Lekota daag Ramaphosa oor grondhervorming

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope) (Foto: ANA)

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope) en voormalige swaargewig in die ANC, het Maandag pres. Cyril Ramaphosa se belofte, oor grondonteiening sonder vergoeding, veroordeel. Hy sê dit is teenstrydig met die Grondwet en ʼn nuwe vorm van rassediskriminasie.

“Gaan jy die Handves van Regte in ons Grondwet verander?” wou Lekota weet tydens die debat oor Ramaphosa se eerste staatsrede.

Hy het ʼn onderbreking geïgnoreer deur Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, wat wou weet hoe ʼn voormalige politieke gevangene, wat deur die apartheidsregime in hegtenis geneem is, die teruggee van grond aan die onteiendes kan teenstaan. “Wat het jy op Robbeneiland gemaak?” wou Ndlozi weet.

Lekota het hierop reageer en wou by Ramaphosa weet hoe hy sal bepaal wie se reg op eiendom oorgeneem sal word. “Kan u vir my sê wie nie ons mense is nie? Die voormalige Nasionale Party het gesê ander is nie-Europeërs. Wie is nou nie ons mense nie?”

Hy het verwys na die land se immigrante, van die Franse Hugenote en Duitsers wat onder Nazi-verdrukking gevlug het, tot uitlanders wat hierheen gestroom het om deel te wees van die goudstormloop en wou weet of die president beplan om die grond van hul nasate te onteien.

Ramaphosa het Vrydag tydens sy staatsrede aan die Nasionale Vergadering gesê: “Ons is vasbeslote dat onteiening sonder vergoeding sal plaasvind op só manier wat landbouvervaardiging sal verhoog, voedselsekuriteit sal verbeter en seker te maak dat die grond teruggegee word aan diegene van wie dit onder kolonialisme en apartheid weggevat is. Die regering sal aan ʼn konsultasieproses deelneem om die implementering van dié besluit te bepaal.”

Hy het spoedige grondhervorming bevorder as deel van die poging om die landboubedryf ʼn hupstoot te gee.

Die regerende party het tydens sy Desember-verkiesingskonferensie beslis dat grondonteiening sonder vergoeding in sekere omstandighede sal plaasvind bó die gewillige-verkoper/gewillige koper-beginsel.

Die EFF het Maandag ook Ramaphosa se besluit gedaag en gesê hy “bluf” net en maak leë beloftes oor grondonteiening sonder vergoeding.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het die hoop uitgespreek dat Ramaphosa in die bresse sal tree vir die integriteit van die Grondwet. “Ons kan grondhervorming bespoedig deur korrupsie en oneffektiwiteit uit te roei. Ons moet opkomende swart boere met wettige grondeienaarskap vertrou en nie net as permanente huurders van die staat nie. Laat dié wat die grond bewerk die grond besit. Ons kan ʼn groeiende, diverse landbousektor hê waarvan wonderlike produkte die wêreld se rakke volstaan, maar ons kan dit absoluut nie hê as boere nie weet of en wanneer hul grond sonder vergoeding van hul weggeneem gaan word nie. Grondonteiening sonder vergoeding strook nie met ʼn groeiende, bloeiende ekonomie nie.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het op sy beurt gesê blote aanvaarding van die beginsel is negatief vir die ekonomie en voedselsekerheid. “Die vraag is wat die president met onteiening wil bereik. Indien dit bloot is om vir mense grond te gee, moet dit so gesê word. Want om net grond vir iemand te gee, maak die persoon nie outomaties ryk nie. Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming erken dat 90% van die bestaande projekte om swart boere te vestig, misluk het. Daarbenewens wil 93% van alle suksesvolle eisers nie die grond hê nie, maar geld. Dit sal die ekonomie nadelig beïnvloed en potensiële beleggers afskrik om in Suid-Afrika te belê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Ada ·

Dankie Mnr Lekota!Jy praat waar.Ek wil ook graag die antwoorde op jou vrae hoor!!
Ek hoop daar is ook antwoorde oor die plaasmoorde en ander aanvalle op blankes.Genocide.

Sonja ·

Jy vat di woorde so uit my mond. Ons boere wil antw hê oor plaasaanvalle en -moorde.
Ek het soveel respek gekry vir mnr Lekota oor di grondonteiening.
Ek dink persoonlik dit het guts gevat, veral omdat di oorgrote meerderheid sê dit moet net gevat word.
Kom ons hoop en bid vi di beste.

