Leierboere besin by Aardklop oor grondhervorming

Ivor Prince lei die paneelbepreking met Nick Serfontein, Jannie de Villiers, Eddie Prinsloo en Patrick Sekwatlakwatla (Foto: Verskaf)

Die eerste van vier landbougesprekke het Woensdagaand by Aardklop afgeskop. Dít volg ná vier leierboere, onder wie die Sernick-groep se bekende Nick Serfontein, aan ’n gesprek oor grondhervorming deelgeneem het.

Die gesprek, onder leiding van Ivor Price, ’n Aardklop-direksielid en TV-persoonlikheid, het gefokus op van die bestaande landbou-oplossings en uitdagings rakende grondhervorming. Buiten Serfontein het Jannie de Villiers, die hoof- uitvoerende beampte van Graan SA, saam met die skaapboer Eddie Prinsloo en Patrick Sekwatlakwatla, Sernick se bemarkingsbestuurder, aan die paneelgesprek deelgeneem.

“Ons moet probeer om teen die einde van die jaar modelle op die tafel te hê wat vir grondhervorming kan werk. En ons sal. Die welwillendheid van die kommersiële boere is vir my noemenswaardig,” het Serfontein aan feesgangers gesê.

Serfontein is onlangs deur pres. Cyril Ramaphosa eiehandig uitgekies om as taakspanlid die regering oor grondhervorming van raad te bedien. Dit volg ná Serfontein se veelbesproke ope brief aan Ramaphosa oor sy beproefde sewepuntplan om swart boere te bemagtig.

De Villiers, wat ook onlangs met die regering oor die rol van landbou geskakel het, het benadruk dat hy baie positief oor Suid-Afrika se landboutoekoms voel. Hoewel daar volgens hom stampe en stote in die grondhervormingsproses gaan wees, gaan Suid-Afrika nie ’n volgende Zimbabwe wees nie.

“Die president wil ons planne en raad oor wat politici kan doen om die ekonomie reg te ruk voor die staatsrede (vroeg volgende jaar) hê. Hulle is gewillig om te luister.”

Hoewel daar ’n groot nasionale fokus op die bemagtiging van nuwe boere is, glo Sekwatlakwatla dat swart boere nie met ’n teelepel gevoer wil word nie.

Aarklop het hier jaar vier landbougesprekke wat plaasvind (Foto: Verskaf)

“Hulle wil by die banke geld leen, maar teen ’n rentekoers wat hulle kan bekostig – nie ’n rentekoers wat hulle ondernemings sal doodmaak nie. Net die regering kan daarmee help.”

Verskeie moontlike modelle vir grondhervorming is bespreek, waaronder Prinsloo se Donkerhoek-transaksie waarin hy nege plaaswerkers help om volwaardige kommersiële boere te word.

“Ek het ’n plaas aan van my plaaswerkers gegee, en hulle sal eienaarskap daarvan kry. En met mentorskap sal dit suksesvol wees. Sonder mentorskap word so ʼn projek doodgebore. Dit verg wedersydse vertroue tussen ons en ons plaaswerkers.”

Aardklop se landbou-gesprekkereeks is nog tot Vrydag elke aand van 18:00 tot 19:00 by die NWU-besigheidskool aan die gang.

Die gesprekke is gratis, maar mense wat braaivleis en ’n glas wyn wil hê, kan kaartjies vooraf teen R120 by TicketPro koop.

Price se paneelgesprek Donderdagaand handel oor die plase van die toekoms, en Vrydagaand oor die rol van landbou-organisasies ná die 2019-verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

19 Kommentare

Jerry ·

Die manne staan saam en maak die boerevolk weer trots met hulle goeie intensies en lewensvatbare oplossings wat strek tot voordeel van n hele nasie! Hulle verleen luister aan die gesegde “die lewe is n lied”!

