Leier steeds agter tralies ná hy sê ‘maak boosdoeners dood’

Andile Lili buite die Wes-Kaapse wetgewer in Augustus 2013 Foto: Aletta Gardner/EWN

Andile Lili buite die Wes-Kaapse wetgewer in Augustus 2013 Foto: Aletta Gardner/EWN

Andile Lili, leier van die Ses’Khona-beweging, bly in aanhouding nadat hy glo vandeesweek in Kaapstad gesê het dat boosdoeners vermoor moet word.

Konst. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê Lili (40) is Woensdag in hegtenis geneem op aanklag van aanhitsing tot geweld.

Dit volg nadat hy Dinsdag buite die Bellville-landroshof, ná afloop van die hofsaak waarin hy en agt medepligtiges skuldig bevind is aan ontlastinggooiery, ʼn groep ondersteuners toegespreek het. Hy het tydens sy toespraak onder meer gesê mense moet die gereg in eie hande neem en dat verkragters en moordenaars wreed vermoor moet word.

Lili het Vrydag vlugtig in die hof verskyn weens die jongste aanklag.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 5 Augustus uitgestel wanneer hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. “Die staat staan die borgtogaansoek teen en beskou die aanklag as ernstig,” het Ntabazalila gesê.

Lili en die ander agt mans moet nog vir die ontlastinggooierysaak gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Verward ·

Ek het nou nie die hele “k@k gooiery” gevolg nie maar wonder net hoekom n moordenaar borgtog kry nadat hy n onskuldige mens blatant vermoor het en iemand wat “geweld stook” moet in aanhouding bly? Wat is die issue hier, almal voel dieselfde oor die geweld, reg in eie hande neem maar se iets en jy sit in die tronk.

cais smit ·

Is net snaaks die wat kill te boer sing loop nog almal rond en die wat se beset die plase loop ook nog rond en die wat die boere se vee en weiding aan die brand steek loop ook nog rod.Waar trek jy die streep

Jolene ·

Ek stem saam met “Verward”. Dit maak nie lekker sin nie. “Kill the Boer” is okay om te sing in die openbaar maar “kill the rapist and murderer” is nie?????Freak Show!!!

Edwin ·

n boosdoener is nie my naaste nie en ek hoefhom nie lief te he nie

J.Z ·

“Kill the boer”is ok maar die sing van die stem word veroordeel.

Elfie ·

Ek sal nou nie sê ek stem nie saam met sy siening nie, MAAR, mense wat dus gereeld hier op die Maroela Forums die doodstraf ens op ander toewens beter versigtig wees… dis al wat ek kan sê.

Bruno Stef ·

Ek het myself al baie keer afgevra wat se beeld skep dit van SA as die poefies op n Internasionale Lughawe se vloere gegooi word ten aanskoue van die res van die wereld.n Persoon met so n lae selfbeeld sal dan ook in staat wees om uitsprake te maak om die aandag op homself te vestig en n spasie by die trog te verseker.

Jan van Riebeeck ·

En so word die wat bietjie verstand het en actually dinge om hul raaksien, stilgemaak. . .

Susan ·

Nou het ek alles gehoor. Ons land is seker die grootste sirkus vir die wereld. Sê jy iets teen die boosdoener gaan jy tronk toe. Wat ‘n grap. Dis dieselfde as jy nie jou skuld kan betaal nie dan maak die plekke die wereld vir jou warm will tot so ver gaan om jou goed te konveskeer, maar Zuma en Malema betaal geen skuld nie. Wat ‘n voorbeeld. Haha ons is ‘n joke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.