‘Leeuman’ in hof

hof-hamer

Argieffoto.

Mark Scott-Crossley, die man wat deur die Limpopo-polisie gesoek is nadat hy glo verlede maand ʼn man omgery het, het Vrydag in die Lenyeye-landdroshof naby Tzaneen in Limpopo op ʼn aanklag van poging tot moord verskyn

Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel wanneer Scott-Crossley vir borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dan in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig ʼn lasbrief is op 21 Desember vir Scott-Crossley se inhegtenisneming uitgereik in verband met ʼn voorval op 14 Desember.

Silence Mabunda (37) het glo op dié betrokke dag iets by ʼn winkel in Hoedspruit gekoop. Brig. Motlafelo Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê Mabunda het buite die winkel op sy foon staan en praat toe ʼn man dit uit sy hand gegryp en op die grond stukkend gegooi het.

Mabunda het toe glo teruggestap na sy werkplek, ʼn wildrehabilitasiesentrum buite Hoedspruit. Dit is toe dat hy glo deur ʼn voertuig omgestamp is waarna die bestuurder na bewering ook met die voertuig oor hom gery het. Volgens berigte het Mabunda ernstige beserings aan sy bene opgedoen en loop nou met krukke.

Hy was sedert die voorval met Mabunda soek, maar die polisie het hom Woensdagmiddag in hegtenis geneem. Mojapelo het gesê Scott-Crossley is vergesel deur sy regsverteenwoordiger toe hy homself in Pretoria aan die polisie oorgegee het.

Scott-Crossley is in 2005 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op een van sy werkers, Nelson Chisale, wat in ʼn hok met drie wit leeus gegooi is. Dit is toe dat hy die bynaam “leeuman” gekry het. Chisale is ook erg aangerand deur twee ander werkers voordat hy in die hok gegooi is.

Scott-Crossley se skuldigbevinding is in 2007 deur die appèlhof ter syde gestel en sy vonnis is na vyf jaar tronkstraf verander vir medepligtigheid aan die daad aangesien daar nie bepaal kon word of die oorledene moontlik al weens die aanranding gesterf het voordat hy in die leeuhok gegooi is nie.

Scott-Crossley is ook in 2006 aangekla van aanranding op ’n medegevangene, Jacobus Cordier, in die tronk in Barberton. Die Barberton-landdroshof het Scott-Crossley aan aanranding skuldig bevind en hy is ʼn boete van R4 000 opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sannie ·

Lyk nie asof hy ore het nie. Hopenlik bere hul hom die keer so diep weg dat daar vir hom kos ingeskiet word met n kettie. As jy nie wil hoor nie…moet jy voel.

Ella ·

Gaan sy regsverteenwoordiger hom weer laat loskom? Ongelooflik hoe baie “loopholes” daar is!Wat is die verskil of die man a.g.v. aanranding gesterf het, of deur die leeus doodgebyt is? Iemand was verantwoordelik dat ‘n persoon dood is.

Nita ·

Dis nou 1 swarte deur n witte vermoor. O so versriklik! En wat van die duisende wittes wat deur swartes vermoor is?? No problem. Dis maar doodreg so.

Jordaan ·

Nie vermoor nie, die man is in die hospitaal na die omryery – was nog fiks genoeg om sy gesig in die koerant te wys in die week om te kla omdat die polisie nie vir Scott-Crosley arresteer nie.

Donovan ·

Die man het niemand dood gemaak ni… sy werkers het di ander werker dood geslaan en toe help hy hulle om van di lyk onslae te raak deur dit in di leeuhok te
gooi… dit is mos lekker om iemand te trap wat reeds onder in die put le… sesasie is mos waarop ons mos lewe…

snoefie ·

dit was nou n witman wat n vermeende misdaad teenoor n swartman gepleeg het. kyk hie vinnig was sy saak in die hof. BTW MM jy het homself oorgegee. met elke berig word elke oortreding Scott-Crossley gepleeg het met kleur en geur herhaal. nie netgenoem hy het vorige veroordelings nie. MOOI. eerder brei ook uit oor die trauma wat die man al gely het. kom ons vermens hom ook sonder n skakel wat die lesser kan volg of nie.

Landi Slatter ·

Dagsê snoefie

Dankie vir jou terugvoer. Die berig vermeld duidelik dat Scott-Crossley homself in Pretoria aan die polisie oorgegee het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Lennox ·

Jy isheeltemal reg. Volledige berig in Mark se geval, maar n kort bondige storie oor die omie wat in Pta vermoor is.

Annie ·

Laat homm sit, geeen borg vir hom nie, hy sal dit weer en weer doen.

MS ·

Sy sussie was Tracy Lee Scott wat destyds ontvoer is deur Gert van Rooyen en nooit gekry is nie.

Sannie ·

Wat maak dit saak wat die kleur van die persone is. Feit is net hy het al hoeveel keer iemand vermoor en los gekom. Hang hom!

Alida ·

Sannie hang hom en al die 100e moordenaars as jy kan. Ons sal jou ewig dankbaar wees.

Johan ·

Askies Sannie, hoeveel mense het hy al vermoor? Want jy laat dit klink soos baie. Hy het nog nie een mens vermoor sover ek weet nie, slegs ‘n reeds vermoorde se lyk in ‘n hok met leeus gegooi.

Johan ·

Of glo jy ook dat mens nie ‘n goeie storie met feite moet bederf nie?

Genoeg ·

Blaas maar weer die vure aan en gooi sommer nog petrol ook op en dan het ons nog ‘n erger trauma as die doodskis storie. Van ons ou boerenasie se mense is eintlik net soos die ander wat so graag aanhits en veroordeel. Plaas eerder ‘n verbod op daai vingers wat so gretig is om hierdie aanhitsings en veroordelings te tik.

Cherokee ·

Nêrens in die berigte word genoem dat jy optree as lid van sy verdediging nie. Wenk – maak eers seker hy beskik oor die finansies om vir verdediging te betaal.

Justice ·

Scott-Crossley se humeur gaan veroorsaak dat hy nog baie tyd in tronkselle gaan deurbring. Ek persoonlik dink dat daar nie veel salf aan hom te smeer is nie. Ongelukkig vir hom is hy alleen die skrywer van sy verhaal en kan niemand dit vir hom doen nie. Ek hoop vir sy onthalwe dat hy homself uit hierdie spiraal duik kan trek.

Mauzi ·

Party mense leer net nooit nie. As almal n traumatiese verlede as verskoning vir hulle dade wil gebruik sien ek n donker prentjie. Die man is n probleem vir die samelewing soos al die ander misdadigers en sy arrogansie ken blykbaar ook geen perke nie

Alida ·

Mauzi, dit klink of jy hom ken. Jy spoel jou mond uit sonder dat jy die persoon ken. Hy het niemand doodgemaak nie.

Johan ·

Verstommend dat die man sommer uit die bloute op Silence Mabunda sal afstorm en hom aanrand. Sonder enige provokasie?? Publiseer bietjie Scott Crosley se weergawe sodat ons die volle prentjie kan sien.

sioux ·

stem saam Johan. maak nie saak dat hy n probleem volgens sommige kommentators is nie. iets mies tot die vermeende aanval gelei het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.