Lekota se politieke atoombom teen Ramaphosa

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Skermskoot uit ‘n regstreekse uitsending)

Die leier van Cope, Mosiuoa Lekota, het vanmiddag ‘n politieke atoombom op pres. Cyril Ramaphosa losgelaat toe hy beweer het Ramaphosa het sy kamerade in die bevrydingstryd aan die destydse veiligheidspolisie verraai sodat hy vrygelaat kon word.

Die Nasionale Vergadering was vanmiddag in beroering soos lanklaas, en die EFF het Lekota al hul debatstyd aangebied om voort te gaan om Ramaphosa se aansien potensieel die hardste klap te gee wat ‘n dienende president in Suid-Afrika al ooit in die parlement gekry het.

Alle oë sal Donderdagmiddag om twee-uur op Ramaphosa wees om te sien hoe hy hierdie regstreekse aanslag op sy integriteit beantwoord.

Volgens Lekota is hy en Ramaphosa op dieselfde tyd in die vroeë 1970’s, as navolgers van die Swart Bewussynsleier Steve Biko, deur die veiligheidspolisie aangehou. Lekota beweer tydens die aanhouding het Ramaphosa aan die veiligheidspolisie se druk toegegee en aan die veiligheidspolisie gesê dat Lekota-hulle sy kop vol kommunistiese idees gestop het – wat destyds teen die wet sou wees.

“So het jy verseker ons word op Robbeneiland aangehou – terwyl jy huis toe gegaan het,” het Lekota gesê terwyl hy Ramaphosa in die oog gekyk het. “So, geluk dat jy ʼn miljardêr geword het. Maar hou jou miljarde vir jouself. Met jou wil ons niks te doen hê nie.”

Die nagevolge was dat die DA en EFF Lekota staande toegejuig het, en die EFF (wat gewoonlik geen goeie woord vir Lekota het nie) gedreunsing het: “Terror! Terror!”

Die EFF se onderleier, Floyd Shivambu, het in sy spreekbeurt vir Ramaphosa uitgedaag om hoofregter Mogoeng Mogoeng toe te laat om ‘n geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel sodat Lekota se bewerings, en die band tussen Ramaphosa en die veiligheidspolisie ondersoek kan word – tensy hy iets het om weg te steek.

Shivambu het ook beweer dat die SAKP in die vroeë 1990’s Ramaphosa se aansoek om lidmaatskap afgekeur het, juis op grond van inligting oor sy kontak met die veiligheidspolisie.

En die ANC het dadelik teruggeslaan. Die minister van vroue in die presidensie, Bathabile Dlamini, het beweer dat Lekota tydens die bevrydingstryd ‘n slag van ‘n bus afgeklim het kort voor die insittendes, wat sy bevrydingstryd-kamerade ingesluit het, deur die apartheidstaat gearresteer is.

Die waarnemende KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, het Lekota daaraan herinner dat hy enkele jare gelede ‘n boete van R11 000 moes betaal nadat hy nie sy belange in wynboubedrywighede korrek verklaar het nie.

Maar niemand in die ANC het Lekota se stellings probeer weerlê nie, en Ramaphosa het gelyk of ‘n trein hom getrap het, terwyl sy hoofsweep, Jackson Mthembu, langs hom gesit en hom op die oog af moed ingepraat het.

Boonop het die DA-LP Solly Malatsi onthul dat Ramaphosa weier om sy ooreenkomste met die maatskappy Bosassa openbaar te maak soos die DA-leier, Mmusi Maimane, hom versoek het.

Intussen het ander leiers van kleiner politieke partye ook hul toesprake gelewer.

Namens die Vryheidsfront Plus het die partyleier, dr. Pieter Groenewald, vir Ramaphosa daaraan herinner dat dit veel help hy beweer die Zuma-bewind was nege verlore jare – hy was Zuma se adjunk en meeloper.

Groenewald het gesê Ramaphosa moet onteiening sonder vergoeding dadelik stopsit. Hy het bygevoeg Suid-Afrika het oorgenoeg goeie ingenieurs om die gemors met swak bouwerk van kragstasies reg te stel, maar hulle is wit en verlaat die land weens wat Groenewald “die verswarting van die ekonomie” noem.

Groenewald het ook uitgewys dat Ramaphosa vele betuigings van medelye gedoen het, maar die slagoffers van die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark uitgelaat het.

Hy het saamgestem met die minister van finansies, Tito Mboweni, dat dit ‘n fout is om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Pretoria uit te faseer, en onderneem dat die VF Plus die balans in die plaaslike politiek sal herstel.

Eerw. Kenneth Meshoe van die ACDP het gesê Ramaphosa was sedert 2014 medeverantwoordelik vir Eskom en is dus aandadig aan die kragvoorsiener se verval.

Die debat oor die staatsrede loop Donderdag ten einde met Ramaphosa se repliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

164 Kommentare

Snowball ·

Terror jou doring!! Net toe ons dink Ramaphosa kan nie nog geskok word nie, toe kry hy dié uitklophou. ‘n Jakkals verander van hare, maar nooit van streke nie!???

JJ ·

Hy is deur die NP ANC geskep. Het niks gehad nie en nou kan hy nog steeds niks regkry nie. Alles het in sy skoot geval vanaf die NP korrupte sogenaamde onderhandel laars. Useless@!!!

CW ·

Beter kon jy dit nie stel. Hy is n nul binne in n nul. Hou hom dop, hy gaan n groter gemoors maak as jakop

Ondersteuner ·

Ek hou nog altyd van Lekota en het besluit om die jaar vir die eerste vir Cope te stem. Dis die enigste party waarmee ek deesdae saamstem!

Lou Smit ·

Dan stem julle seker ook saam met hom om die kommandostelsel af te skaf onder Mbeki. Hy was die minister van verdediging. Hy is niks beter as Ramaphosa nie; hy maak net politieke punte bymekaar by naïwe kiesers.

Cherokee ·

Dan het julle ook iets om te vertel. Dat julle leier tydens die terroristiese aanslag in die vorige bewind, op Robbeneiland aangehou was vir terrorisme. Dit sal eenvoudig nooit gebeur dat ek stem vir iemand wat winkel- en stasie-bomme ondersteun het nie.

Manie ·

Onthou maar net hys een van hulle, stem liewer VF, daar ten minste het jy integriteit

T ·

Hoekom kyk jy verby fv+. Hulle het meer gedoen in koalisie as enige ander party. Stem vir iemand wat na jou belange sal omsien.

Werner ·

Dis nou dieselfde Lekota wat die kommando stelsel afgeskaf het. Dus kon baie boere nog geleef het!

