Leeudoringstad-plaasmoord: Boer was ʼn bekende vegter vir gemeenskapsveiligheid

Johan Janse van Rensburg. Foto: M&M Sekuriteit Noordwes Plaaspatrollie

Johan Janse van Rensburg. Foto: M&M Sekuriteit Noordwes Plaaspatrollie

Johan Janse van Rensburg, die boer wat Saterdag tydens ʼn plaasaanval naby Leeudoringstad in Noordwes vermoor is, het ʼn passie vir die veiligheid van sy gemeenskap gehad en het ʼn groot rol gespeel om die gebied se plaaswagstelsel op die been te bring.

“My oom se passie was polisiëringwerk,” het Kobus Kies, Janse van Rensburg se susterskind, Maandag aan Maroela Media gesê. “Hy het vir reg en geregtigheid gelewe. Sy dood kom as ʼn groot skok vir die familie, maar die lewe gaan aan. Hy sou wou hê dat almal iets hieruit moet leer en voortgaan in die stryd teen misdaad.”

Janse van Rensburg, in sy 60’s, boer met beeste op Droëkraal en woon al lank in die omgewing. Hy was vir langer as vyf jaar by die veiligheidsnetwerk in die gebied betrokke, en is vir meer as ʼn jaar lank die gebiedsbestuurder van M&M Sekuriteit Noordwes Plaaspatrollie.

“Toe ek die besturende direkteur van M&M Sekuriteit Noordwes geword het, het ek hom dadelik as areabestuurder aangestel,” het Miek van der Merwe aan Maroela Media gesê. “Hy was ʼn vredeliewende en hulpvaardige mens, wat baie omgegee het oor die welstand van ander. Hy het self gereeld gehelp om die gebied te patrolleer, het voorvalle ondersoek, en gereeld gemeenskapvergaderings saamgeroep. Dit was swaar om van sy dood te verneem. Sy dood is ʼn groot verlies vir die maatskappy en gemeenskap.”

Janse van Rensburg het alleen op sy plaas gebly. Hy het ʼn seun wat in Amerika woon, en ʼn dogter wat in Klerksdorp woon.

Sy begrafnisreëlings is nog onbekend.

Maroela Media het Sondag berig Janse van Rensburg, en twee mans wat hom aangeval het, is tydens die aanval dood.

Drie mans het Saterdag omstreeks 14:00 twee werknemers, ʼn man en ʼn vrou, op Janse van Rensburg se plaas oorval en vasgebind. Hy het later by die werkers se huis opgedaag, waarna hy noodlottig gewond is. Die aanvallers het Janse van Rensburg se liggaam in sy bakkie gelaai en daarmee gevlug. Die werkers kon hulself loswikkel en het hulp ontbied. Boere van die plaaswagstelsel het die verdagtes agternagesit en voorgekeer, waarna ʼn skietery plaasgevind het. Twee van die rowers is op die toneel dood en ʼn derde persoon is gewond en in hegtenis geneem. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eugene ·

Ai dis tragies, maar ek dink wyle Oom Johan kyk met trots terug na hoe die veiligheidsnetwerk ingeskop het toe dit nodig was om die gevaar te beperk. Twee van daardie lafaards sal nooit weer ‘n weerlose oumens martel en/of vermoor nie.

Buurtwagte, patrollies, radionetwerke, gemeenskapsbetrokkenheid, wapenbevoegdheid, ens. werk!

alet ·

Dis om van naar te word vir die gemors ,wat gaan aan dat hulle so moord lustig is of sit daar dalk ook n grootkop agter alles
Wanneer gaan dit end kry ons het saam met hulle groot geword gespeel en berge uit geklim vandag kan n mens nie na hulle kyk sonder haat nie ek se nie almal nie.Die ouer geslag toon nog respek maar die jongklomp. Wat wil hulle he

MM Wiese ·

“. Wat wil hulle he” . Nee Alet . Dis ,wat se hul bevelvoerder wat gaan hulle kry en wat moet hulle daarvoor doen .

HEVW ·

Piyega, jy het openbaar dat misdaad vir jou n dringende saak is.en dat dit na aan jou hart le.Ons vra dringend n taakspan, perskonferensie en R150,000 beloning.

jakoos ·

Stem volmindig! Afriforum, eis dit sterk in ‘n dringende boodskap aan hierdie Piyega (of so iets).

jakoos ·

Maroela, ek sien TLUSA het ‘n sterk bewoorde verklaring oor die saak uitgereik. Dink julle nie julle lesers behoort daarvan kennis te neem nie?

En daar word bespiegel dat die boere wat die twee aanvallers later doodgeskiethet, van moord aangekla kan word. Lig ons asb in wat hier aangaan.

Leeutjie ·

Dis so tragies. Wat ons nie uit die oog moet verloor nie is dat dit juis die plaaswerkers is wat alarm gemaak het wat gesorg het dat 2 doodgeskiet is. Ek dink rerig ons moet onderskei tussen goed en kwaad en nie wit of swart nie.

jakoos ·

Leeutjie, ek sien insette van jou en my waarin ek jou aangevat het omdat jy my daarvan beskuldig dat ek die rassekaart speel, is nou weg. Het jy daarteen beswaar gemaak – of is dit Maroela se bekrompe moderators?

jakoos ·

Jammer Leeuthie, ek sien ek het op ‘n ander berig oor die sokkerspeler se moord jou oor die saak aangevat.

Leon ·

`n Sokker speler en `n boer sterf agv land se patetiese misdaadstatistiek en dis in albei gevalle verskriklik. Vir die sokkerspeler word daar `n beloning uitgeloof en `n spesiale taakspan in die lewe geroep. Vir die boer niks. Beloning vir nuus oor sokkerspelers se aanvallers is verhoog na R250 000.
Wit mans het geen waarde in hierdie land nie

stoffel ·

Dis Bad al die plaasmoorde en niks word daaraan gedoen nie !
Al die boere word uit gemoor ,en die boere word van die plase af gedwing ,maar die regering en moordenaars dink nie wie gaan Produksie lewer vir die land nie en die nagevolg is hongersnood !!!!b

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.