Elmarie Smit ·

In 1994 was daar 123,000 boere in Suid-Afrika. Hierdie aantal het afgeneem na 38,000 boere in 2017. As hierdie grond nou ook weg geneem word wat bly oor. Dit is baie reskand om te boer in Suid-Afrika a.g.v. plaasmoorde, droogtes en nog vele meer. As daar nie meer boere is om kos te voorsien aan die meer as 60 miljoen mense nie, het ons groot moeilikheid in hierdie land.

Jacobus ·

Lekota was premier van die Vrystaat. Hy had groot drome om die plek te verbeter. En skielik is hy uit sy pos onthef. Ek het toe al gereken, en dit word al hoe duideliker, dat dit was omdat hy verby velkleur kyk na wie- en wat die mens self is.

Respek ·

Ek het baie respek vir Terror Lekota. Ek salueer u, Meneer. Dis die eerste effense welkom wat ek in die land gevoel het sedert 1994.

PJC ·

Dit wys net ń mens word nooit te oud om iets nuuts te leer. Dit smaak my die Afrikaners wat hulle op sleeptou laat neem het deur die DA kan beter doen deur liewers vir Lekota se party te stem.

Max ·

Ek stem saam, Respek, Lekota en selfs Holomisa klink na mense wat hul verstand gebruik. Dit bly vir my ‘n groot jammerte dat Cope nooit vd die mas opgekom het nie

Johanna Botha ·

Mr. Lekota is reg …wie is ”ons” mense en wie kry wat verniet ?

Manie ·

Mnr Lekota kry my stem na vandag. Hy is absoluut reg dat die staatspresident die grondwet soos hy nou staan middelvinger wys. Die rassiste moet ophou om met leuns weg te kom. Dit sluit Malema en sy party in

Boet Fasie ·

Mnr Lekota dankie dat jy die ” guts ” het om jou stem te verhef oor grond onteiening sonder vergoeding en dat almal deel is van Suid Afrika ongeag kleur, taal, ens. Dankie dat jy opstaan vir die Grondwet en billikheid teenoor almal

Charmaine ·

Ek stem 100% saam jou. Dis nie net van vat nie. Wys my hoeveel van die plase wat gevat is en vir die agtergeblewendes gegee is, was winsgewend en tot volle reg geboer? Die plase is net so gelos dat die diere vrek en is toe geslag. As die plase vir diè mense gegee word moet dit vir geleerde mense gegee word wat boerdery gaan studeer het en wat ‘n benul het waaroor ‘n boerdery gaan. Nie vir iemand wat die plek net verniet kry en agteruit laat gaan nie. Ons moet maar ons eie groente en vrugte begin groei……ek sien hier kom groot probleme met die grond onteining.

Tiaan ·

Ek dink ek moet eerder COPE oorweeg. Die DA is vir my al n geruime tyd meer soos n ‘ANC-light’ as enige iets anders.

Tiaan ·

Ek dink ek moet eerder COPE oorweeg. Die DA is vir my al n geruime tyd meer soos n ‘ANC-lite’ as enige iets anders.

Al ·

Ek het baie respek vir Mnr Lekota. Die land behoort aan alle rassegroepe, en die wat suksesvol boer moet daarmee voortgaan.
Ek is siek en sat vir ANC lede soos Pandor en die EFF wat onverbloemde rassistiese en haat uitsprake maak.

sienie ·

Hoekom gee die regering nie van hulle gronde vir die mense vir wie hulle grond wil gee om op te boer nie, en los die boere se grond uit,daar is groot stukke oop velde wat aan die regering behoort, so wat is hulle probleem.

Hans ·

Hul soek nie die grond nie hul soek net die geld. Te lui om en onkundig om iets van niets af te doen, gewoond om net te werk en nie die verlies self te dra nie en net te vra vir meer en meer. Bakhand staan in doe hoogste graad. Sekerlik ook waar hul slegs iets in hoërgraad sal hê.

