Leeudoringstad-plaasaanval: VF Plus-leier besoek Joe in hospitaal

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Karin Nel en haar seun, Joe Astle (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, het Dinsdagmiddag Joe Astle, ʼn slagoffer van die plaasaanval op Kersdag buite Leeudoringstad, in die Tshepong-hospitaal by Klerksdorp besoek.

Die party het in ʼn verklaring gesê daar was Maandag ʼn poging om Astle en sy ma, Karin Nel, na die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp te laat oorplaas, maar hulle is terug gestuur Tshepong-hospitaal toe, aangesien die nodige fondse nie beskikbaar was nie. Karin Nel is intussen uit die hospitaal ontslaan.

“Onder omstandighede gaan dit goed met Joe Astle en kon hy met my gesels ten spyte van die koeëlwond in sy mond. Die skietwond bokant sy linkeroog het ook steke ontvang en hy het my verseker hy is tevrede met die sorg wat hy ontvang,” het Groenewald bygevoeg.

“Die omstandighede in saal 3 wat ek besoek het, is skoon en die personeel het my dadelik bygestaan om Joe te besoek. Hy het teenoor my bevestig dat sy ma ontslaan is en dat dit beter gaan met sy ouma en oupa wat ook die aanval oorleef het,” het hy gesê.

Spesialiste het Astle Woensdag besoek om ʼn besluit te neem of dit veilig is om die koeël wat nog vassit, te verwyder.

“Ek sal verdere opvolg besoeke doen,” het Groenewald bygevoeg.

Hy het ook gesê plaasmoorde se verhouding tot die bevolking is tans 130 per 100 000, teenoor die 33 per 100 000 van moord in Suid-Afrika. “Dit is ʼn ernstige probleem en die boeregemeenskap word geteiken. Daar is ook ʼn toename in plaasaanvalle vir 2016 wat verder kommer wek. Deel van die probleem is dat, hoewel die polisie verklaar het dat plaasmoorde as prioriteit ondersoek word, die landelike beveiligingsplan van die polisie nog nie behoorlik in werking gestel is nie. Daar word ook te lank gesloer om reserviste aan te stel in landelike gebiede.”

Lees alle vorige berigte oor die Leeudoringstad-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nita ·

Wat n verskriklike moordsyfer. En die buiteland sal hulle nooit steur, aan wat hier gebeur nie. Die regering het juis die kommando-stelsel afgeskaf sodat die boere uitgewis kan word. Hulle sal nooit die reserviste-mag op die been bring nie. Hulle sal nooit die weermag inroep om die volksmoord te stuit nie. Dit is die regering se plan om so ontslae te raak van wit boere.

Chris Ws ·

Nita jy is 100% in die kol.Die Kommando stelsel van voor die anc regime was TE doeltreffend in die bekamping van plaas aanvalle en die inhegtenis neming van skuldiges ook net te goed.Dit was ‘n baie goed geoliede masjien en het in die pad gestaan van die anc se toekoms planne met blanke boere.Hulle sal GEEN soortgelyke stelsel toelaat om op die been gebring te word nie.Die GPF stelsel sukkel om op dreef te kom in die meeste areas want die regering maak seker dat die nodige fondse en mannakrag benodig deur SAP NIE deurkom nie ongeag plaaslike SAP lede se toegewydheid om dit te laat slaag.Die SAP kan eenvoudig nie met net 2 voertuie die hele landelike omgewing om ‘n dorp effektief patroleer nie.Meeste boere WIL ook nie self patrollies in die nagte ry nie so die regering bly wen!

Theuns ·

Beste Dr. Groenewald,
Dankie vir u en die VF+ party se meelewing en besoek aan een van die slag offers. Die ANC Regering en die ander partye is doodstil! Ek hoop van harte dat ons mense se oe nou sal oopgaan en vir die VF+ sal stem in die volgende verkiesing. Ek wil ook graag ‘n versoek aan u rig om alles in u vermoe te doen om die Swart op Wit Rasisme en Plaasaanvalle onder die aandag van die wereld media en regerings te bring en ook kragdadig antwoorde te eis van die ANC Regering en Polisie. Dit gaan u wel!
Groete
Theuns

lettie ·

Die buiteland sal hul begin steur sodra ons op n konstante manier geraas maak – selfs donald trump het SA n groot gemors genoem. Die ANC het nie meer so n sterk invloed soos in die vroee jare nie – ons kan dit tot ons voordeelgebruik. Dalk moet ons die ANC verkla by die Internasional Strafhof. Dat die wereld sien hoe boos het SA geword.Dankie dr. Groenewald vir jou omgee. Jy is n leier duisend.

M'Lady ·

VF+ so wat is julle volgende stap om ons van uitwissing te red?

Johan ·

Dit begin by jou en jou gesin. As jy iets wil doen, doen dit self. Kyk na Sirië. Daar is niks meer oor nie. Die wereld voel vere vir ander lande. Dit voel vir my asof almal wag vir iemand om iets vir hul te doen. My oom is ñ boer. Hy pas net heeltyd aan. Hul weet van die gevare, droogtes ens. Hulle doen dit net, sonder om op enige mense staat te maak.

wilma ·

Wit S A sal vir Donald Trump aan ons kant moet kry. Hy moet optree teen n onbevoegde ANC regering

Celia ·

Wilna daarmee stem ek saam! Baie van ons het gebid dat hy verkies word.
Tyd dat hy ingelig word van wat werklik hier gebeur – foto s en al. Sien is glo! Hoe kan ons dit doen? Trump het n groot stem.

Theresa ·

Skandelik dat die regering so muisstil is terwyl daar duidelike bewyse is van wat besig is om gedoen te word – EN DIT NET SO AANHOU EN AANHOU! Sies – hoe kan mens respek hê vir sulke leiers. Regtig skandalig.

trucker ·

@ Jan – niemand het plañne nie. Nie nodig om sarkasties te wees nie. Maar die VF+ is die laaste opsie om na te kyk. Hierdie span sit die stoele warm in parlement net vir die geld!!!!

George Els ·

Johan is reg.As jy nie self a plan maak vir sekuriteit op jou plaas nie gaan nie die polisie of enige landbou organisasie dit vir jou doen nie.Voor jy kan boer moet die eerste item op jou maandelikse begroting SEKURITEIT wees. Ek se dit met deernis en hartseer vir die boere dat jy jou boerdery,familie en jou lewe in gevaar stel sonder a behoorlike sekuriteistelsel op enige plaas in die hele SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.