GRIET ·

STEM 100% SAAM MET JOU “ONDERSTEUNER”!!
NÉT COPE!
KOALISIE MET ACDP’VF+SAL AWESOME WEES

@Ondersteuner ·

Wragtig ne stem eerder vir Cope as die VF? Wow..en daar is ek dog ek die VF se harde werk vir die blanke Afrikaners in Suid Afrika word waardeer…blykbaar nie…

DeVill ·

Hy het inderdaad my stem ook gister gewen, en ek wou nie gaan stem nie!

Wim ·

Ai en so steek ons ou blanke kiesers weer die enigste party wat vir jou staan in die rug. Toe VF dit reggekry het dat oorsee se kiesers kan stem,gaan stem hulle DA .VF enigste party wat vir die arme Spoorwee Pensioenarisse baklei,maar ons stem DA. Wanneer gaan ons mense besef nie een van die ander partye gee n duiwel vir jou nie soek net jou stem. VF al wat regtig vir ons baklei

Kfn ·

Presies soos die gesegte tereg sê, “wanneer jou vorige misdrywe terug kom om jou te byt.”

Dries du Toit ·

Ondersteuner en Devill. Dis reg gaan stem dan net vir Cope. Kiesers soos julle bly gewoonlik by die huis en stem nie. Dit gaan vir julle oor die man en nie die beleid nie. Kom kiesdag het julle vergeet julle hou van Lekota dan bly julle maar weer by die huis

ANNA ·

RUSTIG,NOU OU DRIESIE,RUSTIG NOU…
Dis ñ demokratiese land,ons kán STEM vir óns WÍL broer ?

DewaldS ·

Terror, jou doring!

Oohaa – die media gaan jou lewe moeilik maak van hier af. Jy kan nie sommer so in die openbaar sleg praat van die geldmag se gesalfde nie.. .

Tante ·

Lyk my jakkalse en wolwe het almal geraamtes in hul kaste die jakkals beskuldig die wolf dan kom wolf weer en beskuldig jakkals alma is so vals wie moet ons glo ??????

John ·

Elke hond kry sy dag… Daar gaan nog ‘n hele paar geraamtes uit die kas val. Staan weg.

Gawie de Beer ·

Elke hand kry sy dag maar ‘n brak kry ‘n langnaweek!

Hoc est bellum ·

Die hele spul het geraamtes in hul kaste en dit word vir afdreiging gebruik. Almal weet iets van iemand. Geen wonder die land kan nie aan die gang kom nie. Te veel beskuldigings en hofsake wat van die een hof na die ander verwys word om die dag van afrekening uit te rek of uit te stel. Almal van hulle wil deel wees van die ‘getting quick rich scheme’. Die ANC se blatante foute speel in die hande van die EFF.

GP ·

En wie gaan by Ramaphosa oorvat as hulle hom uitkry? Zuma se vrou, Magashule of dalk Mabuza. Ramaphosa het al baie reg gedoen soos om tom. Moyane uit sars te haal. Ghordan oor soe’s te sit jacki selebi van payroll af te haal. Groot probleem in ons land. Haak vas in die verlede. Die was nie goeie skuif nie.

Rupert Ashford ·

Praat jy. Al wie hierby baat is die Zuma faksie in die ANC, en die EFF. Cry my beloved country.

Fires ·

Werk Ramaposa uit en wat kry ons dan. Hier kom groot moeilikheid.

Wtf ·

Klink nie goed, nou val alles uit mekaar, lekota ook oorsaak Vir baie pyn en bloed, moeni hom te gou prys ni

Cor ·

Sjoe en daar draai Lekota die vlam hoog en die vetkeerde padda word nou gekook. Laat ons sien hoe gaan Mnr Ramaphosa uit die kook pot kom

CS ·

G’n wonder apartheid MOET vir alles blameer word nie… Dis die smoke screen wat al die geraamtes in die kis moes hou.

Jurie Vermeulen ·

Wat help dit om hom nou aan te val, die verkiesing gaan nie om n president te kies nie. Dink nie daar is iemand beter as hy huidiglik in die ANC nie.

Chris Ws ·

Jy’s reg – hulle(anc) is almal ‘n trop narre,die is net ‘n groter nar as die volgende.Ramaja se ware kleure het gou gewys – vinniger as Zuma sin.

JohanL ·

Jurie, terwyl jy waarskynlik reg is (?), is dit dan juis die kommer. As CR die beste is wat die ANC het, dan is daar rede tot kommer.

Terloops, wat van Pravin Gordhan? Dit wil voorkom asof die land eerste is by hom en dan sy party?

Die Verlore Skaap ·

Ek kan nie glo dat julle bly is oor die nuus nie ?
Het julle n benul van die chaos wat nou vir die land kom ?

@ Die Verlore Skaap ·

Dink jy vir een oomblik die chaos wat aan die kom is, kan enigsens verhoed word? Al die tekens van ‘n perfekte politieke storm is reeds op die horison. Wat die katalisator gaan wees, is legio. Eskom wat ineen stort, is maar net een moontlikheid, so Ramaphosa se ware karakter wat ontbloot word is eintlik net ‘n rooi lig vir almal wat nog geglo het iets uit die ANC is beter as iets uit die EFF. Ons is op die bodem van die balie, polities gesproke, en dit gaan nie verbeter nie….

CW ·

Toemaar ons weet jy is n ja stemmer, die gemors sal in elk geval groter word tot almal in die land gelyk is omdat niemand iets het. Dis wat hulle wil he.

Judge Dredd ·

Ja, die libs kyk mos maar altyd hoe ver agteroor hulle kan buig om die ANC tegemoet te kom – en in die proses verraai hulle hul eie mense en so verloor ons alles.

Feit is – die kommuniste/linkses sal jy nooit teverede kry – hulle sal al hoe meer bly vat – en moeilikheid sal ons kry maak nie saak hoe toegeeflik die libs is – vraag is net wanneer. Ek sal verkies dat die moeilikheid ons tref terwyl ek nog redelik jonk is en iets beteken en nie wanneer ek 70 is.

Koos de Meyer. ·

Neewat dit lyk mos nou of die appel kar besig is om om te val. Hoe meer dae hoe meer dinge,die verlede is besig om in te haal.

SjN ·

Die wiele is besig om af te val, stadig maar verseker, die padda pot gaan oorkook en iets gaan brand.

CW ·

Onthou net altyd die stemvee. 16000000 van hulle wat allpay kry en kospakkies wat glo hulle sal dit net van anc kry so niks gaan gebeur nie. Slig is die wat arm van gees is want aan hulle behoort die getals meerderheid

Waarheid1 ·

Mooi man .Nail die paddapotkoker! Groot vriend van de klerk en meeloper roelfie!!

Frik Lotz ·

Dankie en geluk aan Pieter Groenewald van die VF Plus met sy toespraak. Hy is reguit en eerlik en sy toesprake is altyd logies en feitelik. Hy is n ware leier en lewer nie toesprake vir sensasie nie. Dankie, Pieter!

