospitale! Stuur die rekenings vir die minister van “veiligheid”. Dis PRIMER sy verandwoordelikheid. Volksmoord voor ons oë…

Ditspelrassisme ·

Waarom betaal die ANC vir n misdadiger wat onder polisie aanhouding in n privaat hospitaal behandel word.

Kobus 4e ·

hoekom hou die hospitaal bestuur ‘n sitting om te besluit wat die beste vir die man sal wees? Is daar dan nie dokters wat weet wat die beste is nie?

Eaton ·

Tipies ons volkie. Almal maak n groot bohaai oor als agter geslote deure of rondom die kuier vuur. Al wat mens lees is mense wat gatvol is. Maar toe die twee seuns van die doodskis episode voor die regter moet verskyn, tie daag n handjie vol op om ondersteuning te gee. ANC weet hul kan maar doen wat hul wil, want daar vind geen reaksie plaas van ons. As n lid van afri forum soek ek meer ondersteuning aan sulke persone wat deurloop onder misdaad. Ongelukkig is ons ook leierloos. Geen goeie leier op die oomblik. Baie hartseer. Sal n donasie maak.

Pietser ·

Hierdie privaathospitale is skokkend duur. R750000 as deposito, goeie genade. Geen wonder hulle roei die mediese fondse ook so uit nie.

Chris Ws ·

Ek was al die jare onder die indruk prokureers is groot skelms tot ons in ‘n erge motorongeluk was.Toe kom ek agter hulle kan klas loop by dokters!
Waarom doen ons sogenaamde regering niks aan hierdie skokkende praktyke van privaat hospitale nie?Daars meer as genoeg gronde vir ingryping van regerings kant af.Dis hoog tyd ook.

Carien ·

Kom mense kom ons help. Hier is n familie wat in die moeilik is. As elke persoon wat hier lees net bereid is om R100 of R200 in die rekening in te bt kan dit help tor die R700 000 wat hulle benodig. More baklei ons weer die stelsel.

JoeV ·

Dit is tyd dat die koste van sekuriteit van belasting afgeskryf kan word vir privaat mense. Tel deesdae onder noodsaklike dienste soos medies en studie kostes. Meskien kan OUTA/TLU/Solidariteit/ens. bietjie hierna kyk? Ons gesin spandeer dig by R1k per maand aan sekuriteit.

elize naude ·

hier by ons switzerland) word almal gehelp wat in nood is… die nodige formaliteite word na eerste hulp gereel…

Verstom ·

O Here, help hierdie land! Week na week, dag na dag, lees ons hiervan, daar moet n einde hieraan kom! Rig ons mense op om saam te staan teen hierdie geweld!

Kloekie ·

Ronel: die dokters se fooie is omtrent 10% van daai rekening. Die hospitaal vat by verre die grootste chunk!!

Kloekie ·

Chris Ws: Dankie tog vir die paar goeie drs wat oor is in die land. Hoekommoet hul verniet werk? 15jr om spesialis te word. En al die stress! as niemand meer vir privaat gesondheid wil betaal nie, gaan dit nie meer bestaan nie.

Uiters swak!!!! ·

Dalk geopereer??? Regtig pateties man!!! Hy is geskiet en sit met gate in hom en dis nou al dae!!!! Die hospitaal moet Hof toe gevat word dis nalatigheid en slapgat 3 derde werelds diens die! Ek wonder of rasisme nie iets Te doen het met die geval nie want hy is WIT!!;;

ED Hipokratus ·

Wie is nou die bloedorstige een. Die een wat die sneller getrek het of die wat hom nou aanhou as gyselaar tot hy betaal?

matie willemse ·

Indien die aanvaller geskied is betaal die staat sy koste in ‘n privaat hospitaal omdat hy kamstig onskuldig is, die slagoffer moet betaal, dit wys jou net hoe korrup die privaat hospitale en regering is, dink bietjie hieraan: alle staatsamptenare en munisipale amptenare het die beste mediese fonds nl GEMS, hul gaan privaat hospitale toe, selfs Mugabe gaan Sandton kliniek toe, hul weet jy kan in elk geval nie na staatshospitale gaan want dan vrek jy daar, dit gaan oor geld, geen eed is meer geldig om mense te help nie, kom ons begin ‘n revolusie teen die regering, dan sien ons waar word wie behandel…….

Sampie ·

MENSE ons lewe in n siek wereld.Ek is n oud Brixton Moord en Roof speurder en het in Makwassie groot geword.Ek die lelikste van die mensdom en misdaad al gesien.Ek moes my pa 93 jr. oud noodgedwonge skuif na n aanval en daarna is sy huis verskeie kere gebreek en besteel.Waar is ons speurders wat vir die roeping werk en nie vir geld nie.Begin misdaad bekamp by die “petty” sake is ons geleer om ernstige sake af te weer.Ek hoop die booswigte word gou aangekeer en die doodstraf opgele vir sulke veragtelike dade.Sterkte aan die familie en slagoffers en my gebede is dat jul gou sal herstel.

NIEN ·

Matie ek wil jou net gou reghelp. Ons Staatsamptenare verkies om NIE Gems te gebruik nie, is al 43 jaar by Polmed, en glo my, my eggenoot, ons gestremde 34 jarige dogter en ek betaal oor die R3000.00 pm wat dalk na min klink, maar vir ons is dit baie. Ons gaan ook nie soos jy beweer Sandton Kliniek toe nie, ons gaan na uitgeskeduleerde hospitale en klinieke toe. Indien ons wel Larney hospitale verkies betaal ons self. Dis jammer dat die hospitaal moet “vergader” terwyl ‘n jongman se lewe op die spel is, maar dis nou maar so……

bella ·

Ja die privaat hospitale kry ‘n fortuin! Ek het ‘n galblaas operasie gehad en dr het gese sal so 30 tot 45 min wees. Die hospitaal het my vir meer as 2 ure laat betaal vir die operasie saal! Ek het meer as R20 000 ekstra betaal. Die dr se fooi was so R5000. Hulle het aandeelhouers wat wins moet maak. Jy betaal v elke naald, stukkie watte ens ens. Dit is waar jou geld heen gaan. Voordat hulle jou opneem moet jy derduisende Rand betaal.

Dolla ·

In 2011 het ons huis toe gekom my boetie is skielik oorlede. En toe ons vir die dag vir my ouma gaan kuier het, die aand oppad huis toe, was my kind, ‘ n diabeet honger en hy en my man het iets geeët! Volgende dag was hy siek soos ‘n hond, sy pump system het gefail en ons is terug na inspuitings vir die kuier. Was dr toe met hom en dr het gesê oor hy wel drink en so goed lyk, hy is okey! 8 uur daai aand het hy langs my wakker geword en sy pappa gesê, hy voel sleg en het bewusteloos geword! Het met hom na die naaste hospitaal gejaag en hulle het hom gestabiliseer maar oor ons nie R50 000 kontant kon neersit daai aand nie was hy oor geplaas na Steve Biko Pediatric ICU. Hy was in ‘n diep koma en amper dood. Die proffessors en staf was fantasties verby. Toe hy na drie dae wakker geword het, was ons verheug.

Dis baie hartseer as mens nie die geld net kan neersit nie!

Julle is in my gedagtes en gebede, ek hoop Joe word gou gesond dat hy ook kan huis toe kom! Soos my mamma altyd sê, glo net, GOD SAL VOORSIEN!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.