Leeus verskeur werker ná donker in Dinokeng

Dinokeng Foto: Marianne Styan

Die bestuur van die Dinokeng-natuurreservaat sê hy volg ʼn “versigtige benadering” oor die trop leeus wat die afgelope week ʼn werker aangeval en verskeur het.

Die reservaat, noordoos van Pretoria, se bestuur sê ook hy win kennersraad in om die mees verantwoordelike besluit vir alle partye te neem.

Die man het Maandagaand, ná donker, te voet deur die reservaat gestap toe die leeus hom aangeval en verskeur het. Dit is onbekend hoe laat die aanval plaasgevind het. ʼn Span wat die reservaat se heinings nagaan, het Dinsdag omstreeks 10:37 op menslike oorskot in die reservaat afgekom en die polisie ontbied.

Ingevolge die wildreservaat se regulasies is dit streng verbode om te eniger tyd – bedags óf snags – te voet in die park te wees.

Hartogh Streicher, woordvoerder van die Dinokeng-wildreservaatbestuursowerheid, het sy medelye met die man se familie betuig.

Streicher sê die voorval benadruk die delikate balans tussen mens en wilde dier se bestaan naas mekaar.

“Hierdie tragedie dien as ʼn pynlike herinnering van die ongetemde instinkte wat wilde diere soos leeus dryf, veral tydens hul nagtelike jaggedrag.”

Streicher doen ook ʼn beroep op alle grondeienaars in Dinokeng om ʼn aktiewe rol te speel om die veiligheid van medegrondeienaars en gaste te verseker. Hy het ook benadruk hoe belangrik dit is om enige oortredings van reservaatregulasies aan te meld.

“Deur gesamentlik aan hierdie reëls te voldoen, kan ons saamwerk om die herhaling van sulke tragiese voorvalle te voorkom.”

Wat betref die leeus betrokke by die voorval, sê Streicher die bestuur volg in hierdie stadium ʼn versigtige benadering.

“Kennersraad word ingewin om te bepaal of die leeus ongewone gedrag getoon het wat ʼn verhoogde risiko inhou. Die uiteindelike besluit oor die diere sal die welstand van alle betrokke partye vooropstel,” sê Streicher.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Tsek! ·

Deur natuurlik op te tree. Dis afterall wilde diere en ouder gewoonte word reels nie gerespekteer nie. Dis tragies maar staar die werklikheid in die oe en besef hoekom daar reels ingestel is in die eerste plek. Sodat die tipe insident nie moet plaasvind nie. Dis eerlik waar nie die leeus se skuld nie. Se maar net.

Waarnemer ·

Blh uit die leeus se gebied en hulle los jou uit….betree hulle gebied en hulle beskerm hulle area…..ek en alle slange het dieselfde ooreenkons,bly uit my gebied en jy leef,oortree dk in sy gebied,oorleef ek nie.So eenvoudig soos dit.

Olive ·

Ja of ‘n informant. Moet tog net asb nie dat die Leeus hiervoor gestraf word nie.

Iwan ·

Ja regtig. Duidelik is jy onbewus van wat oral op wildsplase gebeur.
Ondervinding!

Michele ·

Ja rerig! Ons almal weet jy loop nie in n wildsreservaat met die Groot 5 nie.

Bolandse Nooi ·

Ja regtig, want leeu bene “vat groot geld” in China. En met SANPARKE se BEE-beleid, kan ons vir seker weet dit was nie ‘n “boer” wat te voet, in die middel van die nag, in die reservaat was nie. Jy kan vir seker wees dat die werker NIE daar was om na die welstand van die wild om te sien of drade na te gaan nie … hy kon dalk gedink het die leeus sal geïnteresseerd gewees het in ‘n koppie tee saam met hom – dis altyd ‘n opsie – maar toe misgis hy homself lelik.

Patch ·

Die arme man het ‘n erge dood tegemoet gekom, maar Iwan ek dink ek stem saam met jou.

Windhond ·

Watter leeu? – daar is seker meer as een leeu, en ek sal defnitief nie die leeus wil ondervra nie.

Pieter J ·

Die leeus het defnitief niks verkeerd gedoen nie. Ek wonder egter wat enigiemand dag of nag alleen te voet in die reservaat soek. Ek dink ook nie daar moet iets verder rondom die aangeleentheid gedoen word nie. Die gevolge is tragies maar onvermydelik.

Wit Leeu ·

Glad nie die leeus se skuld nie, en klaar ! Wat soek hy in ‘n leeu kamp in die donker ? Dit doen jy nie ! Goeie genade dis soos om selfmoord te pleeg !!!!!!!!!

Truman Burbank ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek gaan. Darwin awards

Luckykat ·

Dis hoekom daar n hoe heining om is. Moet nie oorklim nie. Die leeus het hul soos leeus gedra.

Ryan ·

Dit moes n vreeslike dood gewees het. My medelye met sy naasbestaandes.

Blikkantien ·

As mens nie die reëls gaan gehoorsaam nie – Moedernatuur onderskei nie.

Pieter ·

Hierdie is wilde diere , en hulle natuurlikke instink is om te jag. Die park her reels en regulasies wat gevolg moet word.

Linda ·

Hy was seker met daai selfde muti gesmeer van Marikana se spul. En het hulle sy knopkierie iewers opgetel?

Linda ·

Soos die donderweer was die leeu seker ook rassisties, of kom nog uit die Apartheids era. Wat sê die voor vaders?

Kirst ·

Dink net as daar regtig leeus en olifante in ons strate geloop het soos wat sommige oningeligte Amerikaners glo. Dan sou ons darem baie minder misdaad (en misdadigers gehad het).

Plaaskind ·

Ek haal aan: “Ingevolge die wildreservaat se regulasies is dit streng verbode om te eniger tyd – bedags óf snags – te voet in die park te wees.” Enige persoon met gesonde verstand sal weet om tussen wilde diere in hulle leef area te loop, is om soos ‘n been voor ‘n honger hond se neus te hou, jy gaan gekou word. Hoop nie die leeus word nou van kant gemaak nie, mag hulle net ‘n paar dae in die tronk sit, en later weer op parool vry gelaat word, want doodstraf is teen die wet. (grappie)

Elma ·

Die mensdom het so gevoelloos geraak. Ja, die man het geloop waar hy nie moes nie, en die leeus het normale gedrag getoon soos wat mens kan verwag van wilde diere, maar goeie genugtig, van hierdie kommentaar is wreed en ongevoelig. Hierdie man was iemand se kind of man, of pa!

Koen ·

Die lewe is vol van keuses. Hy het welwetend die verkeerde keuse gemaak

Andries ·

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe bang is die leeus vir my………..

Bolandse Nooi ·

Nou gaan die trop leeus seker weer doodgeskiet word. Wie was verkeerd – die leeus, wat in hul habitat was en nie onderskei tussen mens en dier (prooi is prooi) of die mens, wat desnieteenstaande reëls dat NIEMAND in die reservaat te voet mag wees nie, wel in die reservaat te voet was? Ek sê: die mens hoort nie in die see, in die veld saam met wilde diere nie. Bly daaruit en jy sal nie ‘n haai of leeu ten prooi val nie.

Delia ·

Ek staan verstom oor die kommentaar. Vir die man wat deur die seekoei doodgemaak is, was daar net simpatie.

Delia ·

Jy wat net afmerk. ..Gee eerder jou opinie en vertel my ek is verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.