‘Lekkergoed-rye’ by Woolies verwyder

Argieffoto

Argieffoto

Woolworths het Vrydag ʼn verandering vir sy winkels aangekondig as deel van sy Good Food-reis om “beter opsies aan klante te bied”.

Raphaella Frame-Tolmie, woordvoerder van Woolworths, het in ʼn verklaring gesê die kettingwinkel het besluit om alle lekkers en sjokolade van sy betaalpunt-rye te verwyder. “[Hierdie besluit] reflekteer ons toewyding om alternatiewe keuses vir kinders en ouers te gee,” het Frame-Tolmie gesê.

Sy het gesê dit is nog ʼn stap van talle wat oor die afgelope tien jaar geneem is om gesonder keuses aan klante te bied. “Deur die loop van 2007 en 2008 het Woolworths die ekwivalent van 20 miljoen teelepels suiker – ongeveer 79 ton – uit ons 100% sappe en vrugtenektar verwyder en die suiker in ons jogurt-reeks met 15% verminder. Ons het ook geleidelik die soutinhoud van ons eie-handelsmerk produkte verminder, wat tot ʼn dramatiese vermindering van 35,2 ton sout gelei het. Dit sluit brode, ontbytpappe en deli-vleise in, asook biltong, kaas, boerewors, vis en sommige peuselhappies.”

Woolworths het gesê hy sal voortgaan om deur paneelbesprekings en fokusgroepe met klante te praat om te bepaal watter alternatiewe opsies hulle graag in die betaalpunt-rye wil sien.

Die implementering van die nuwe betaalpunt-rye produkte sal in alle nuwe Woolworths-winkels en groot-formaatwinkels begin, het Frame-Tolmie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

NL ·

Dankie Tog, nou hoef ek nie meer sjokolade te koop terwyl ek wag in ‘n ry nie. Dankie Woolworths!!

KWV ·

Sal maar die sweeties onthou VOOR ek in die ry gaan staan :-)

alta ·

Ek is verheug daaroor, dit sal ook vir mense wat op dieet is, n hulp wees om nie in versoeking te kom nie.

Eliza-beth ·

Uitstekende besluit Woolies! Dis gans te veel van ‘n verleiding en al kan ek myself inhou, as ek by die betaalpunt kom het manlief skelmpies goed ingelaai!

Ben ·

Uitstekende besluit! Ons hoop die res van die kettingwinkels volg julle na.

Dave ·

Woolworths, as julle sê dat 20 miljoen teelepels suiker ongeveer 79 ton weeg, weet ek nie of ek die res van wat julle praat kan glo nie. Daai ene klink effe dik vir ‘n daalder maar weens die gebrek aan lus om dit te toets sal ek maar maak of ek dit glo.

Dirk Fourie ·

Agge nee. Ek is juis een van die manliewe wat skelmpies in die mandjie gelaai het terwyl ons in die ry wag om te betaal. Sal nou op en wakker (en vinnig) moet wees terwyl ons deur die lane loop.

Lindie Lourens ·

Hoera!!! My kinders het dikwels( altyd) ‘n lekker reeds halfpad opgeëet voordat ek dit raakgesien het en dan moes ek dit koop, totdat ek my eendag vererg het en die verduiwelse ding net so op die rak teruggesit het.

Peet Schabort ·

Ek het dat die tandarts al my soettande trek en nou gaan dit goed ook met my beursie. Die enigste probleem ith die haathbek . . .

Sharon ·

Pleks hulle skyf die vrugte en groente na die laaste ry in die winkel, weg van die ingang. Dis nie logies om eerste, onder in trolley, jou tamaties en ander sagte vrugte en groente te sit nie.

pop ·

Ek is al so g-tvol om te hoor ons moenie dit en moenie dat eet nie. En die vader van die nuwe gier het eers vir 30 jr gepreek ons moenie vleis en vet eet nie, Toe verkoop hy nie meer boeke nie en swaai om anderkant toe. Oor 10 jr gaan ons nou seker weer hompe en hompe soetgoed en stysel moet verorber. Matigheid mense, dis al. Probeer dit tog en hou op ander ryk maak met hulle geite. En “by the way” woollies is peperduur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.