Twee wit leeus is op ʼn plaas naby Stockpoort in Lephalale (Ellisras) vergiftig voor hulle koppe en pote verwyder is.
Ao Jurg van Heerden van die polisie se taakspan, HPG Spoorsnyers en lede van Lephalale se gemeenskapspolisiëringsforum het die verdagtes se spore gevolg tot by die Lephalale/Groblersburg-teerpad, waar die persone vermoedelik met ʼn voertuig opgelaai is.
“Die twee wyfies is met Temik vergiftig,” het Van Heerden aan Maroela Media gesê. “Die mannetjie is maar menssku, en as hy mense sien gaan lê hy in ʼn bos. Dit is moontlik dat die oortreders vir die wyfies kos gegee het en hulle só vergiftig is.”
Van Heerden meen die kop en pote word vermoedelik vir moetie of die Chinese mark gebruik.
Die boer het intussen ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting wat tot die suksesvolle vervolging van die oortreders kan lei.
Van Heerden het bevestig die ondersoek duur voort.
Dit is siek…
AAG NEE!!!!! Dis so wreed. Vang die bloomen stropers nee moordenaars en gee hulle vir die ander leeus op mee te speel.
Is niks meer heilig of veilig nie. My innige simpatie aan die Boer. Jou diere word jou kinders. Mens is lief vir hulle.
Dis die ‘dit’ wat nooit ooit in Afrika uitgeroei sal word.
Die moetie gaan ‘n hele paar ‘bomenslike krag’ gee. EISH !!!!!
So word daar ook met ander goete met koppe gesmokkel. Tragies dat dit slaag.
Regtig julle siek mense om n onskuldige dier so te moor en mishandel… mag jul brand….
Vreeslik!! Eers renoster en nou ook leeu?
Dis n ongelooflik skande eers die renosters nou die skaars wit leeus – ek hoop van harte hierdie etters word vinnig vasgetrek en n voorbeeld van gemaak – laat die mense saam staan en hierdie boer bystaan.
Vieslike gemors!!!!!! Dan word daar hoog heilig vir my vertel ek moet my naaste liefhe!!!! As dit my naaste is wat sulke dinge doen is ek jammer maar ek wil nie deel wees van so n gemeenskap nie.
Jip die gawwamunt is mos lekker maatjies met die spul Chinese. Gooi die grense oop ja!Dit is ‘n nasie wat die Afrikaanse spreekwoord van “bo blink maar onder stink” verpersoonlik.
Wie met n panga in sy hand gebore word verleer nie maklik sy gewoontes nie al is apartheid nou al 22 jaar af. Maar ons mag niks sê nie dan is ons rassiste.
Weet ook dat hierdie stropers/misdadigers inligting en “hulp” gekry het van iemand wat die plaas ken.
Opskrif van berig moet eintlik lees: “Leeus vermink”.
Ek dink partykeer kyk God na die mens en dink, wat het Ek gedoen om die mens te maak? Ek wil huil omdat dit die MENS is wat God se Skepping afbreek, ruineer, opmors! Ek huil en huil!
Raak gevat Bets………
Kan julle die foto asb. verwyder want dis onsettend onstellend .
Dankie by voorbaat.
Dit is werklik n’ jammerte – MAAR word daar dieselfde oproer gemaak as babas deur aborsies vermoor word???
Die Chinese is seker die grootste vernietiger van diere op hierdie aarde, Hulle is absoluut siek om nie te praat van die Yulin honde etery nie. Wit leeus op n plaas moet jy maar weet dis vir geblikte leeujag.
Mag almal betrokke by hierdie afskuwelike daad dieselfde dood sterf!
Die wreedheid en gulsigheid gaan my verstand te bowe.
Jammer pragtige leeus vir julle lyding :-(