‘Misdaad dryf kundiges van plase af’

Mosiuoa Lekota, voormalige minister van verdediging en leier van COPE. Foto Collin Scott

Mosioua Lekota, leier van Cope, sê Suid-Afrika het nie die regte leierskap om die land vorentoe te neem om ’n beter toekoms vir almal te help bewerkstellig nie.

Hy het by AfriForum en die Solidariteit Beweging se veiligheidsberaad in Pretoria gepraat oor onder meer die uitwerking van misdaad in landelike gebiede.

Lekota het ’n donker prentjie geskep van hoe die verslegtende landboutoestande en situasies op plase Suid-Afrika stelselmatig afwaarts druk en tot erge armoede en werkloosheid aanleiding gee.

Lekota het ook na die politieke situasie in die land verwys en gesê daar is nie genoeg erkenning vir wat sekere leiers soos FW de Klerk gedoen het om ’n vreedsame oorgang te bewerkstellig nie. Hy het na die destydse onderhandelings by Kodesa verwys en gesê daar is ooreengekom dat ’n land vir wit en swart geskep moet word. “Wat sê Zuma vandag vir ons met wat hy besig is om te doen en te sê? Wie sê hy wie se land is dit hierdie?”

Lekota het gesê kinders, ongeag hul ras, moet geleer word dat die land aan almal behoort wat hier woon.

Hy het gesê Suid-Afrika het net ’n toekoms as eerlike mans en vroue as leiers ingestem word. Hy het korrupsie deur pres. Jacob Zuma en die regering sterk veroordeel. “Ons sal hierteen moet opstaan, want ons het nêrens anders om heen te gaan nie. Ons moet weer trots word en ’n groot nasie bou.”

Prof. Rudolph Zinn, dosent in polisiëring en forensiese ondersoeke by Unisa. Foto: Collin Scott

Prof. Rudolph Zinn, dosent in polisiëring en forensiese ondersoeke by Unisa, het gepraat oor die noodsaaklikheid dat misdaadinligting uitgeruil moet word in die stryd teen misdaad. Hy het ook die belangrikheid beklemtoon dat gemeenskappe en strukture en die polisie moet saamwerk.

Die kwessie van buurtwagte en patrollies is ook uitgewys as ’n belangrike faktor in die stryd teen misdaad. “Patrollies is baie belangrik. Maar nog belangriker is wanneer en waar dit gedoen word en dat dit nie volgens ’n vaste patroon geskied nie.”

Zinn het gesê misdadigers gebruik ook intelligensie om hul aanvalle te beplan. In navorsing wat onder misdadigers gedoen is, het hulle aangedui dat hulle afgeskrik word wanneer meer as een hulpmiddel ingespan word. Dit sluit in waghonde, veiligheidsheinings, alarmstelsels, gewapendereaksie-eenhede en veiligheidsligte.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane by AfriForum en die Solidariteit Beweging se veiligheidsberaad in Pretoria (6 Mei 2017). Foto: Collin Scott

Zinn het gesê mense moet besef dat hulle die grootste kans het om in hul woongebiede en huise slagoffers van misdaad te word en daarom moet hulle soveel veiligheidsmaatreëls moontlik gereed hê.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het in sy spreekbeurt  gesê die eerste ding wat hy besef het toe die DA in beheer gekom het, is dat beleggings nie na die stad gelok kan word as veiligheid nie gewaarborg kan word nie.

Hy het gesê daar is onmiddellik met stappe begin om die metropolisie op te lei sodat hulle kan help om misdaad daadwerklik af te bring. Welslae is reeds behaal en beslag is op dwelms ter waarde van meer as R2 miljoen in Pretoria gelê. “Ons is besig om die strate skoon te maak en ons weet beleggers sal kom as dit skoon en veilig is.”

Msimanga het gesê Suid-Afrikaners sal alles moontlik moet doen om die land reg te ruk, omdat hulle geen ander plek het om heen te gaan nie. “Ons mag nie misluk nie. As ons provinsie suksesvol is, sal die land suksesvol wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Will i am ·

Veiligheid kos geld. Kan ons al die alarmstelsels,elektriese drade en veiligheids heinings wat ons so opsit van die belasting eis. Dit is mos die owerheid se skuld dat ons nie veilig is nie

snoefie ·

weereens klink lekota kaalvuis in. Matthew Phoza het nadat hy die hofsaak teen David mabuza gewen het gesê hy is nou reg om weer tot die politiek toe te tree. SOU DIE ANC HOM VRA. Lyk if due stryd om die leierstryd interessant kan word.