Se maar net ·

en hy is een van hulle. Kry liewer vir julle regte helde met integriteit VF+

Gatvol! ·

Kry die “popcorn en slush-puppy” gereed…. Ons gaan weer ‘n wonderlike vertoning in die Parlement hê, Donderdag! Terror, ek like jou en jou party al hoe meer!

Manie van Worcester ·

Ek lees graag die kommentaar, wat my opval is die algehele moedeloosheid van die Blanke in die land. Almal gryp na die kleindte strooihalmvir redding. Ek vra n vraag. Wat van ons Keer terug na die GOD van ons vaders en veg om hom in die grondwet te kry, dan het ons nie meer strooihalms nodig nie. ASSEBLIEF Maeowla, plaas dit, dis nie rassisties of haarspraak nie,ASSEBLIEF

GRIET ·

YÉSSSS…Manie van Worcester…
WÓNDER ek ook nogals,oor hóé ons, staatmaak op MENSE en politieke partye om ons te red….OMW!!!
DRAAI TERUG NA GOD SA

Hoop ·

Manie, ek stem heelhartig saam met jou. Christene, gaan lees weer bietjie die Bybel van héél voor af. Ons is lankal nie meer in God se orde nie en ons ag hom net op ons lippe, maar nie in daad nie. Is ons SO arrogant?? Gaan maak baie seker wat hierdie “hero” wit partye van ons se siening omtrent alle kwessies is. Byvoorbeeld het die VF+ nie ñ vinger gelig toe die ACDP probeer het om ñ stop te sit aan die pro-aborsie wet wat ons tans het nie. Hulle moes alleen staan, waar was ons wit Christen partye toe? Hou op in ras vaskyk en gaan doen deeglik ondersoek in wat elke party voor staan alvorens jy jou besluit maak en jou kruisie trek. Ja, dis dalk ñ klein party.. Maar dit kan nie ñ volwaardige koninkryk party word as ons met ons monde bely ons glo in Almagtige Vader maar ons trek ons kruisies by baba- moordenaars nie. God seën dít wat binne Sy orde en wil is..

TN ·

Solank as wat die Afrikaner mites nahardloop vir die oplossing van hulle probleem sal hulle nêrens kom nie .

PJC ·

Die ANC en gevolglik die regering se dinge raak al meer deurmekaar. Dinge is besig om op ń breukspul uit te loop en kan ook ernstige gevolge vir die land inhou. Soos wat die klomp onder mekaar baklei raak hulle al meer radikaal en roekeloos wat niks goed voorspel nie.

Zak Engels ·

Nee, laas toe ons gekyk het was hy dood, so ons kon nie vra nie……

Rerig? ·

@Gemaskerde Sopbeen……….so sinies, negatief en met onderliggende woede. Ek voel jammer vir jou, jyt hulp nodig

humor ·

Soos gese is” gordel vas die mallemeule gaan rof wees.” Ek reken dit spoed af op n treinongeluk, en daar gaan nie net ongedeerdes en beseerdes wees nie.

humor ·

Jammer en daar kom dit so terloops aan die lig. Die NP wat so verafgod was, was niks minder vuil en integriteitloos nie. Ag sal iemand dan tog nie met n ontboeseming begin sodat die waarheid dapper tot openbaring kan kom nie. Ek dink dit is die inspuiting wat die Afrikaner nodig het.

Oujongvrou ·

En intussen gaan alles ten gronde terwyl dit net gaan oor slegsê heen en weer. Dit gaan heeltyd oor mense en niks oor die land se gemors nie. Ek is keelvol om van almal se geraamtes te hoor en niks word gese oor die krag, en water en die kriminele of enige van die magdom dinge wat fout is in die land nie. Kom net by julle almal in daai parlement.

Bekommerd ·

Dis nog 3maande voor die algemene verkiesing en daagliks hoor ons skoknuus. M.a.w. hefaan lê nog voor. Almal, goldel vas, dit gaan ‘n rowwe rit wees.
Ek sien hond vreet nou hond. Maar dis goedso. Vir TE lank, bykans 24 jaar, is die gewone, wetsgehoorsame burgers in die duister gehou, belieg en beroof en vir die gek gehou.

Linda ·

Ons moenie vergeet nie dat die ANC, DA, EFF, BLF ens ALMAL sop uit dieselfde koppie uit drink !!! Ek is nie hier om vir mense te se vir wie jy moet stem en vir wie nie. Ons moet die ANC breek !!! Daar word gegons dat die ANC vir nog n verdere 100 jaar in bewins gaan wees !!! Net jy en ek en almal kan die getalle n bietjie verminder.

Linda ·

Hierdie beurtkrag storie wat ons land tans lamle is agv die ANC en natuurlik BEE. Die opgeleide mense, engineers ens, het Escom lankal reeds verlaat, nou kyk wat gebeur nou, nes VBS Bank ! Dit is Escom se probleme, onopgeleide, gekwalifiseerde mannekrag !!!

Jannie ·

Linda jy het vergeet om COPE in te sluit by die sopdrinkery.
Ek kan nie glo dat mense dink as iemand iets reg sê dit die verkeerd wat hy gedoen het reg maak nie.

GRIET ·

Nes VF+ se koffie-en-sopdrinkery,by peter marais, nehhh…Jannie???
ONGELUKKIG…is álle politiek, maar ñ ou biki vuil en agteraf,mét geraamtes…
BLANKE partye en velletjies,is nié, jou enkel paspoort na perfeksie en lojaliteit nie…vra maar vir FW en Smuts

Potlood ·

Een ding is verseker. Ons ou volkie sal maar altyd dinge probeer anders sien en dinge probeer maak werk soos Linda. Al stem ons vir cope of die anc soos in verlede vir versoenning… Party van ons se les is nog nie geleer nie… almal wil ‘n beter land he, maar wie vertrou ons met ons merk? Kyk bietjie na die verlede, dis letterlik wit en swart… In watter dae was dit beter? En ek se dit met ‘n knippie sout, want ja, daar was baie voute en politiek is vuil en lelik… Maar tenminste was daar krag en die kinders kon buite speel… Ek voel alle kinders, maak nie saak watter kleur, moet kan buite speel…

Sanet ·

DÁLK..sal dié geraamtes so biki die anc skud,hoop die eff se SKUD kom ook nog!
Laat HULLE maar onder mekaar veg en binnegevegte hê,dit verdeel hule slaankrag!
TYD dat áli partye, wat teen grondonteiening is,NOU saamstaan, hande uitreik na mekaar en in koalisie kom…geen party kan dit op hulle EIE vermag nie,ons is net eenvoudig té min

ANA ·

Stem saam Griet,ekt nog altyd,baie van Lekota gehou,al het hy ook ñ verlede,nes die res.
Geen politieke party,se hande is sneeuwit v onskuld nie,almal het n geraamte.

