Legendariese boksafrigter sterf

Argieffoto (Foto; PDPics, Pixabay)

Een van Suid-Afrika se beste boksafrigters, Willie Lock, is in die ouderdom van 84 oorlede.

Lock, gebore en getoë in Benoni, was al vir ʼn wyle op ʼn siekbed voor hy Donderdag in sy tuisdorp gesterf het.

Hy het die weg gebaan in transformasie in die sport en het Peter “Terror” Mathebula opgelei om uiteindelik die WBA-veergewigtitel in Desember 1980 in Los Angeles in te palm. Mathebula was die eerste swart Suid-Afrikaanse bokser om ʼn wêreldtitel te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.