Frikkie ·

Enige persoon wat onlangs aansoek gedoen het vir vuurwapen permitte en lisensies sal weet dat AL jou veiligheidsmaatreëls op jou eiendom verklaar moet word sodoende die owerhede te oortuig dat jou eiendom veilig genoeg is om n’ vuurwapen te huisves….ek moet sê, om al my maatreëls so te moet verklaar laat my “exposed” voel want WIE gaan my inligting kry en wat gaan hulle daarmee maak?

Michael ·

Dis wyse woorde van twee leiers wat meer mag moet kry deur die kiesers van Suid Afrika hopenlik na die 2019 verkiesing kan hierdie land weer gesond word..

Groenie ·

Ek stem saam met Lekota behalwe vir een ding:De Klerk.Ek wil sy naam en sy meeloper se naam nie hoor of sien nie.

Oudste ·

De Klerk en wat jy noem sy meeloper, is nie die varke in die verhaal nie. Ons land was BANKROT ge-sanksie en die meeste geld in die staatskas was spandeer op die instandhouding van die weermag om op die grens die insypelaars hok te slaan en op die polisie om binnelandse veiligheid, vir al die burgers van SA te verseker. Die bietjie belasting betalers kon die land nie verder onderhou en red van finansiele ondergang nie. Dit was of onderhandeling of totale bankrotskap met burgeroorlog, waar daar geen wenners is nie maar net vernieteging. Gaan bietjie terug in die geskiedenis en kyk wat het in Kenia gebeur tydens die Mau Mau opstande. Ons was daardie anargie gespaar. Kom ons bid vir hulle in die regering wat bereid is om die vlaag van korrupsie, nepotisme, diefstal, rassisme en kriminaliteit aan te spreek en bid dat Skepper Vader die, wat dit nie wil doen nie, sal verwyder, om plek te maak vir hulle wat dit wil doen. Shalom.

Ken2 ·

Ons was daardie tyd steeds baie sterker en in baie minder gevaar as nou. De k het ons maar net oorgelaat sonder sterk onderhandelings, ons bet vir die wolwe gegooi.

Michael ·

Ek stem saam de klerk was soos meeste Afrikaners net aan homself gedink as hy die oorgawe beter beplan het en mense opgelei het in verskillende poste en departemente was sa vandag ‘n beter plek my opinie is de klerk moet net so verantwoordelik gehou as Zuma

KarenG ·

Oudste, ek stem volkome saam. Mense is baie vinnig om De Klerk te wil blameer vir als. My vraag is gewoonlik, wat moes hy anders gedoen het? Dink mense werklik dinge sou net rustig voortgegaan het soos altyd?

Derek ·

Oudste, stem 100% saam met jou. Ons sou dood in alle opsigte gewees het as hy nie die verandering te weeg gebring het nie.

Cherokee ·

Groenie is nie so groen as wat voorgegee word nie. Oudste, nou dat jy mooistories met gekleurde strikkies aan vertel, pop daar skielik ‘n hele klomp ander kommentators op wat met jou saamstem maar tot nou toe tjoepstil gebly het omdat hulle verguising gevrees het. Jou noemnaam is van pas want De Klerk & kie het jul oudstes se verknogtheid aan tradisie (lees NP stem) misbruik. Julle soek nou verskoning vir wat julle gedoen het. Julle probeer julself onthef.

Monica Grobbelaar ·

Wyse woorde. Bring net die DOIDSTRAF weer terug. Plaasboere word vermoor en niks word gedoen nie terwyl n 16 jarige seun van n bakkie afval en TOE breek die hel los.