O aarde ·

Daar is nog baie van die ANC parlementslede wat hand op die blaas met die polisie en Militere Inligting geloop het. Die klomp het gelek soos ‘n sif.

Adam ·

Mnr Lekota word nou geweldig hoog aangeslaan deur my blanke broers, maar ek skeer hom maar oor presies dieselfde kam as Ramaphosa. Hoe lank is Lekota nou al bewus van wat destyds gebeur het en waarom dit nou bekend maak na vele dekades? Net so met Rmaphosa wat “verras en kwaad” is oor die Eskom debakel. Waars was hy die afgelope dekade? Die meeste van die tyd was hy adjunk=President en vir meer as ‘n jaar die President!!! Het hy soos Rip van Winkel nou uit ‘n lang slaap gekom? Nee wat, die hele lot is ‘n klomp patete en dit sluit sommer heelwat blanke politici ook in. Daar is waaragtig nie een politieke party in die land wat ‘n werklike demokraat se stem regverdig en verdien nie.

J. van Rensburg ·

Waar ek respek vir Lekota gekry het was net na verlede jaar se staatsrede toe Cyril aanhoudend na “our people” verwys, en Lekota gevra het: “WIE is ‘OUR people?’ En hy maak toe eers melding van die Hollanders, toe die Duitsers en Franse en natuurlik die Khoisan en almal wat deel van die Suid Afrikaanse bevolking was/is – in sy boek is ALMAL – swart of wit – deel van “OUR people…” Goed, ek besef hy was ook ‘nANC kader, maar het – soos ek dit sien – agtergekom hoe die wind waai en gepoog het om homself as’t ware te “vergewe” en COPE gestig. Mooi so – ek respekteer elkeen wat poog om die kettings van die verlede af te skud en homself/haarself te verbeter, en ek sien ‘Terror’is so ‘n persoon. Nie perfek nie (wie kan daarop aanspraakmaak???) maar poog om vorentoe te gaan…

Kediksie ·

En daar begin hulle nou behoorlik onder mekaar inklim. Cope is n goeie party, maar VF+ is van my dam se ganse. Cope en ACDP kan maar kom vry by die VF+ vir n koalisie. My stem gaan na my mense toe, wat na my mense se belange omsien, en nie sit en “modder” gooi nie.

Ella ·

Ek stem VF+ my mense, my taal, en hulle probeer vir ons. Net bietjie jammer van Peter Marais maar daar is seker n rede voor.
Ek het al COPE gestem en DA maar nie weer nie.
Al wat oorbly na VF+ is ACDP. Hulle se ook wat ek dink as en wanneer hulle die kans kry.
Ek sidder om te dink wat na die verkiesing gaan gebeur. Wie is opgewasse vir die taak wat uitgevoer moet word?

Jaco ·

Ag ek weet nie meer vir wie om te stem nie ..die VF+ verteenwoordig my volk maar hul drae nie baie gewig in die parlement nie…ja hul bakly vir Afrikaner voortbestaan maar is daar daadwerklik resultate as n ou kyk na hoeveel blankes al in plakkerskampe bly agv BEE, regstellende aksie ens. Hoe eensydige rasisme maar nogsteeds plaasvind, hoe blankes verregaande strawwe opgelê word deur die howe in gevalle wat selfs as ongelukke beskou was…Die DA het hulself bewys in die Wes Kaap deur hoe om n Stad soos Kaapstad eersteklas te maak en het hul baie meer mag…maar hul drae nou weer nie my mense se belange op die hart nie. Eintlik is daar nie baie keuses nie..

Madels ·

Totdat Lekota nie sê hy is jammer dat die Kommando’s afgeskaf is deur hom nie sal ek hom nooit ondersteun nie. Ons as Afrikaners moet aandring daarop dat hy JAMMER sê dat hy ooit so vuil was om dit te doen

corne ·

LMGA so is als besig om in duie te stort.Tik Tok Tik Tok. Kom ons moeg gou net een asb net wen staatsinstelling want nog reg loop? ……. Daar is geen niks nie als is daarmeeheen niks oor nie. Eskom maak geld deur krag te verkoop maar kan nie krag gee nie so goed die suppermark se rak is leeg dan kla hulle as hulle bankrot speel. Ja so betaal ons die duur prys

GP ·

Ek stem die jaar VF+ en moedig almal aan om so te doen. Wat hul gese het is waar maar wat help dit? Almal daar het erens ‘n geraamte, wat help al die modder gooiery en aanhoudende verwys na die verlede? Wat verby is, is verby, gaan vorentoe. Parlements lede moet ophou modder gooi en begin saam werk vir oplossings. Dit is was SA op die stadium nodig het.

Stripes ·

B ons sal maar sien hoe die kaarthuise verder tuimel. Nee ek werk nie, wil nie werk nie en hoef nie te werk nie. Ek laat werk.

Willie ·

Dis lagwekkend om te hoor alles uitkom so net voor n verkiesing… As die ANC die hele staat kan kaap, en bygese daarmee kan wegkom, dink net wat kan hulle doen met stembriewe… Ag amper vergeet ek die OVK is mos onafhanklik?

Heksie ·

En so sal die waarheid uitkom …. Welgedaan Mnr. Lakota!!!!

John ·

Hoekom het Lekota tot nou toe gewag met die inligting? CR is al meer as ‘n jaar in beheer? Terror praat teen grondgrype maar was glo betrokke by die afskaf van die kommando-stelsel. Dit is ‘n ope vraag hoe die CR-clan aan hul rykdom gekom het… inderwaarheid vele ander rykes… Daar was stories oor Mandela se glo geldgierigheid en swart diamante uit Afrika. Die ANC het mijarde deur die jare uit die buiteland bekom. Waarheen is daardie geld want dit is nooit aangewend vir die ontwikkeling van hul gebiede en naaste nie.

Skote Petoors ·

Ek wonder wat sal gebeur as almal vir Cope begin stem en die ANC val uit die bus uit. Dink dan kom daan groot sports.

CW ·

Jammer vir engels, volgens Roger Whittaker: politicians are like a bunch of bannanas, they hang togetherm theyre all yellow and theres not a straight one amongst them

Krummel ·

Kediksie – Jy het die beste kommentaar gelewer. Die VF + is die enigste politieke party wat integriteit het en hulle nie ophou met waardelose moddergooiery nie. As Pieter Groenewald praat, kan mens luister en weet dit is die waarheid. En soos jy se, ek stem vir my mense. ASB! kom ons wys op die 8 ste Mei met die verkiesing dat ons ‘n goeie klomp stemme kan kry. Die VF+ word altyd verwyt dat hulle niks reg kry nie, maar hoe op aarde kan hulle as hulle 60 000 stemme kry. Met die 1 ste stemming na 1994 het hulle 800 0000 stemme getel. Waar is die 740 000 dan nou! DA?????

