De Villiers het tussen 1962 en 1970 vir die Springbokke uitgedraf. Hy was tussen 1965 en 1970 die span se kaptein.
Volgens die Waterhole Rugby Museum het De Villiers as student vir die Universiteit Stellenbosch se rugbyspan gespeel voordat hy vir die rugbyspanne van die Westelike Provinsie, Suidelike Universiteite en die Springbokke gekies is. Hy het ook vir die Boland- en Transvaalse spanne uitgedraf.
De Villiers het ná sy rugbyloopbaan die politiek betree en het die Nasionale Party in die parlement verteenwoordig.
- [Foto: Suparugby, Facebook]
- [Foto: Jean Terblanche, Facebook]
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Rus in vrede dr….gelukkig weet ons u is in n baie beter plek vanoggend as hier op aarde.My innige meegevoel met u familie.
n Goeie mens rus nou in vrede
Mag sy gesin vrede he in hulle harte oor sy heengaan
Sterkte vir familie maar hy is op beter plek as ons in hierdie land rus in vrede