Leeudoringstad-plaasaanval: VF Plus-leier besoek Joe in hospitaal

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, het Dinsdagmiddag Joe Astle, ʼn slagoffer van die plaasaanval op Kersdag buite Leeudoringstad, in die Tshepong-hospitaal by Klerksdorp besoek.

Die party het in ʼn verklaring gesê daar was Maandag ʼn poging om Astle en sy ma, Karin Nel, na die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp te laat oorplaas, maar hulle is terug gestuur Tshepong-hospitaal toe, aangesien die nodige fondse nie beskikbaar was nie. Karin Nel is intussen uit die hospitaal ontslaan.

“Onder omstandighede gaan dit goed met Joe Astle en kon hy met my gesels ten spyte van die koeëlwond in sy mond. Die skietwond bokant sy linkeroog het ook steke ontvang en hy het my verseker hy is tevrede met die sorg wat hy ontvang,” het Groenewald bygevoeg.

“Die omstandighede in saal 3 wat ek besoek het, is skoon en die personeel het my dadelik bygestaan om Joe te besoek. Hy het teenoor my bevestig dat sy ma ontslaan is en dat dit beter gaan met sy ouma en oupa wat ook die aanval oorleef het,” het hy gesê.

Spesialiste het Astle Woensdag besoek om ʼn besluit te neem of dit veilig is om die koeël wat nog vassit, te verwyder.

“Ek sal verdere opvolg besoeke doen,” het Groenewald bygevoeg.

Hy het ook gesê plaasmoorde se verhouding tot die bevolking is tans 130 per 100 000, teenoor die 33 per 100 000 van moord in Suid-Afrika. “Dit is ʼn ernstige probleem en die boeregemeenskap word geteiken. Daar is ook ʼn toename in plaasaanvalle vir 2016 wat verder kommer wek. Deel van die probleem is dat, hoewel die polisie verklaar het dat plaasmoorde as prioriteit ondersoek word, die landelike beveiligingsplan van die polisie nog nie behoorlik in werking gestel is nie. Daar word ook te lank gesloer om reserviste aan te stel in landelike gebiede.”

Lees alle vorige berigte oor die Leeudoringstad-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nita

Wat n verskriklike moordsyfer. En die buiteland sal hulle nooit steur, aan wat hier gebeur nie. Die regering het juis die kommando-stelsel afgeskaf sodat die boere uitgewis kan word. Hulle sal nooit die reserviste-mag op die been bring nie. Hulle sal nooit die weermag inroep om die volksmoord te stuit nie. Dit is die regering se plan om so ontslae te raak van wit boere.

Theuns

Beste Dr. Groenewald, Dankie vir u en die VF+ party se meelewing en besoek aan een van die slag offers. Die ANC Regering en die ander partye is doodstil! Ek hoop van harte dat ons mense se oe nou sal oopgaan en vir die VF+ sal stem in die volgende verkiesing. Ek wil ook graag ‘n versoek aan u rig om alles in u vermoe te doen om die Swart op Wit Rasisme en Plaasaanvalle onder die aandag van die wereld media en regerings te bring en ook kragdadig antwoorde te eis van die ANC Regering en Polisie. Dit gaan… Lees meer »

lettie

Die buiteland sal hul begin steur sodra ons op n konstante manier geraas maak – selfs donald trump het SA n groot gemors genoem. Die ANC het nie meer so n sterk invloed soos in die vroee jare nie – ons kan dit tot ons voordeelgebruik. Dalk moet ons die ANC verkla by die Internasional Strafhof. Dat die wereld sien hoe boos het SA geword.Dankie dr. Groenewald vir jou omgee. Jy is n leier duisend.

M'Lady

VF+ so wat is julle volgende stap om ons van uitwissing te red?

wilma

Wit S A sal vir Donald Trump aan ons kant moet kry. Hy moet optree teen n onbevoegde ANC regering