TN ·

Waarom dink jy dat hulle net 60 , 000 stemme kry __ ek mors nie my stem op ‘n party wat NOOIT êrens gaan kom nie .

Leon ·

Selfs al word die ANC uit die kussings gelig by die stembus sal hulle net soos Zanu-PF nie afstand doen van die mag nie. Word asb tog wakker, mense, julle leef in ‘n droomwereld as julle dink dat daar ‘n nuwe bedeling gaan kom. Die ANC sal met alle mag en vuilspel seker maak dat hulle die mag behou. Word wakker!!!

Anoniem ·

Mnr. Lekota ons wil nog hoor, want ons weet Jy weet nog baie ! Jy moet saam met ons kom ontbyt eet sodat ons kan praat want ons soek ‘n ander party om voor te stem ??

Morné ·

Ai! Kan nie glo Afrikaners (sommige) kan so maklik geswaai word nie! Lakota val vir Cyril aan dan is hy die held en wen sommer in die proses Afrikaanse kiesers. Ek sê nie sy pary is sleg nie…..net so was die tuinier wat saam met ons groot geword ook nie sleg nie. Tot op n dag wat hy sy rug op ons gedraai het en moord gepleeg het. Want ons was die verkeerde vel kleur volgens hom. Die makste hond byt die seerste!! VF+ is dalk nie perfek nie maar hy vereenwoodig my!!

Ondersteuner ·

En blankes vermoor nie ne? En as jy vir my gaan se blankes vermoor baie minder gaan ek saam met jou stem. Maar ons is ook baie minder.

jakes ·

Die faksies binne die ANC gaan nou eers vir mekaar grom. CR staar groot probleme in die gesig en dit kan dalk net gebeur dat ou JZ na die Mei verkiesing dalk weer die prez kan word. Twee honde baklei oor n been en n derde loop daarmee weg. Die sirkus hou net nie op nie.

Amelia ·

1+1 Kan nie onthou wat siener gese het nie maar weet hy gese van vis wat van kop af vrot en van n baie koue winter kan nie onthou of hy gese het gaan n vroee winter wees ni nie Ja ek glo wat hy gese het

Mariana ·

Dit wil elke dag meer en meer voorkom dat die ANC se blik wurms groter is as wat mens dink. Daai blik hou nie op gee nie, dit krioel van die wurms. Die mense in die land gaan nog vir lang tyd die spit afbyt vir die gemors. Tyd vir Ramapoza en sy ANC om uitgestem te word. Hulle beteken net moeilikheid vir die land en sy mense.

Dont be fooled by Cope ·

EN DAN HOL ALLE BLANKES SKIELIK COPE TOE, dit is wie LEKOTA werklik is . ek gee nie om dat hy Ramaphosa op sy plek gesit het nie maar LUISTER waaroor hy dit gedoen het. Hy karring steeds aan oor APARTHEID en het onder LUIDE TOEJUIGING VAN DIE EFF gese Ramaphosa het hulle aan die wit apartheids vyande uitverkoop . WAKKER WORD WITMENSIES .. LEKOTA is nie aan julle kant nie, hy IS steeds in die EFF se kraal.

Ondersteuner ·

Ek is so vreeslik dankbaar dis nie meer apartheid nie.

Ondersteuner ·

Ek vind baie van die kommentaar hierbo uiters vreemd. Ek het nie besef daar is mense wat nie vir ‘n swart leier sal stem net omdat hy swart is nie? Ek kyk na die party se beleid en leier, ongeag sy kleur. Baie van dieselfde mense hierbo is seker spyt dat apartheid verby is – wat ‘n skande! Almal het die reg om te stem vir wie hulle wil, maar kyk bietjie verder as velkleur. As jy dink die ou wit omies was engeltjies en met heimwee wens hulle het nog regeer het ek ‘n groot verrassing vir jou! Lekota het sy foute, maar as ek kyk na Cope se beleid maak dit vir my die meeste sin. Die DA en ANC se beleid is baie dieselfde. VF+ en tannies wat pannekoeke bak op stemdag maak my net bang!

Sanet ·

@ ONDERSTEUNER…ek staan netso verbaas soos jy…!!!
Laat stik jy, my aan my pannekoek vani lag ?

VanAfrika ·

Ondersteuner, die Woord van God sê, die wat nie die kroon het nie mag nie regeer nie. Passop hoor!!!!

humor ·

Die ondergaan van die anc is gewis. Dit kom nie van buite af nie ,dit is in homself gelee.

Sandra ·

Hy het gese.. Die geweer is op ins gerig en dan klap n hand die geweer weg en dan begin hul onder mekaar baklei. Lyk vir my asof dit nou gebeur. Hulle is erg verdeeld.

Jerry ·

Die dinge gebeur en verloop maar alles volgens die groter plan wat nie deur mense beplan is nie. Die planne van mense wat die slegte nastrewe val maar so van tyd tot tyd uitmekaar uit. In tye soos hierdie moet ons maar liefs die strydbyl begrawe en goedheid en bekwaamheid ondersteun, eerder as getalle sonder waardes! Wat ookal vorentoe gaan gebeur, ons is nooit alleen nie. Die antwoord sal aan ons bekend gemaak word as ons net aanhou om nie op ons eie krag staat te maak nie, maar op die krag wat ons van ons Skepper ontvang!

Morné ·

Dit is so en ek stem saam, wit mense moor ook. Die verskil is, een wit mens vermoor nie n ander wit mens net omdat hy wit is nie. En ek stem saam dat dit goed is dat apartheid nie meer bestaan nie. Jy het jou rede vir wie jy stem en ek het myne. Ek is bly elke een kan stem vir wir hy wil. Tannie, bak asb n ekstra paar pannekoeke…..die ry gaan lank wees, en ek gaan honger word.

PieterJohannes ·

Amelia,
Die voorbeeld in die Bybel waar Saul vir Sameul geraadpleeg het deur die heks van Endor spel vir ons gevaar rondom Siener van Rensburg. Ons arme Afrikanervolk smag na ‘n profeet en na leierskap. Daar is al boeke en boeke oor Siener geskryf, terwyl sy eie werke uiters vaag en bitter min bevat het. Ons kort NUWE leiding en raad. Die hartseer is dat ons onsself as ‘n ‘Uitverkore Volk’ wil beskou wat verhewe is bo andere, en wat sê die Bybel oor iemand wat homself verhoog? Ja, hy sal verneder word. Ons is verneder en word al meer verneder, maar ons is nog steeds hoog in ons eie oë. Ons kan nie na strooi halms gryp en ons medemens en jong mense valse hoop gee nie. Kom ons verneder onsself onder die kragtige hand van God, sodat Hy ons op die regte tyd kan verhoog. Dit is AL kans wat ons het. Mag daar ‘n groter doel uit hierdie gebeure in die Parlement vloei, wat tot ons redding kan meewerk.

