Leeuwelpie in Kaapstad-buurt gered

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

ʼn Leeuwelpie is na ʼn plek van veiligheid geneem ná dit in Athlone, Kaapstad gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê speurders het Woensdag inligting opgevolg dat ʼn leeuwelpie van Thabazimbi in Limpopo na die Wes-Kaap vervoer word. “Verskeie eiendomme in Athlone is deursoek en die leeuwelpie is uiteindelik gevind.”

ʼn Saak van die onwettige besit van ʼn bedreigde spesie is deur die veediefstaleenheid aanhangig gemaak en die leeuwelpie is na ʼn plek van veiligheid geneem.

“Die geraamde straatwaarde van die leeuwelpie is R50 000. Drie mense, tussen 28 en 30 jaar oud, word ondervra. Die ondersoek duur voort,” het Rwexana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Sorg dat hy so spoedig moontlik in die natuur kan aanpas en plaas hom terug in sy habitat

Michael P ·

Net baie bly hulle het hom nie seer gemaak nie Altyd n sagte plekkie vir n leeutjie. Baie mooi diere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.