Leeudoringstad-plaasmoord: Hof besluit oor boere wat rowers skiet se lot

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of die twee boere wat twee vermeende plaasaanvallers Saterdag naby Leeudoringstad in Noordwes doodgeskiet het, vervolg gaan word.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dit is standaardprosedure dat moorddossiere oopgemaak word. “Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die hof besluit of die boere, die slagoffer se bure, van enigiets aangekla gaan word,” het Mokgwabone gesê.

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het intussen gesê dit onaanvaarbaar dat mense wat duidelik uit selfverdediging opgetree het, met ʼn swaard van ʼn moordklag oor hul koppe moet leef tot die vervolgingsgesag of howe besluit dat dit geregverdig was. “Ons weet dit is bloot ʼn prosedure om moorddossiere te open, maar daar was reeds voorvalle waar wetsgehoorsame burgers, of selfs die slagoffers, in hegtenis geneem is,” het Theunis Botha, leier van die CDP, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Ons doen weereens ʼn beroep op die owerhede om die dossiere iets anders te noem om die trauma van diegene wat geïmpliseer word, effens te verlig,” het hy bygevoeg. “Trouens, ons beskou die praktyk om sulke dossiere ‘moorddossiere’ te noem ʼn skending van die geïmpliseerdes se menseregte, wanneer hulle eintlik as helde beskou moet word.”

Die CDP het die bure “wat vinnig gereageer en só gekeer het dat die vermeende plaasmoordenaars nie weggekom het nie”, gelukgewens.

Maroela Media het vroeër berig Johan Janse van Rensburg, ʼn beesboer van die plaas Droëkraal, en twee vermeende aanvallers, is tydens Saterdag se voorval dood.

Drie mans het die middag omstreeks 14:00 twee werknemers, ʼn man en ʼn vrou, op Janse van Rensburg se plaas oorval en vasgebind. Hy het later by die werkers se huis opgedaag, waarna hy noodlottig gewond is. Die aanvallers het Janse van Rensburg se liggaam in sy bakkie gelaai en daarmee gevlug. Die werkers kon hulself loswikkel en het hulp ontbied. Boere van die plaaswagstelsel het die verdagtes agternagesit en voorgekeer, waarna ʼn oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Twee van die rowers is op die toneel dood en ʼn derde persoon (24) is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die rondgaande hof in Leeudoringstad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

SNEL ·

Hierdie boere moet geëer word, hulle moet op die hande gedra word. Hulle verdien n toekenning van dapperheid en vinnige optrede. Danksy hulle kan twee misdadigers nooit weer moor en roof nie. Ek hoop van harte as daar enige optrede teen die dapper boere gaan wees, sal die hele blanke bevolking soos een man agter hulle staan en ook toi-toi of paaie versper of wat ook al nodig is om te sê ons sluk dit nie, al moet ons nou die taal van ons mede landsburgers praat (toi-toi ens), maar enige iets om te sê ; ons wil en sal onsself verdedig. Ek haal my hoed af vir daai boere, mag meer dit doen.

Valkyrie Meisiekind ·

Natuurlik gaan die staat hulle aankla ! Hulle velle is mos wit

Anoniem ·

Snel so ‘n bek moet jam kry. Dit is nou die tyd om op te staan en hande te vat. Inplaas van moord dossier te open moet medaljes uitgedeel word. Dis tyd dat die SAP besef hulle is te lig in die broek om plaasinvallers en moordenaars te stop.

jakoos ·

Dis nie mooi duidelik wat bedoel word met die opmerking dat “die hof moet besluit” nie. Presies hoe gaan ‘n hof besluit as daar nie iets voor die hof is nie.

Nee, die gebruik is mos dat die polisie ‘n dossier oopmaak, verklarings afneem en dan die dossier aan die vervolgingsgesag (NVG) oorhandig wat besluit of hulle die mense wil aankla en op presies watter klagtes. Nes hulle met Oscar P gemaak het.

Indien die NVG besluit om wel aanklagte teen die boere in te bring, moet hulle formeel in ‘n hof aangekla word – en eers dan kan ‘n hof besluit wat met hulle gebeur.

Hierdie uitlatings hierbo klink vir my alweer of ongelig of doelbewus misleidend.

Drieks ·

Dankie Snel. Ek wens net as ons stap vir plaasmoorde dat almal opdaag. Dit so hartseer om die koue skouer van ons publiek te sien. Ons moet toi toi oor misdaad in die land. Ons kort regtig net grooter getalle. Ek het niemand op plaas al verloor nie, maar ek doen dit vir my mense, wat ek nie eens ken. Asseblief ons moet saam staan.

pop ·

Piyega deel nou links en regs “rewards” uit. Nou wat van n grote vir die manne wat die polisie se werk vir hulle gedoen het!!!