Mossie ·

Amelia
Baie dankie vir jou kommentaar oor Siener. Net vir die rekord…Siener was die boodskapper van God. Ons God van wie ons Afrikaners weggedraai het. Wie is jy om iemand af te kraak wat God besluit het om te gebruik as boodskapper. Jy hoef nie van Siener te hou nie, dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor die waarskuwings wat God vir ons as Christenvolk gestuur het en wat ons verkies het om te ignoreer. Julle wat nog nie weet nie of nie wil weet nie, PASOP, God waarsku ook net vir so lank. Vergeet om jou lewe en vertroue in partye te plaas as daardie einste partye nie hul vertroue in God plaas nie.

VanAfrika ·

Mossie, gaan lees jou Bybel oor wat God van waarseêrs te sê het en jy sal weer dink. Mense wat die lewe vooruit voorspel is nie God se wil nie.. Theresa Coputo en Henry Tyler, John Edward doen presies waarteen God gekant is. Jy kan nie sê die ou is deur God gestuur nie

Nel ·

@Ondersteuner, nou maar man ek glo nie enigiemand hier gee ‘n flenter om vir wie jy gaan stem nie. Stem vir wie jy wil.
En ja Apartheid het meer goed gedoen as wat die kleptokratiese ANC-regering al ooit in sy 25 jaar van bewind gedoen het en ooit sal kan doen vir beide swart of wit landsgenote.

Helene Burger ·

Die mensdom kan darem maar mekaar in die rugsteek. Almal het ge oe en ge aa toe Ramaphosa president word. Ha ek lag in my mou. Dankie aan Lakota wat sy weg oopgesien het om die mense in te lig. Dit sal fantasties wees as ACDP COPE EN VF+ koalisie kan vorm.

MW ·

Hoe vinniger hierdie land collapse hoe vinniger sit ons almal in dieselfe bootjie hoe vinniger begin ons maar weer van voor af, want soos dit nou gaan verval ons net verder in die skuld en die land in sy peetjie. Tyd om met mening op ons knieë te gaan, ons het desondanks steeds baie om voor dankbaar te wees

Klopjag ·

Jy laat jou nou hier uit oor iets wat jy gladnie verstaan nie.

Hierdie mismoedigheid gaan niemand ontsien nie, en daar gaan nie met ‘n skoon blaadjie begin word nie – net nog ‘n groter agterstand wat nooit weer ingehaal sal kan word nie en ‘n smeulende vullishoop waar daar eens drome en hoop was.

Stem DA ·

Die DA is die enigste progressiewe en verligte party wat sukses behaal. Ek stem eerder DA.

Blaarman ·

Ja, hulle ondersteuning van rasgebaseerde diskriminasie is baie progressief, ne!

Eddie ·

Solank die Presidentskap gekoppel is aan ‘n Party sal ons nooit die beste man aan die stuur van die land kry nie !!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Jaaaa…dankieeee tog,wit appartheid is VERBY van droogmaak vir ewig !!
Eks net so dankbaar ONDERSTEUNER

Tyd dat mens besef,dis agv appartheid dat daar soveel haat, onmin en chaos is…!!
NIKS om op trots te wees nie.

WAAAR WAS lelieBLANKE ‘christelike’ VF+ wat NOU so uitgesproke is, toe daar TEEN ABORSIE moes gestem word?
Toe staan die ACDP alleen..?????

GP ·

Ja die euwel van apartheid, seker die rede dat die res van Afrika lyk soos dit doen. En is waar dit is. Die rede dat SA steeds een van die grootste ekonomiee in Afrika is. Hoop nie jy of jou familie werk by ‘n maatskapy uit die apartheids era nie anders baat jy by apartheid, of drink water uit damme nie of gebruik elektrisiteit uit daardie viesike era nie, anders baat jy uit apartheid, of gebruik 90% van ons land se paaie nie. Hoeveel maatskapue soos BMW Volkswagen De Beers ens het ANC al ingebring. As apartheid so net sleg was, brand alles af wat apartheids regering in plek gesit het, anders baat maar verder soos die res van SA uit apartheid.

Ook dankbaar ·

Ek is net so dankbaar en bly dat Apartheid vir ewig verby is. Dit was ‘n brutale en onmenslike politieke stelsel wat mense bitter sleg behandel en benadeel het. Net die wat daardeur bevoordeel is en aan die uitdeel kant was sal so iets onmenslik en onregverdig probeer regverdig.

Nel ·

@LIEWE GENADE TOG hier’s ‘n uittreksel uit VF+ se 2014 Manifesbekendstelling :
Maar dit beteken ook dat ons veg teen: “…Morele verval; teen die moord op miljoene onskuldige babas deur die wettiging van Aborsie …”

‘n Uittreksel uit ‘n berig in Mail&Guardian oor die verkiesingsuitslag aangaande die aborsiewetgewing van 2008: “…The Bill passed by 266 votes to 52, with 12 abstentions. The African Christian Democratic Party (ACDP), Freedom Front Plus and Federation of Democrats all voted against the measure, while the Democratic Alliance (DA) allowed its members a free vote. ”

The first three parties object to the idea of anything to do with granting abortions on demand… ”

Lyk dit vir jou asof die “lelieBLANKE ‘christelike'” VF+ buite stemming gebly het??

chrisp ·

Nel.
Hoe durf jy LIEWE GENADE TOG so deurmekaar maak met feite?

Baie dankie wou dit ook plaas en het. gelukkig deur die kommentaar gelees.
Ek sou graag nog feite oor die ou R.S.A wou gee maar MM plaas dit net nie.

TIPIES ·

Dis nou weer tipies die Afrikaner. Dis verkiesing, wat gaan ek stem. Wie kan ek vertrou wag daar steek Lekota nou vir Ramaphosa in die rug so ja nee ons gaan vir hom stem. Regtig mense niemand kan vir jou se wat jy moet stem nie maar doen jouself n guns gaan lees George Orwell se ” Animal Farm” en word wys.

Ai tog ·

@Mossie – wanneer en hoe het jy besluit dat die Siener die boodskapper van God is? Hoe het jy tot die besluit gekom wat eintlik die Waarheid is?

