Legendariese SA musikant sterf

Hugh Masekela. Foto: ANA.

Die legendariese Suid-Afrikaanse jazz-musikant Hugh Masekela is Dinsdag in die ouderdom van 78 dood.

Nathi Mthethwa‏, minister van kuns en kultuur, het dié nuus bevestig.

“Ons nasie het met die afsterwe van die jazzlegende Hugh Masekela ʼn musikant verloor wat enig in sy soort was. Ons kan met oortuiging sê dat Hugh een van die grootste argitekte van Afro-jazz was en dat hy die siel van ons nasie opgehef het deur sy tydlose musiek,” het Mthethwa op sosiale media gesê.

Masekela voer al sedert 2008 ʼn stryd teen prostaatkanker en het in Oktober verlede jaar onmiddellike verpligtinge gekanselleer as gevolg van sy siekte.

Die musikant, wat die publiek vroeër vir privaatheid gevra het, het destyds gesê dié aankondiging van die kansellasie van sy konserte is die enigste verklaring wat hy in die openbaar oor sy siektestryd sal maak.

Meer inligting is nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.