AL ·

Baie wyse woorde van albei sprekers. Ek het onlangs ñ artikel gelees dat beleggers nie noodwendig in ñ land belê nie, maar wel in stede. Die DA doen ñ uitstekende werk om die stede wat onder die ANC se beheer was skoon te maak.
Lekota het ek ook baie respek, want al hoe ons die land gaan suksesvol regeer is as die kriminele uitgewerk word uit die regering. Dis hulle wat wetteloosheid en kriminaliteit soos kanker deur ñ nasie laat trek.
Saam kan ons werk om werkloosheid drasties aan te spreek, vaardigheid onder die jeug te bewerkstellig en daardeur armoede te verminder. Dan sal die jeug nie so maklik beïnvloedbaar wees vir populistiese leiers soos Malem, ekskuus Mini-Zuma nie.
Die strafregstelsel moet swaarder strawwe oplê vir geweldsmisdade.

AL ·

En dwelmhandelaars wie moordenaars is van ons jeug moet lewenslank tronk toe, al is dit hul eerste oortreding.
Dwelmhandelaars vererger die misdaadsituasie in die land.

Thinus ·

Maroela ek sal graag die ou wil ontmoet wat besluit het dit is n goeie idee om een massiewe advertensie te he wat soos rooi n vlag oor julle web blad rol, glad nie verwyder kan word nie en wat daar bly totdat dit op sy eie tyd weggaan!?! Ek gebruik juis maroela vir my nuus oordat ek nie van elke hoek en kant af bespring word deur een na die ander advertensie van maatskappye wat hulle produte in my keelgat wil afdruk nie maar lyk my daai dae is nou ook verby en vervang met “kyk wat ons se jy moet kyk voor jy sien wat jy gekom het voor”. En dan moet dit nogal van n haatlike instansie kom soos absa bank…

Mariné Lourens ·

Dagsê Thinus

Dankie vir jou terugvoer. Maatskappye wat op Maroela Media adverteer, soos Absa, maak dit vir ons moontlik om die nuus gratis aan jou te bring.
Wees gerus dat die Absa-vlag darem nie daagliks gaan wapper nie, slegs een maal per week vir die volgende drie tot vier weke.

Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela!

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

Ken2 ·

Advertensies is noodsaaklik, iemand moet betaal. Wat ek graag sou wou sien is dat ons eie entrepreneurs meer hier adverteer. Dit is nie net inkomste vir Maroela nie maar ook inkomste vir ons eie werkskeppers.

Ken2 ·

Ek dink hierdie platform kan vir advertensies vir ons eie entrepreneurs gebruik word ook. Ons moet mekaar meer ondersteun, ekonomiese netwerke vorm.

Dankie ·

Dankie,julle gee om! Baie sterkte en gee inligting vir ons deur sodat ons onsself kan verdedig en mekaar kan help.

Sputnik ·

Viva Oudste! Baie mooi gestel, mens wens net dat meer mense dit wil insien en verstaan.

Johannes van Staden ·

Baia maklik ….kyk bv. na Botswana het geen moorde nie ….. hulle het die doodstraf ….problem solved in one day ! !

AL ·

Waarom die gloeilamp nie aangaan in ons regering se kop nie, kan ek nie verstaan nie?! Net soos Eskom, die ligte flikker net-net!

apie ·

ons sal graag hoor wat jy sê as jy onskuldig die doodstraf kry. Dit is n werklikheid in n land waar ook die polisie korrup is, dossiere verdwyn en getuies vermoor word.

Neels ·

Dit is darem ‘n bietjie flou van Prof. Zinn. Regtig? Wil hy hê die berugte Metro Polisie moet opgelei om kriminele vas te trek? Die Metro Polisie wat bekend is dat hul omkoopgeld op geredelike wyse ontvang om ‘n misdryf “te laat verdwyn”?
Wat van die GPF? Wat van boere-aksies (op plase/plotte). Privaatsektor-geöriënteerde spanne/groepe funksioneer baie meer doeltreffend! Inteendeel die kommando-stelsel was nog een van die bestes in hierdie land. Kry die publiek betrokke Prof. Zinn.
En al die veiligheids-maatreëls wat hy voorstel, werk lankal nie meer doeltreffend nie. Unieke (eie ontwerpte) patente en/of variasies van standaard produkte werk baie beter.
Groot sekuriteits-maatskappy maak hulself deesdae skuldig aan inligting-lekkasie.
Jammer Prof., jou raad klink vir my maar effe afgewater.

