Leeus in Vaalwater gestroop

Argieffoto: popista.com

Die Vaalwater-polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat leeus vir hul liggaamsdele gestroop het.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het Donderdagaand die heining van ʼn leeukamp in die omgewing stukkend gesny om toegang te verkry. Hulle het twee leeus vergiftig en doodgemaak,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.

Die verdagtes het die leeus se bekke en pote gestroop. Een leeu se maag was ook oopgesny.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Bel kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 of 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Skokkend ·

Stem saam met jou Nita… goe bou mens iets goed op in sulke omstandighede. En die ergste is dit is een berig op een oggend en niks gaan hiervan kom nie. More beweeg almal maar net weer aan na die volgende persoon, dier of baba wat vermoor is. Skokkend dat dit so normaal in die land is.

karen ·

Liewe Vader mag U toorn oor hierdie mense uitgiet soos lampolie. Here ek vra in Jesus Naam help my om die mense te kan vergewe. Daar is geen verskoning om U Skepping te vernietig ter wille van die boosheid van toordery. Carma Bllinde Sambok maak nie saak iets moet asb gebeur. Kom tog gou asb Jesus Amen

M'Lady ·

Mens hoor van al hierdie wreedhede teenoor die wildlewe in Suid-Afrika en dan is dit die einde. Die ondersoek loop dood. Lees niks verder nie. Niemand word ooit gevang en betaal vir hulle wandade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.