Legendariese Suiker Britz neem glo eie lewe

Genl.maj. Karel “Suiker” Britz en sy vrou, Annetjie. Foto: Facebook

ʼn Legende in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag vermoedelik sy eie lewe by sy huis in Pretoria geneem.

Bure van genl.maj. Karel (Suiker) Britz (74) het die polisie ontbied nadat hulle ʼn skoot in hul kompleks in Wingate Park in die ooste van Pretoria gehoor het.

Genl.maj. André Wiese het van die toneel af aan Maroela Media bevestig hulle vermoed nie ʼn misdaad nie, maar hy kon nog nie nadere besonderhede bekendmaak nie omdat die polisie nog op die toneel ondersoek ingestel het.

Genl.maj. Bushie Engelbrecht, wat Britz sedert omstreeks 1976 as ʼn kollega geken het, sê hy het Wiese van die skietvoorval laat weet. “Die inligting was dat Suiker daar lê. André is na die toneel om doodseker te maak dis selfdood en nie ʼn misdaad nie.”

Hy beskryf Britz, wat as die nasionale hoof van die polisie se eenheid vir ernstige geweldsmisdade (die eertydse moord-en-roofeenheid) afgetree het, as ʼn legende in die “moord-en-roof-omgewing” en vertel al was hy kort, het hy die bynaam Suiker gekry omdat hy so vinnig kon hardloop. “Ons het op Hammanskraal saam gewerk en ons kinders het saam grootgeword en saam in die straat gespeel.”

Engelbrecht sê de gebore Vrystater, wie se eerste vrou, San, hom ontval het en wat toe met sy tweede vrou, Annatjie, getroud is, het kanker gehad. “Sy gesondheid was glad nie goed nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Piet ·

Ek hoop nie ek word soos altyd geblok nie, maar aan Suiker se naasbestaandes kan ek se dat hy onthou sal word as n man wat n enorme bydrae vir ons samelewing gemaak het. Baie sterkte vir julle.

Ina ·

Hahahaaaa Piet, word jy ook geblok?? En ek dog dis net ek?! Kyk hoe worry ek….

Jaco ·

Sterkte aan Kallie Lizel. Dit was n vooreg om oom Suiker te ken.

Attie ·

Genl, dit was voorwaar die slegtse nuus in ‘n lang tyd, U was waarlik ‘n lewende legende, maar ek dink niemand verstaan die stryd met die siekte wat U gevoer het nie. Alle sterkte aan die die Genl se familie, vriende en kollegas wat jare saam gewerk het.

Johan ·

Ek was van 90-97 in die mag en het hom n paar keer ontmoet.Sy soort,met sy integriteit,werksetiket,kennis van sy vak gebied sal jy nie weer sien nie.As sekere huidige speurders hulself dit noem, moet hulle gaan kyk wat was moord en roof se conversion en sukses rate onder hom.Dankie Genl. en sag rus.

Luca ·

Hoop sy kinders is nou tevrede. Hom soos ‘n gemors behandel en sy kleinkinders van hom weerhou.
RIP SUIKER

Sproetjies ·

As jy niks goeds kan sê nie bly liewer stil. Jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie.

Ellisras ·

Totsiens Generaal. Jy was werklik ‘n voorbeeld. Jy ihet deur jou voorbeeld respek afgedwing.

Bets ·

Het vir 5 jaar vanaf 1987 tot 1992 as tikster saam Suiker Brits gewerk by die eertydse Moord en Roof . Hy was ‘n fantastiese offisier en het met passie sy werk gedoen en gesorg dat alle oortreders, saam met die beste span speurders, uitgevoer en gearresteer word. RIV Suiker

Alida ·

Baie jammer om te hoor. As ons huidige SAPD maar sulke lede gehad het.

Alida ·

Baie jammer om te hoor. As ons huidige SAPD maar sulke lede gehad het.

Cherokee ·

Ek hou nie van die indruk wat jy probeer wek dat dit vir iemand wat hierdie kortstondige lewe verlaat, donker word nie. Jy behoort eintlik te sê, goeie môre.

Jakes ·

Ek lees net gister by die tandarts in ‘n ou Huisgenoot van die man se vete met sy kinders.
Ai, wat ‘n hartseer.

Ja Nee ·

Cherokee. Los maar die diepe ontleding. Dit is maar net n blyk van diep respek.

Wat? ·

Jy lees en glo àlles in die huisgenoot artikel? En lewer kommentaar daar oor in n berig oor die ou wat dood is. Sies vir jou. Aan die geliefdes van Generaal Britz, sterkte.

Mark ·

Toevallig is die vete tussen hom en sy kinders waar. Sy gesondheid erg geknou!

Alida ·

En dit is nou snaaks Jakes. Genade die man is dood. Ignoreet sommige goed asb.

Miekie ·

Baie jammer om van sy dood te verneem.
Sterkte vir almal wat hom geken en liefgehad het

Baas ·

Cherokee……word groot…..elke liewe kommentaar wat ek van jou sien het jy iets slim om te se…….kom oor jouself en kom aarde toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.