Ken2 ·

Neels, ja ek het ook n gly gekry in metropolisie maar hou in gedagte dat hulle onder die ANC was en nou onder die DA, dit het klaar n baie groot verskil in n baie kort tyd gemaak. Die prof sê self ook dat n verskeidenheid tegnieke belangrik is en so ook om tegnologie te gebruik, so jul is albei reg.

Afrikaanse Knaap ·

Neels as jy daar was, en na die hele prentjie geluister het, sou jy sy sterk argument verstaan. Prof Zin het feite deur gegee. Navorsing. Werklikhede. Nie opinies oor opinies nie.
Al die organisies wat jy noem, GPF, kommando’s, ens, is aangespreek.
Ons kort ‘n sterk metro polisie, ‘n polisie, en burger organisasies wat met mekaar saamwerk. Inklusief.

Ken2 ·

Ek voel ons moet baie meer van die nuutste tegnologie gebruik maak vir smart alarms, drone patrollies, lae koste kameras ens.

Robert ·

Oudste, waarvan praat jy? Luister wat sê Dawie Roodt wie betaal die grootste gedeelte vd belasting. Die staat maak geld uit misdaad. Een vb is veiligheid. Hoeveel belasting geld kry hulle uit die mense wat eie sekuriteit moet kry, wat deur FW uitverkoop is? (Tot die polisie kry veiligheidsmaatskappye pn hulle op te pas) Só is daar baie dinge wat uitvloei uit die ” crime pays” feit. Nee, ek stem saam met Groenie.

abc ·

ai tog.het julle vergret hy staan bekend as terror lekota,wolf in skaap klere.so ook vir almal wat fw hulle se planne van daai tyd goedpraat,julle is n rat voor die oe gedraai,julle liberales het geglo alles sal uitwerk, en wat nou,is julle trots daarop

Vryheid ·

Marula wat het die berig te doen gehad met” misdaad dryf kundiges van plase”

BAREND ·

oudste jy praat regte twak ,die ergste kom nog ,dit is mense soos jy wat ons land het waar hy nou is jy was seker n JA STEMMER !!!!!!!

Oudste ·

Barend, Robert, Cherokee , Recce en Ken2, ek het respek vir julle opinies en ek was ‘n ja stemmer. Doen jullself egter ‘n guns en gaan doen navorsing rondom die geskiedenis vir die periode van toepassing, laat 70’s tot vroee 90″s. net vir interessantheid, Prima uitleenkoers, onder andere, was vir ‘n paar jaar gedurende hierdie periode 25% en daar was maar geen buitelandse beleggings nie. Ongelukkig kan ons nie almal in die toekoms in sien nie, soos julle blykbaar kan doen nie. Daar is ‘n ou Ingelse gesegde wat se: Hindsight is the only exact science en Warren Buffet: “The view through the rearview mirror is allways clearer than through the windscreen.” Mooi loop almal.

N Lourens Reitz ·

Dit is die einste Lekota wat die kommando stelsel afgeskaf het en beloof het daar sal ander veiligheids maatreels in plek daarvan kom??Nou loop Soldariteit en Afriforum met hom rond oor veiligheid???

Wessel ·

As jy daar was by die beraad sou jy sy verduideliking gehoor het oor die redes daarvoor

Afrikaanse Knaap ·

Wessel is reg. Meneer Lekota het verduidelik waarom hy dit gedoen het, en te kenne gegee dat die ANC deur kriminele gekaap is. Meneer Lekota is ‘n vennoot en lewer ‘n sterk positiewe boodskap. Hy is tans die enigste sterk geloofwaardige spreekbuis teen die ANC.

Ken2 ·

Nou toe n lourens, kom jy vorendag met iets beters….of is jy net een van daardie wat op kantlyn staan en kritiek uitdeel?

John ·

De Klerk kan nie namens ons praat nie. Hy moes soos Zuma nooit die land se president geword het nie. As regsgeleerde moes hy geweet het dat ‘n kontrak net soveel werd is as die papier waarop dit geskryf is. Die wit onderhandelaars het Afrika se psige nie toe verstaan nie en verstaan dit ook nie nou nie. Om ewe astrant nou nog verder aan samesprekinge te wil deelneem. Om in hoofstuk 2 weer die Afrikaners op hul kniee te wil dwing? Jammer Oom… jy het jou kans verspeel… en om nou in jou oudste pak en 1970-hempie op te daag… om wie te beindruk?