Dereck Le Roux ·

Net dwase mense sal ‘n blatante kompulsiewe leuenaar president glo en met hom wil “saamwerk” om hul eie kele af te sny en hul eie grafte te grawe en sodoende hul eie ondergang te bewerstellig.

Dis so ·

Haja ons aou almal graag bekostigbare rentekoerse kry op lenings. Nee wat moeg vir die polities korrekte samestelling van al die panele en ook die kruiperige houding van die blankes. Almal het van die begin af geweet dat dit net kan werk met die hulp van mentors. Ons herontwerp met elke besprrking of wat ookal die wiel van voot af. Die regering kan nie en wil nie n sukses daarvan maak nie. Hulle wil ook die blankes deur hierdir proses verder verdruk en klaar. Spaar julle asems en kundigheid die Anc stel nie daarin belang nie.

Pietman ·

Kan ek asseblief ook op jou plaas kom werk? Sal ek ook beloon word met ‘n gratis plaas en laer rentekoerse? Of is my vel die verkeurde kleur?

Judge Dredd ·

Laat die libs wat hul plase – of gedeelte van hul plase wil weg gee, dit maar doen – maar ek weier om deur hierdie mense se “slim planne” geforseer te word om van my privaat eiendom sonder vergoeding weg te gee.

Ramapaddapot ·

Ek stem saam met jou Wessel, ek praat nie met mense met ‘n gesplete tong nie.
Nie een van hulle kan vertrou word nie – en veral nie ramapaddapot nie.

Hans ·

Watter werklike teen prestasie lewer die werkers wat die plaas verniet kry.

Daan ·

Mense kyk hoe ‘n reuse sukses is Solms Delta. Almal rol in die geld. Ons moet dit orals dupliseer. As jy daai storie mooi lees en die storie agter die storie ken sal jy weet dit kon van die begin af nie werk nie. Kry geld. Leef dit uit. Dwing die regering om nog te gee. En nog. En al wat met dik beursies daar uit stap is die “arme” ouens wat dit begin het.

Eish ·

Ek wonder tog hoeveel steun die ” go with the flow” landbouverteenwoordigers wat so namens die boere bekwerk doen, werklik op voetsoolvlak het?

Dereck Le Roux. ·

Tot wanneer hulle hul grondonteiening doelwitte bereik is dan duik daar weer nuwe doelwitte op wat die witman moet gee en gee en gee totdat die witman alles gegee het en ten laaste sy bloed gee.

ZAR ·

Kom ons wees maar eerlik. Die regering en sy volgelinge wil graag hê almal moet ewe arm wees.. nie gelyke geleenthede nie, gelyke eindbestemmings.

Ramapaddapot ·

Hierdie ouens praat nie vir my nie – hoop hulle besef dit.
Ek heul nie met ramapaddapot nie- jammer.

ZAR ·

Die populasie stel nie belang in gelyke geleenthede nie, maar wel in gelyke uiteindes. Hulle sal eers rus as almal ongelukkig is.

Aasvoels ·

Hierdie manne praat nie vir my nie .
Hulle vertenwoordig my nie – onthou dit asb?

Cirries ·

Die sogenaamde megaboere en self aangestelde boere verteenwoordigers is net soos De Klerk, Roelf Meyer en Pik net daar om vir hulself te beding en aan die einde van die dag nog meer verryk daaruit te stap. Hulle tree net op in hul eie belang en nie met die ondersteuning en sanksie van die meerderheid boere nie.
Die sogenaamde plaas wat aan werkers verkoop is, storie moet dieper ondersoek word en na die werklike rede hoekom dit gedoen is gekyk word. Wie is bevoordeel en wie is finansieel daardeur bevoordeel? Die werkers? Rerig?

Nico ·

Vir ‘n geruime tyd lees ek die begrip “Leierboer”. Wie bestem hulle as leiers? Wie & wat lei hulle nou eintlik? Eie belange? Slang in die gras; goeie nag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.