Stella Berning ·

Mnr Ramaphosa is n sakeman. Baie boere het n plaas van absoluut niks af opgebou tot n boerdery wat die land help kos gee. Die regte van die boere volgens grondwet word nie na gekyk nie. Mnr Ramaphosa moet maar eers gaan kyk hoeveel winsgewende belagrike eens baie bekende boerderye het onder gegaan na onteiening. Mnr lekota is reg. Goed so . Ek hoop hy bly staan teen onreg. Kom ons kyk. Mnr Ramaphosa is n gerespekteerde man . Vir nou

kieser ·

Die DA is onder een sambreel met die EFF – en ek hoop dat die mense dit sal besef. Haal julle oogklappe af.
Ek is al laaaaaankal klaar met hulle.

Bekommerd ·

Lekota is reg. Die Lipton teemaatskappy is BEE weggegeee. En daar is hulle bankrot. 600 sonder werk!!

christa ·

hoor wie praat van gevangene op Robbeneiland. Ek weet van Baie meer mense wat in Robbeneiland was en sit in die regering se top poste. Dankie Lakota dat jy kan insien dat die regering net wil maak en breek soos dit hulle pas.

Eish ·

Grondhervorming gaan die paddachef se doodsteek wees. Waar hy kundigheid gaan uitkrap om lewensvatbaar te boer, weet net hy.
Voedselsekerheid vir 57miljoen mense weeg baie swaarder as enige beweerde onreg van die verlede.

Fanie ·

Mnr Lacota met mense soos u kan ons land voorentoe gaan en dankie dat daar darem nog mense is wat verstand het en die regte ding probeer doen

christa ·

Ons moet mooi luister na al die kommentaar van die verskillende partye. Dit sal ons duidelikheid gee vir wie om te stem.

STEM SAAM ·

Woorde van ‘n wyse vrou.
Ons het almal NP gestem & toe DA gestem, sonder om aandagtig te luister na die retoriek.
Moenie dieselfde fout tydens 2019 se verkiesing maak nie.

Mnr Lekota staan sy man, ten spyte van die uitjouery & marginalisering . . . RESPEK

Grace Mugabe ·

Mnr Lekota – van nou af het jy my stem. As jy nou kan begin om die ANC ondersteuners te oortuig hulle het nog ‘n book uit dieselfde trop wat net dieselfde leeg geweide stuk grond nog meer wil stroop, dan sal die ANC ook verdwyn.

kieser ·

Lekota se hande is skoon en ek is trots op hom.
Hy het ook die regte vrae gevra – nog net plaasaanvalle moet dekking ook kry.
Niemand het daaroor gepraat nie.
Sterkte vorentoe Mnr Lekota!! Ek wens U kry meer sitplekke in die parlement.

Susanna ·

Ek wil weet of daar iemand is wat vir my kan sê hoe dit gaan werk sonder vergoeding. Ons almal weet dat boere en enige besigheid krediteure het wat hulle moet betaal. Gaan hulle die grond saam met die skuld op die eindom en toerusting vir die “nuwe eienaar” gee? Of gaan hulle verwag die boere moet nogsteeds skuld afbetaal op iets wat hy nie meer het nie? As ek ‘n boer was, en ek nou goed gaan skuld maak. Hoe gaan die banke die grappie oorleef?

Alicia ·

Ek wil net weet…. My plaas behoort nog aan die bank want ek skuld nog miljoene. Wie gaan die verband afbetaal as hulle my grond vat?

Of het hulle gedink dat hulle net die ouens se grond vat wat skuldvry is of hoe reken hulle om die bepalings te doen.

Frank Ollewagen ·

Ek kry al meer respek vir Mnr.Terror Lekota.Wat hy se maak sin.Baie dankie en gaan so voort.

Jannie ·

Interresant om te sien hoe nog ń politieke figuur mense om die bos lei om stemme te werf deur te sê wat hulle wil hoor.
Stem vir hom ons leer mos nie.

Johan ·

Baie dankie aan Meneer Lekota – lekker om darem te hoor daar is iemand wat nugter en objektief dink.

Rakende grondbesit en -onteiening. Wat gaan die kriteria in elk geval wees? Slegs grond wat tans deur blankes besit word? Slegs grond wat NA 1913 van nie-blankes weggevat is? Moet die grond vrugbaar wees? Moes dit met geweld weggevat gewees het? Watter jaartal gaan ‘n rol speel? 1652, laat 1700’s, 1832, 1913, 1948 ?? Ens. ens. ens.

