‘Leeuman’ steeds soek ná hy glo oor man ry

Mark Scott-Crossley, wat deur die polisie gesoek word nadat hy glo verlede maand ʼn man omgery het, se regsverteenwoordiger het Donderdagoggend by die Hoedspruit-polisiestasie opgedaag om namens sy kliënt ʼn borgtogaansoek in te dien.

Brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die regsverteenwoordiger kan nie namens sy kliënt die aansoek indien nie. “Wanneer die verdagte in hegtenis geneem is, sal hy soos enige ander verdagte behandel word. Hy sal nie voorkeurbehandeling kry nie. Ons beskou hom dus steeds as ʼn voortvlugtige en sal hom in hegtenis neem wanneer ons hom opspoor.”

ʼn Lasbrief is op 21 Desember vir Scott-Crossley se inhegtenisneming uitgereik in verband met ʼn voorval op 14 Desember. Volgens Mojapelo is Scott-Crossley aanvanklik versoek om met die polisie in verbinding te tree aangesien daar vermoed is hy kan hulle in die ondersoek na die voorval bystaan. “Toe hy dit nie gedoen het nie, is die lasbrief uitgereik.”

Silence Mabunda (37) het glo op 14 Desember iets by ʼn winkel in Hoedspruit gekoop. Volgens Mojapelo het Mabunda buite die winkel op sy foon gepraat toe ʼn man dit uit sy hand gegryp en op die grond stukkend gegooi het. Mabunda het toe glo teruggestap na sy werkplek, ʼn wildrehabilitasiesentrum buite Hoedspruit. Hy is toe glo deur ʼn voertuig omgestamp waarna die bestuurder glo ook met die voertuig oor hom gery het. Volgens berigte het Mabunda ernstige beserings aan sy bene opgedoen en loop nou met krukke.

Volgens Mojapelo het die polisie aanvanklik ʼn tref-en-trap-ongeluk ondersoek. Dit is egter intussen verander na ʼn saak van poging tot moord.

Scott-Crossley is in 2005 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op een van sy werkers, Nelson Chisale, wat in ʼn hok met drie wit leeus gegooi is. Chisale is ook glo erg aangerand deur twee ander werkers voor hy in die hok gegooi is. Sy skuldigbevinding is in 2007 deur die appèlhof ter syde gestel en sy vonnis is na vyf jaar tronkstraf verander vir medepligtigheid in die daad aangesien daar nie bepaal kon word of die oorledene moontlik al weens die aanranding gesterf het nie. Scott-Crossley is in 2008 op parool vrygelaat en het teen einde 2010 sy vonnis uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lize ·

Familie van die Scott – Crosley meisie wat destyds verdwyn het in die Van Rooyen saak??? Wonder maar net.

Hartseer ·

Dis nou net ‘n goeie bewys van hoe die duiwel kom steel wanneer jy nog jonk en fragile is.
Hy doen hierdie dade omdat hy emosionele trauma opgedoen het daardie dag toe sy sussie in die kar geklim het en hy haar nie gered of gekeer het nie. Hy blammeer homself vir haar ontvoering. Niks regverdig sy aksies nie, maar ons weet in hierdie geval dat dit sy sussie se ontvoering was wat skade by hom gemaak het. Dis net vir my baie hartseer om te sien hoe die duiwel van ons kom steel terwyl ons nog jonk is . . . . . . . Mag God hom help

Donovan ·

Dit was nou ongevraag… en onsensetief… daar is anders broers en susters ook…

Kobus ·

Toe hy ongevraagd n man se foon stukkend gegooi het,hom gestamp het met n voertuig en oor sy bene gery het…TOE WAS HY ONSENSITIEF!!!!!

Pietie ·

Let wel die berig sê nie dat dit hy was wat die selfoon gegryp en stukkend gegooi het nie. Dit is ook onduidelik of die man nie dalk voor sy motor ingeloop het nie. Maak seker.

Kobus ·

Pietie….nou hoekom is daar n lasbrief uit vir hom….om sy leeuhokke skoon te mask?

Pietie ·

Ai, Kobus, wat is die kans dat die lasbrief voortydig uitgereik is? Van wanneer af maak ‘n lasbrief iemand bloot skuldig sonder ‘n verhoor? Kom ons wag vir die feite. Spekulasie maak ook nie iemand skuldig nie.

Chris ·

As ek hy was sou ek ook verdwyn het want daar is geen manier dat hy n regverdige verhoor sal kry nie – sterkte aan hom, hoop vir sy part hy is landuit

Kobus ·

Voortydige lasbrief? Hy was nie by die hof…hy was gedagvaar om te verskyn…toe verdwyn hy…as hy rede gehad het dat hy onskuldig gesoek word…was hy lankal by die naaste polisiestasie om hom aan te meld… Hy hardloop weg

Jerry Cloete ·

Hy het definitely nie geleer uit sy vorige veroodeling. As hy onskuldig was sou hy na vore gekom het om sy kant van die saak te stel. Deur ‘n regsverteenwoordiger te stuur om vir borg aansoek te doen laat baie vrae. Hoekom soek hy borgtog en watter kundige is die regsverteenwoordiger want dit wil voorkom hy is nie vertroud met die landswette homself nie ?

Koot ·

geblikte leeus. die klawer wil nie regse. as hy so met mense is hoe is hy dan nie met diere nie.

Koos ·

Die polisie het hom versoek om hulle te help met die ondersoek, niks word gesê dat hy in ‘n hof moes verskyn nie, so om te sê voortydige lasbrief uitgereik is in die kol.

helene ·

As ek hy was het ek ook gevlug. Hoop hulle kry hom nooit nie! Hierdie ou is gemerk. Hulle het nog nooi opgehou om hom te jag nie. Of hy nou skuldig is of nie- geen waarborg op n regverdige verhoor nie. Hierdie ou is bang want hy weet hoe hy behandel sal word. Geen borgtog al is hy ook nie skuldig nie. Mag geregtigheid geskied!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.