Dit is ongelooflik hoe mense wat hier kommentaar lewer van mekaar verskil oor wat nou eintlik die Waarheid is. Dus ek bly oortuig dat niemand weklik weet nie.

waarheid1 ·

Stem eerder vir jou eie mense – die ander is nie te vertrou nie – is al oor en oor bewys.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

NEL+WAARHEID 1…julle blanke lelie party sal GEEN HOND HAARAF maak nie,julle is té min,broers….? anc+eff kiesersgetalle gaan julle verswelg!
KOM EERDER in koalisie met ACDP+ COPE en werk eerder saam…
Jullle koffie reeds by peter marais…

Stem vir die DPSA ·

As ek die uiteenlopende en “EK IS REG EN WEET WAT GOED IS” kommentaar hier lees besef ek weereens dat Afrikaners mekaar goed die harnas kan injaag en boosaardig ontsteld word oor opinies wat durf verskil van jou eie.

Dit is beter om liewers te Chill. Stem vir die “Dagga Party of South Africa”.

ALLIE ·

Shame…ek voel vir almal van julle…kruip agter jul skerms weg en tik mekaar sleg soos lafhards!
O s ou volkie het nie meer die rugraat en deursetting vermoe van die ou dae se Burgers nie.
Dis n vreeslike jammerte.

Heather ·

Ai tog mense, dit maak my bang as ek al die kommentaar lees. Ons as witmense is in die minderheid, nou tyd om saam te staan, weet ons vorige regering het ook baie foute gemaak, maar nou raak dit erg met partye soos ANC, EFF, BLF, ens. Ek sal eerder vir iemand soos VF+ stem, wat darem nog ons belange op die hart dra. Ons kan maar nie saamstaan nie, en dit is n feit!

Klopjag ·

Ek verwonder my altyd aan mense wat die “Afrikaners kan maar net nie saamstaan” refrein so herhaal.

Eerstens, omrede dit ‘n goeie ding is dat daar soveel uiteenlopende idees onder Afrikaners is, kan ons deur goeie debat die beste idees laat seëvier en die swakkeres vermy. Regdeur die geskiedenis, ook ons eie, het slegte dinge gebeur wanneer mense konformeer. Kyk maar ook gerus na die huidige tragedie wat besig is om gestalte te neem omrede die kieserskorps volgens identiteitslyne stem.

Tweedens, omdat dit blootweg net vals is. Hier is ‘n paar voorbeelde van Afrikaners wat saamstaan:
– Afriforum
– Sakeliga
– Helpende hand

Wil jy werklik hê almal moet oor alles saamstem?

Nico ·

Ek is geen ANC “fan” nie. Maar ook nie gedink dit is só groot deal nie. Soos ek verstaan het die destydse veiligheidspolisie jou nie juis ‘n keuse gegee of jy wil “verraai” of nie. Hulle was baie oorredend, om dit lig te stel. As
Zuma met al sy vrot appels byna 10 jaar in die stoel kon bly, is Cyril doodveilig.

ANA ·

WAAAAAAROM TOG…só ontsteld wil raak en kwaad wil raak…ÁS ons tog sekerlik kán stem vir WÍÉ óns wil, omdat dit ons aanstaan? ?
GÉÉN MAAR GÉÉN politieke party of persoon gaan ons kán RED nie…jy kan maar skop en skreeu nes jy wil..
RAAK EERDER RUSTIG EN VERTROU OP ONS HEMELSE VADER VIR UITKOMS HÝ BLÝ IN BEHEER…NOG ÁLTYD,ONgeag wié aan bewind is

Klopjag ·

Mense, hierdie politieke sisteem is ‘n klug. Die partye wat daaraan deelneem, is ‘n klug. Die idee dat stem ‘n effektiewe vorm van ingryping is, is ‘n klug.

Boikot die verkiesing. Sluit aan en ondersteun burgerregte organisasies.

ELKEEN van hierdie partye het geraamtes in die kas.

Cope
– Afskaffing van die Kommandostelsel.

VF+ (Hierdie lys kan lank raak)
– Die verraad van Bop.
– Pieter Mulder verraai sy kiesers en aanvaar die pos as adjunkminister in Zuma se kabinet (praat van medepligtigheid, nè). Kort daarna word die jeugleier Cornelius Janse van Rensburg geskors omrede hy vir Mulder hieroor gekritiseer het. Blink stellings is gemaak oor hoeveel hierdie aanstelling vir Afrikaners sal beteken (klink bekend, nè?), maar daar het dadels van gekom.
– Die aanstelling van die vêr-linkse Nikki van den Berg, wat juis nie ‘n goeie woord te sê het oor die selfbeskikkingskonsep nie.
– Die lys gaan aan..

DA
– Voorstanders van rasgebaseerde diskriminasie

ACDP
– Val Ernst Roets aan in die parlement na hy ‘n feitelike uiteensetting van historiese feite gegee het rondom die grondkwessie in Suid-Afrika.

IVP
– Stem ten gunste van onteiening sonder vergoeding.

Die res is nie eers die moeite werd om te bespreek nie. ‘n Stem vir enige een van die partye is ‘n stem TEEN ons vryheid.

Stem reg, bly weg!

Ai ·

OMW! Nou vir wie stem ons dan nou? Die ANC en BLF nie op jou lys nie?!

Klopjag ·

@TN Nonsens. Daai stelling is al holrug gery.

As die Afrikaners weier om deel te neem aan die verkiesing het ons ‘n sterk morele saak ter afstigting. Solank as wat Afrikaners stem het ons ‘n baie swakker morele argument vir afstigting.

@Ai Moenie stem nie.

GP ·

As jy nie stem nie maak jy die opposisie swakker en ANC EFF ens sterker. Eenvoudig soos dit.

Die enigste se wat ons as minderheids groep het is by die stembus. As jul nie wil stem nie is julle seker tevrede met blf ens of die braai is maar net meer belangrik. Wie in die regering gaan omgee of agterkom as wit mense nie stem nie? As jul ons nasie nie wil help nie geniet daai braai.

Klopdisselboom ·

@GP “Eenvoudig soos dit” is nie ‘n argument nie, en deelname aan die verkiesing is nie ons enigste opsie nie.

Kom ek sit dit nou netjies vir jou uiteen.

1. Partypolitiek en deelname aan die nasionale verkiesing is ‘n swak strategie
==========================================================
– Oor die afgelope 25 jaar se verkiesings het nog elke verkiesing langs raslyne plaasgevind. Selfs toe die ANC steun verloor het, het hulle dit aan die EFF verloor, wat selfs nog meer radikaal is.
– Die Afrikaner stem het weinig verskil gemaak aan die stand van sake. Inteendeel, dit het ons pogings tot onafhanklikheid ondermyn, aangesien ons ‘n “demokratiese verkiesing” gehad het en ons daaraan deelgeneem het. Niemand sal ons strewe na onafhanklikheid ernstig opneem solank as wat ons aan nasionale verkiesings deelneem nie.
– Afrikaners en diegene wat soos ons voel emigreer, en as persentasie van die nasionale populasie krimp ons syfers. Ten beste, dus, sit hierdie strategie ons op ‘n duisend-myl doodsmars.
– Die politieke partye wat ons moes verteenwoordig, het hulle kiesers in die steek gelaat op kritiese oomblikke in die geskiedenis (hier word NIEMAND uitgesluit nie).