Wat van die grond wat deur Zoeloes in die vroee 1800’s verower is (mfecane wat gepaard gegaan het met GEWELD)??? Wat van die feit dat daar tot en met 1830’s geen swartes (Zulus, Xhosas, ens) in die Wes-Kaap was nie? Blankes was daar VOOR enige swartes. Ja, die San en Koi was weer daar voor die blankes. Dit raak meer kompleks as wat die Malemas en Pandors regtig besef. Hoeveel blankes in die Kaap moes plek maak vir swartes?

Grond was al telkemale die rede tot ‘n oorlog gewees. Dit is onlosbaar deel van die geskiedenis (ongelukkig) en sal waarskynlik nog so wees vir generasies (bv. Palestyne en Israel met Jerusalem).

Laastens is dit eintlik snaaks dat MENIGTE swartes wat op die “opperhoof” se stamgrond woon, nie enige reg het om die grond te besit nie (geen titelakte nie). Maar dan is dit mos aanvaarbaar?

Daar moet baie nugter hieroor gepraat word – dinge kan dalk net lelik raak.

lizl ·

Ek het gisteraand skaam gekry. Skaam omdat `n swart man moet veg vir ons regte, en niemand, maar niemand staan hom by ! Hy was uitgelag en uitgejou en tog het hy aangehou. Op `n stadium kon ek sien hy het amper sy humeur verloor met die mense. En ons agbare president het net sy lekker kry grinnik gegee. Ek sal my vote vir COPE gee.

Pieter Bester ·

AHA die man sal maak dat ek vir hom en COPE sal stem.

Wit Afrikaan ·

Respek – ek stem saam, nie 1 van die vorige presidente het nog ooit iets gese wat my as blanke afrikaner te laat tuis voel nie. Dankie Mnr Lekota, u vaar beter as die DA. Mense wat nog vir die DA stem maak oop julle oe en stem Cope. Die meeste boere het hope skuld, hoe op aarde gaan Ramaphosa hiermee handel. Hy is uiters onverantwoordelik met die uitspraak – onteiening sonder vergoeding en hoe vat jy iemand se eiendom op ‘n verantwoordelike wyse. Hy praat snert en speel met vuur, selfs al probeer hy die ANC kiesers net bluf. Liewe hemel hoe het hy gekom waar hy vandag is, as hy so onnosel is. Dit laat mens wonder waar sy skatte vandaan kom. Sy more en aand praatjies stem nie ooreen nie en hy weerspreek hom self met hierdie saak.

Ina botha ·

Dit is baie interesant om al die kommentaar te lees. Vir diegene wat se mense laat hulle maar net weer deur mooi woorde bluf wil ek vra, is dit nie maar ons Jan Alleman se manier om in hierdie politieke spel vir onsself te probeer uitmaak wie gaan die beste na ons spesifieke behoeftes omsien nie? Dan stem ek volmondig saam met diegene wat voel Mnr. Lekote verdien ons respek en ondersteuning. Asook diegene wat so half hul vertroue in die DA verloor het. Ek weet die Vryheids Front is ook nog daar, maar almal van ons weet dat al die splinter groepe nie n beduidende verskil teen die ANC is nie, en dalk het JZ net betyds bedank dat hulle van hul verlore aansien gaan terug wen. So die res wat nie die ANC ondersteun nie sal moet mooi lees en luister na almal in die politieke arena om nie emosioneel te stem nie, maar deurdag!

Kommentaar ·

Politiek in SA sal politiek bly. Die DA is lank genoeg in die spel om agter te kom dat die minoriteit wit stemme nie die wedloop sal kan wen nie. Dus probeer hulle ander tegnieke om addisionele swart stemme te verwerf, hoe dan makliker as om die grond kwessie voor die deur te gooi om n paar addisionele swart stemme te werf. Met n soortgelyke tegniek probeer Cope meer stemme van wittes te verwerf. Op die stadium maak dit nie vir my sin om die afgelope paar jaar se sukses by die DA te verruil vir n Cope stem bloot as gevolg van n polities korrekte stelling op die regte tyd nie. Dit val natuurlik so reg in die ANC se skoot, die dat die wittes se stemme meer gediversifiseer sal word tussen die twee partye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.