Boswyk ·

1. Suid Afrika het n misdaad ekonomie. 2. Dit amptelike regerings beleid om die begeerte om misdaad te pleeg te bevorder.

Pieter ·

Die Grens is doe grootste probleem, niemand praat oor die Grens en die immigrante wat nie hier behoort nie, volgens my as die grens nie opgeknap word nie en n behoorlike fynkamping van die grens beplan word nie, gaan die rassespraak niks help nie, bewaar die grens poste eerste, grense staan oop vandag en niemand praat daaroor of maak n plan nie, ek dink ons het ook n WALL nodig

Blits ·

Hehe ek stem saam met jou, daar darem maar baie buite landers in sa, almal het besighede in ons mense krimpeer, van die klomp uit en laat ons mense wit en swart weer besighede begin dan sal dit al klaar 50% verbeter

Blits ·

Daar is nou mar mense wat nou maar net nie sal wakker skrik nie al bars n band lanks hom, om FW en PW te beskerm en hulle bedieglike wyse van 1994 te wil goedpraat dink ek jy is op drugs, PW staan vir Pasela wena en FW staan vir Farwell whites, die wat destyds nee gestem het het gesê hoe dinge vandag is is hoe dit gaan wees maar die ja stemmers het ons uit gelag en gese ons is mal en behoort in die malhuis en dat ons nie weet waarvan ons praat nie, Hoeveel van die ANC se bomplanters en moordenaars is na 1994 tronk toe en hoeveel van die so genaamde “Apartheid” era mense is na 94 vir die wolwe gegooi, Mense word wakker, ons is uit verkoop O en net vir die wat nie weet nie daar is in geen taal behalwe afrikaans n woord vir APARTHEID nie veral nie n woord wat dit beskryf nie, daar is baie ou swart mense wat se hulle lewe was beter in “Apartheid” ons ekonomie was sterker tenspyte van sanksies, nou het ons nie sankses nie maar ons ekonomie is in die hel in, GO FIGURE

Andre ·

Ek kannie glo dat so baie persone nog steeds vashaak by FW en PW se doen en late nie.

Die “vasgehaaktes” het nog NIKS nuuts geleer of AANGEPAS by die veranderende SA (en die -wêreld) nie.

Hulle braak (nuttelose) gal en maak geen praktiese voorstelle vir die hantering van HUIDIGE probleme nie.

Soos Rip van Winkel wat 100 jaar geslaap het … is die “vasgehaaktes” totaal uit pas met die huidige realiteite.

Komaan … ! … rol op jou moue en maak ‘n verskil … daar waar jy bly!

Maak SA ‘n beter plek vir almal!

Groenie ·

De Klerk en sy meeloper sal in die geskiedenis boeke verewig word as die grootste verraaiers van SA. Hulle het nie die insig gehad om te weet wat hulle weg “negotiate” nie. Meyer is vandag n lid van die anc.Hier gaan nog groter probleme kom as wat gedink word.Wag en sien.

Cherokee ·

Groenie, ek het ‘n opvolg gedoen op jou skrywe hoër op maar dit moet nog by die sensorraad verby. Daar waar ‘Oudste’ jou wou weerspreek. Ek kan dit nie glo dat Barend sê Oudste was *seker* ‘n ja-stemmer, nie. ‘…. skud net my kop somtyds wanneer ek die kommentare lees. Jy sê Meyer is lid van die ANC. Het nie geweet nie wan hy interesseer my nie maar ek is nie verbaas nie. Natuurlik is van Schalkwyk ook daar. En waarskynlik stem De Klerk ook vir hulle. Ek wonder soort van oor Oudste en diè se meelopers!

steve ·

OUdste dink jou redenasie is verdraai ja as daar n burger oorlog was sou daar daai tyd baie meer wittes gewees het om die trorisste te beveg nou is ons maar min en baie ont wapen en die regering en die eff ryf al wat swart en oningelig is om ons te vermoor en n burger oorlog te begin hoe dink jy is ons kanse nou???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.