Leeus verskeur man by Oos-Londen-dieretuin

Leeus by die dieretuin in Oos-Londen in die Oos-Kaap Foto: Friends of the East London Zoo, Facebook

Leeus by die dieretuin in Oos-Londen in die Oos-Kaap Foto: Friends of the East London Zoo, Facebook

ʼn Besoeker is Dinsdagoggend by die dieretuin in Oos-Londen in die Oos-Kaap deur leeus verskeur.

“Personeellede van die dieretuin het die man se liggaam in die leeuhok gevind,” het Thandy Matebese, woordvoerder van Buffalo-munisipaliteit, aan Maroela Media gesê.

Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal het die man omstreeks 09:00 by die dieretuin aangekom en sy ingangskaartjie betaal. “Hy was alleen en hy het nie emosioneel of gespanne voorgekom nie,” het Matebese gesê. “Die man het vermoedelik die hoek van die sekuriteitsmuur gebruik om op te klim en oor die heining in die leeuhok in te spring.”

Die man se liggaam is omstreeks 10:00 gevind toe personeellede die leeus wou voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neptunus ·

Reg of verkeerd, hierdie ou was vrekdapper. Wat van ‘n spesiale grafskrif om hom mee te onthou:
* Gebore: xx-xx-xxxx
+ Oorleeude: xx-xx-xxxx

John Smith ·

Hoop die leeus is nog lewendig want smaak my die man het een of ongesteldheid gehad. Hoop nie fit is aansteeklik nie.

anon ·

klink na my dis selfmoord. jis mense kan weird raak as dit by selfmoord kom sterkte aan di famili

Hennie B ·

Ten minste kon die dietetuin bietjie op hul kosrekening bespaar.

snip ·

Aarde, daar moet seker makliker maniere wees. Dis net soos daai vrou wat tussen die krokodille ingespring het. Daai eerste byt is tog nie n doodsbyt nie, dis mos pyn en lyding tot jy dood is….vir n paar minute of so. Dis vreeslik erg, die lewe druk soms, maar om tot so daad oor te gaan en te voel daar is geen hoop of uitkoms nie en niemand wat kan help nie, moet erg wees.

nig ·

Sjoe… julle kommentare darem…! Iemand is dood hier, soms is jul aanmerkings regtig onsmaaklik. Neptunus staan bv gereeld uit. MAROELA??

Essie ·

Die vlak van naasteliefde, onder ons Afrikaners( neem ek aan), laat my sidder, as ek sommige kommentare lees. Ons kan nie in ‘n genadige God se oë kyk, om vir ons in hierdie landsituasie te help, as ons onsself ongenadig betoon teenoor ‘n medemens nie.

pop ·

Nig daar is mos die vreeslike irriterende soort mense wat dink hulle is vrek snaaks. En intussen wens ander hulle wil net” shut up” Neptunis dink ek is een. Onsensitief <maar einste dieselfde mense wat dan klippe op ander rasse sal gooi oor barbaarsheid.

nig ·

Pop – net so! 100% so. Hulle het nie die breinselle om te onderskei wanneer iets snaaks is en wanneer net plein simpel. Mens noem sulke optrede infantiel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.