‘Misdaad dryf kundiges van plase af’

Mosiuoa Lekota, voormalige minister van verdediging en leier van COPE. Foto Collin Scott

Mosioua Lekota, leier van Cope, sê Suid-Afrika het nie die regte leierskap om die land vorentoe te neem om ’n beter toekoms vir almal te help bewerkstellig nie.

Hy het by AfriForum en die Solidariteit Beweging se veiligheidsberaad in Pretoria gepraat oor onder meer die uitwerking van misdaad in landelike gebiede.

Lekota het ’n donker prentjie geskep van hoe die verslegtende landboutoestande en situasies op plase Suid-Afrika stelselmatig afwaarts druk en tot erge armoede en werkloosheid aanleiding gee.

Lekota het ook na die politieke situasie in die land verwys en gesê daar is nie genoeg erkenning vir wat sekere leiers soos FW de Klerk gedoen het om ’n vreedsame oorgang te bewerkstellig nie. Hy het na die destydse onderhandelings by Kodesa verwys en gesê daar is ooreengekom dat ’n land vir wit en swart geskep moet word. “Wat sê Zuma vandag vir ons met wat hy besig is om te doen en te sê? Wie sê hy wie se land is dit hierdie?”

Lekota het gesê kinders, ongeag hul ras, moet geleer word dat die land aan almal behoort wat hier woon.

Hy het gesê Suid-Afrika het net ’n toekoms as eerlike mans en vroue as leiers ingestem word. Hy het korrupsie deur pres. Jacob Zuma en die regering sterk veroordeel. “Ons sal hierteen moet opstaan, want ons het nêrens anders om heen te gaan nie. Ons moet weer trots word en ’n groot nasie bou.”

Prof. Rudolph Zinn, dosent in polisiëring en forensiese ondersoeke by Unisa. Foto: Collin Scott

Prof. Rudolph Zinn, dosent in polisiëring en forensiese ondersoeke by Unisa, het gepraat oor die noodsaaklikheid dat misdaadinligting uitgeruil moet word in die stryd teen misdaad. Hy het ook die belangrikheid beklemtoon dat gemeenskappe en strukture en die polisie moet saamwerk.

Die kwessie van buurtwagte en patrollies is ook uitgewys as ’n belangrike faktor in die stryd teen misdaad. “Patrollies is baie belangrik. Maar nog belangriker is wanneer en waar dit gedoen word en dat dit nie volgens ’n vaste patroon geskied nie.”

Zinn het gesê misdadigers gebruik ook intelligensie om hul aanvalle te beplan. In navorsing wat onder misdadigers gedoen is, het hulle aangedui dat hulle afgeskrik word wanneer meer as een hulpmiddel ingespan word. Dit sluit in waghonde, veiligheidsheinings, alarmstelsels, gewapendereaksie-eenhede en veiligheidsligte.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane by AfriForum en die Solidariteit Beweging se veiligheidsberaad in Pretoria (6 Mei 2017). Foto: Collin Scott

Zinn het gesê mense moet besef dat hulle die grootste kans het om in hul woongebiede en huise slagoffers van misdaad te word en daarom moet hulle soveel veiligheidsmaatreëls moontlik gereed hê.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het in sy spreekbeurt  gesê die eerste ding wat hy besef het toe die DA in beheer gekom het, is dat beleggings nie na die stad gelok kan word as veiligheid nie gewaarborg kan word nie.

Hy het gesê daar is onmiddellik met stappe begin om die metropolisie op te lei sodat hulle kan help om misdaad daadwerklik af te bring. Welslae is reeds behaal en beslag is op dwelms ter waarde van meer as R2 miljoen in Pretoria gelê. “Ons is besig om die strate skoon te maak en ons weet beleggers sal kom as dit skoon en veilig is.”

Msimanga het gesê Suid-Afrikaners sal alles moontlik moet doen om die land reg te ruk, omdat hulle geen ander plek het om heen te gaan nie. “Ons mag nie misluk nie. As ons provinsie suksesvol is, sal die land suksesvol wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

50 Kommentare

jongste oudste gewildste
Will i am

Veiligheid kos geld. Kan ons al die alarmstelsels,elektriese drade en veiligheids heinings wat ons so opsit van die belasting eis. Dit is mos die owerheid se skuld dat ons nie veilig is nie

Michael

Dis wyse woorde van twee leiers wat meer mag moet kry deur die kiesers van Suid Afrika hopenlik na die 2019 verkiesing kan hierdie land weer gesond word..

Groenie

Ek stem saam met Lekota behalwe vir een ding:De Klerk.Ek wil sy naam en sy meeloper se naam nie hoor of sien nie.

Monica Grobbelaar

Wyse woorde. Bring net die DOIDSTRAF weer terug. Plaasboere word vermoor en niks word gedoen nie terwyl n 16 jarige seun van n bakkie afval en TOE breek die hel los.

AL

Baie wyse woorde van albei sprekers. Ek het onlangs ñ artikel gelees dat beleggers nie noodwendig in ñ land belê nie, maar wel in stede. Die DA doen ñ uitstekende werk om die stede wat onder die ANC se beheer was skoon te maak. Lekota het ek ook baie respek, want al hoe ons die land gaan suksesvol regeer is as die kriminele uitgewerk word uit die regering. Dis hulle wat wetteloosheid en kriminaliteit soos kanker deur ñ nasie laat trek. Saam kan ons werk om werkloosheid drasties aan te spreek, vaardigheid onder die jeug te bewerkstellig en daardeur armoede… Lees meer »