‘Leeustropers’ met hoenders vol gif gevang

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

Twee verdagtes is op ʼn wildsplaas in Limpopo aangekeer waar drie leeus vroeër vanjaar vir hul koppe en pote gestroop is.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagtes, Thetha Ngobeni (36) en David Numero (55), is Sondagaand by die Letaba River Lodge in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is omstreeks 20:00 aangekeer, nadat hulle die reservaat se heinings geknip het om toegang tot die leeukamp te kry,” het Mojapelo gesê. “Beamptes van ʼn veiligheidmaatskappy het hulle aangekeer en die polisie ontbied.”

Die mans het hoendervleis met gif op, ʼn tang en ʼn kombuismes by hulle gehad.

Ngobeni en Numero het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot stropery en die besit van gif en gevaarlike wapens.

Die saak is tot 20 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

“Die inhegtenisneming bring die polisie nader daaraan om soortgelyke voorvalle die afgelope tyd op te los,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig oor ʼn vlaag voorvalle in die provisie waar leeus vir hul liggaamsdele doodgemaak is.

Die leeuslagtings hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat onder meer vir bemagtiging of kriminele elemente aangewend kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

As kinders het ons op die platteland gewoon en een van die ouer Ooms op die dorp het baie sulke legendes geken. Dit was lekker om daarna te luister en party stories was nogal vrees aanjaend. Gelukkig het ek ‘n verstand gekry om te kan onderskei tussen stories en feite en die stories het geen invloed op my besluitneming as volwasse. So ek wonder wat het die 55 jarige beskuldigde al in sy lewe geleer.

Sam ·

En niemand het hulle bietjie hoender gevoer nie? Kom nou hulle wou dan net ‘n hoendertjie braai, dis onbeskof om hulle honger in hegtenis te neem. Nou moet almal wat belasting betaal suffer!

Sam ·

Dankie Chris.L
Mens wil graag die hoender deel sodat hulle die leeuse ervaring kan mee maak. Hulle kom dan met sulke “edele” bedoelings. Hoe sal mens dan nou onedel optree en hulle honger wegstuur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.