(…word vervolg)

Klopdisselboom ·

(… deel 2)

2. Die bevordering van belange buite die party-politieke sisteem, en skep van regeringsalternatiewe, is ‘n lewensvatbare strategie
==========================================================
– Burgerlike organisasies soos Afriforum, GOSA, OUTA ens het op verskeie vlakke al sukses behaal teen die partye en hulle leiers wat op ons regte trap. Dit sluit in die regsoorwinnings tov rassediskriminasie en rassewetgewing, internasionale bewusmakingsveldtogte, instandhouding van publieke infrastruktuur wat andersins uitmekaar sou geval het, gemeenskapsveiligheid, wapenregte, belastingopstand, ens. Dit vervul beide die funksie van waghond tov die regering, maar skep ook selfdoen-alternatiewe tot “regeringsdienste”. Hierdie organisasies was suksesvol in hulle doelwitte.
– Hierdie organisasies het ‘n mandaat om namens hulle lede op te tree. Daar word nie ‘n verkiesing, met al die newe-effekte daaraan verbonde, benodig om ‘n mandaat te kry nie. Hulle kan selfs hulself wend na internasionale owerhede en regerings.
– Wanneer jy deelneem aan die verkiesing, verswak jy egter hulle mandaat – jy is ‘n gewillige deelnemer aan die huidige politieke bestel – dit is dus absurd om te rebelleer as die verkiesing nie in jou guns uitdraai nie.
– Wanneer jy nie deelneem aan die verkiesing nie, is hulle mandaat sterker. Jy stuur ‘n sterk boodskap dat jy nie meer aan die sirkus deelneem nie, en die vertrapping van jou minderheidsregte sonder jou toestemming plaasvind.

(…word vervolg)

Tweespalt en onmin ·

Afrikaners kan nie eers op ‘n kommentaarblad met mekaar saamstem nie. Party is konserwatief, party is ver regs en party is verlig terwyl ander weer progressief liberaal is en terwyl ander weer bang is vir die Afrikaner tannies wat so vlytig pannekoeke bak.

Klopjag ·

Verskille en debat is goed. Slegte dinge gebeur as kritiese denke en debat onderdruk word ter wille van konformisme.

Stem Groen!! Stem vir Diereregte!!! ·

Stem Groen!! Stem vir Diereregte!!!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

??????? afrikaners se diversiteit, is absoluut nét té GROOT om te oorbrug en saam te staan…??
Ons kan gaan lesse neem, bydi anc en eff kieserskorps wat SAAMstaan

chrisp ·

LIEWE GENADE TOG.

Erken jy nou dat jy mense mislei het met jou uitlatings oor aborsie,of verskuif jy net die pale sodra jy uitgevang en ontbloot word?
Moet asb nie die tipiese liberale argementerende metodes volg (as jy verkeerd is dit nie erken nie )en dadelik oorgaan deur feitelose afleidings te maak en sodoende die aandag te probeer verskuif.

Klopjag ·

Nonsens.

Praat die waarheid, doen dit gereeld genoeg, en mettertyd sal dit seëvier.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is al die sukses wat burgerregte organisasies soos Afriforum al behaal het.

Dit is wel so dat politieke partye ‘n uitgediende idee is en nie hoop inhou vir die Afrikaner nie.

Mense sien dinge verskillend ·

@ die wat Apartheid goedpraat – Apartheid was ‘n onmenslike stelsel. Dit gaan oor die onmenslikheid en bevoorregting van sommiges deur magsmisbruik, leuens en wreedheid teenoor ander mense en nie oor infrastruktuur nie. Apartheid het ernstige probleme veroorsaak wat nog lank gaan bly.

Die Green Party of South Africa kry definitief my stem. Hul beleid en dit waarvoor hulle staan stem baie ooreen met die van soortgelyke eerste wêreldse lande.

Eerste Wereld ·

WIE PRAAT DIT GOED? DIT IS NIE HIER TER SPRAKE NIE SO WORD WAKKER OU .. EN NEE APARTHEID HET NIE AL DIE PROBLEME VEROORSAAK IE .. dalk 2% van die probleme. Gaan stem jy maar vir die 3 GROENES . julle gaan nooit erens kom nie. Die WREEDHEID teenoor mense nou maak natuurlik glad nie saak nie ook nie diskriminasie en rassisme teen ANDER mense nie .. solank dit net nie apartheid genoem word nie NE??

@Klopjag ·

Stem saam met jou Klopjag.

STEM REG BLY WEG.

As jy stem en jou party verloor moet jy jou neerlê bydie meerderheid se besluit en dit aanvaar.

DEMOKRASIE werk nie in AFRIKA nie.

MW ·

Of jy vir vir die man in die pienk hemp of die een in die blou hemp stem, klink jy stem vir dieselfde euwel. En soos hulle van die soustrein afklim, klim die ander op

Aikona! ·

O jinne tog, is dit net ek of gaan die poppe hierdie jaar dans met die verkiesing! My buurman by die werk, stuur of lees of speel herhaaldelik boodskappe van ” die 21 ste Januarie. Trek na die Noord-Kaap, isoleer jou, pak jou tentjie en gaar kos op, ag en en en. Gister vra ek hom prontuit, nou vir wie reken hy moet ons voor stem (siende dat hy so ‘n ingeligte is). Sal sy woorde wragtig nie aan my wees, ek weet nie, want ek het nie geregistreer nie! Bleddie aap met die grootste bek! Was sommer lus en jaag die man by my werk weg, maar het nie sulke maniere. Preek oor hoe hul in die weermag “saamgestaan” het, en hoe verbaas ons gaan wees sodra “die poppo die ‘fan strike'”. Idioot, moroon, imbisiel!

Frik Lotz ·

Stem VF Plus want dis enigste party wat veg vir minderhede se regte. Doen DA dit? Nee! Doen Cope dit ? Nee! En ja, die wegblystem is indirek n stem vir die ANC en EFF. Enigste logiese opsie is dus die VF Plus!

bolla ·

VF+ is apartheid-lite. Sal nooit weer vir so ‘n bestel stem nie.

Sinies ·

Ek sien Cope het ook n ‘kommentaar bemarking afdeling’ as ek na die antwoorde bo kyk.
.
Wel beter as DA, maar nog beter VF

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.