Legendariese Bokkaptein oorlede

Dr. Dawie de Villiers [Foto: Facebook]

Die voormalige Springbok-rugbykaptein en oudminister dr. Dawie de Villiers is Saterdagaand in die ouderdom van 81 oorlede.

De Villiers het tussen 1962 en 1970 vir die Springbokke uitgedraf. Hy was tussen 1965 en 1970 die span se kaptein.

Volgens die Waterhole Rugby Museum het De Villiers as student vir die Universiteit Stellenbosch se rugbyspan gespeel voordat hy vir die rugbyspanne van die Westelike Provinsie, Suidelike Universiteite en die Springbokke gekies is. Hy het ook vir die Boland- en Transvaalse spanne uitgedraf.

De Villiers het ná sy rugbyloopbaan die politiek betree en het die Nasionale Party in die parlement verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Waarnemer ·

Rus in vrede dr….gelukkig weet ons u is in n baie beter plek vanoggend as hier op aarde.My innige meegevoel met u familie.

Realis Thailand ·

n Goeie mens rus nou in vrede
Mag sy gesin vrede he in hulle harte oor sy heengaan

Papsak ·

Sterkte vir familie maar hy is op beter plek as ons in hierdie land rus in vrede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.