White Nation ·

Die wet spesifiseer dat jy outomaties vir moord aangekla sou word indien jy verantwoordelik is vir ‘n ander se dood- wlke uit sefverdediging , iemand op straat doodgery- of andersins. Na gelang van die faktore in ag geneem- word die saak op meriete ge-evalueer of dit as ‘n moordklag gaan bly, strafbare manslag- of kwytskelding. Myns insiens- as die nuttelose SAP kan vasstel dat die gemors WEL die plaasboer vermoor het- die boere skotvry moet wegstap.Wat my krap- is die dubbele standaarde wat die ANC regime en SAP toepas: Senzo Meyiwa- Die Bafana kaptein- is doodgeskiet in ‘n roof. Die ANC maak SO bohaai oor die geval- die SAP by monde van Riyah Payega stel ‘n spesiale taakspan saam om sy moord te ondersoek, ANC groot kokkedore besoek en stuur medelye na sy familie- die nuus en media GONS oor sy dood- maar by die 4000 vermoorde wit plaasboere is vir die tweegesig ANC politici net ” gewone misdaad”- en nie EEN plaasmoord het ‘n “spesiale taakmag” of “medelye” van die ANC kriminele af gekry nie.

Theresa ·

Julle is blerrie idiote!! Wat moet die boere doen. Hulle vang en vir elkeen ‘n suigstokkie gee….!!!

SJ ·

Al hoe meer gaan mense terugveg, daar is geen ander uitweg. Tot die Boer volk vry is in sy eie land gaan hy geteiken word, daarom datt ons moet saamstaan vir die reg tot vryheid.

Michael ·

Hulle se ons moet ons se se maar sit myne nie op nie WTF .

Annelien du plooy ·

Dis belaglik di of di boere ht geskiet of hulle is ook geskiet. Moet ons stilsit en toekyk hoe hul openlik moordpleeg en daarmee wegkom. Dis nonsens die. Daai boere kort n beloning.

leeuvaniwestransvaal ·

Ja die hele land is in sy m..r in. Die gemors wat roof en moord pleeg het meer regte as die slagoffers. In enige ander land waar daar orde is sal jy dit nie sien nie. As jy moord gepleeg het moet jy al jou mense regte verloor, maar nee, gaan tronk toe, kry free tv krag bed dak oor jou kop en jy kan dan studeer en as sy uitkom politici jou beroep maak en wie weet… dalk wordjy die land of party se leier! Dis tyd dat die boere blankes saam staan en soos een man optree.. hoe langer gaan ons nog stilbly en die belangrikke saak igroneer? N sokker speler word vermoor (nog nooit van hom gehoor nie) en daar word belonings uitgesit vir informasie oor die moordenaars? Spesiale taak magte ens… als op die belasting betaler se omkostes.. hul wil die vuurwapen wet hersien nou eweskielik… hoekom? Ek se nogsteeds al die vuurwapens wat ingehandig was is nie vernietig nie, is n ontwapenings taktiek… en menigde het daarvoor geval.. hoe baie rooftogte vind nie plaas miet polisie vuurwapens nie? Vandag weer in Gauteng gebeur… as hul my sou aanval of in my huis inbreek sal ek nie huiwer om terug te baklei nie en al slaan ek hulle dood worry ek nie, al kla hul my aan vir moord, so be it, solank my familie my huis gesin veilig is, dis al wat saak maak, al val hul my bure aan gaan ek nogsteeds my bure help en vir hul lewens veg… ek weet God is aan my kant so wie gaan teen my wees, HY beskerm my en my gesin elke dag en nag, en HY sal my die krag gee as dit by so n geval moet kom. En as ek sterwe dan is dit ook okay want ek weet waarheen ek gaan. Kom ons bou n standbeeld wat staan vir al die boere wat al vermoor is met hul name op…

leon van deventer ·

My voorstel is dat die polisie vir n moord n vasgestelde bedrag as beloning aanbied bv. R100 ooo en sodoende geen onderskeid moet maak watter moordsaak se beloning moet groter wees as die ander saak nie.alle lewens is tog ewe kosbaar ongeag wie en wat die slagoffer was

Eierkop ·

Wag tot daai klong in die hospitaal getuig en sê dat hulle drie ewe onskuldig langs die pad vir ‘n taxi gestaan en wag het toe die wit boere skielik op hulle losgebrand het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.