‘Leliewit Oscars’ geboikot

Nominasies vir die 2016-Oscars

Nominasies vir die 2016-Oscars

Die filmregisseur Spike Lee en die aktrise Jada Pinkett Smith het gesê hulle gaan volgende maand se Academy Award-toekennings boikot weens ʼn gebrek aan diversiteit.

“Hoe is dit moontlik dat al 20 genomineerdes in die akteurs-kategorie, vir die tweede jaar in ʼn ry, almal wit is?” wou Lee op Instagram weet. “My vrou, mev. Tonya Lewis Lee, en ek gaan nie die Oscar-seremonie in Februarie bywoon nie. Lee is die regisseur van flieks soos Malcolm X, Do the Right Thing en Chi-Raq. Hy het die 2016 Oscars “leliewit” genoem.

Geen swart akteur, regisseur of vervaardiger is benoem vir die 88ste Academy Awards nie, ondanks hoogaangeskrewe flieks soos Straight Outta Compton, Beasts of No Nation en Creed. Klik hier om die lys van genomineerdes te sien.

Verlede jaar se Oscar-toekennings was ook grootliks wit akteurs, en swart akteurs en regisseurs is nie genomineer nie. Daar was verlede jaar ook ʼn openbare reaksie oor die uitlatings.

“Ons moet staan in ons krag,” het Pinkett Smith in ʼn video op Facebook gesê. “Menswaardigheid en mag verminder indien daar vir erkenning gesmeek, of selfs gevra word.” Sy bevestig in die video aan die aanbieder van die geleentheid, Chris Rock, dat sy nie die toekenningsaand sal bywoon, of dit gaan kyk nie.

Cheryl Boone Isaacs, president van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, het ná 2015 se herrie onderneem dat daar meer diversiteit in die personeel en lidmaatskap van die akademie sal kom. Sy het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat die “verandering nie so vinnig gebeur as wat dit moet nie” en gesê haar “hart is gebreek” en dat sy “gefrustreerd” is met die gebrek aan inklusiwiteit. “Ons sien die kommer van ons gemeenskap raak, en waardeer almal wat my gekontak het in ʼn poging om vorentoe te beweeg.”

Chris Rock, ʼn uitgesproke kommentator oor rassisme in Hollywood, bied op 28 Februarie die Oscar-toekennings aan.

We must stand in our power!We must stand in our power.

Posted by Jada Pinkett Smith on Monday, 18 January 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris ·

As julle nie wil gaan nie is julle welkom op dit op die tv te kyk. Glo nie iemand gaan julle mis nie.

Piet Snot ·

Spike & Jada = rassiste.
Ons sien bloot akteurs. Hulle sien wit akteurs en swart akteurs.

magda ·

Geen mens kan help dat hul geskape is met die velkleur waarmee hul gebore is nie – waarom moet daar so baklei word oor alles rakende dit!! Geen mens het mos beheer daaroor nie…waarom nie net aanvaar wat nie verander kan word nie en in vrede met jouself en alle ander mense en nasies leef nie – ons het mos nie beheer oor ons velkleur nie, alle mense is ‘n uniek geskape mens waaroor ons geen beheer het nie…..

Dankbare mens. ·

Magda dankie kon dit nie beter sê. Maar …altyd die ONVERGENOEGDHEID NOOIT TEVREDE TEENOOR OMSTANDIGHEDE OOR HOE JOU SKEPPER LEWE VIR JOU LEEN ….in water kleur ookal dis VERBY IN OOGKNIP. DWASE

Petra ·

Dis n rasse oorlog nie net is SA nie, net hier is dit al baie erger!

Gerhard ·

Die wereldjie van ons is besig om te vergaan.. Snaaks dat mev.Smith nie gekla het dat sy wat die enigste nie-blanke aktrise in die tv-reeks Gotham was na die eerste reeks uitgeskryf is nie…

Ek is net bly die rasse ding is nie net in ons land nie want nou kan daai hipokrate van oorsee nie vingers wys nie

Schalk ·

Skielik lyk hierdie eenrigting kaartjie Mars toe vir my na n baie goeie skuif. Wonder of die ANC die kaartjie sal borg?

Akram ·

Genugtig. Self in die buiteland is daar n kwessie oor kleur. Dalk is die rolprente en mense betrokke nie so goed soos die wat genomineer is nie.

Pieter ·

Haar beoogte boikot het meer te doen met n diepgewortelde minderwaardigheids-kompleks en minder te doen met die feit dat niemand van “kleur” genomineer is nie…Snaaks dat haar man (Will) so stil is.

Joan Labuschagne ·

Sommige mense kan maar netnie aanvaar dat daar akteurs of ander sportmanne/vroue is wat beter as hulle gevaar het nie. S.A. het die kwota stelsel al vervolmaak. Dalk moet VSA se meerderheid by ANC kom leer.

Johannes ·

Dis asof daar ‘n groeiende anti-wit sentiment in die wereld is. ‘n Groeiende haat vir blankes. Ek wonder waar gaan dinge eindig?

Koos ·

Ek het gedink Oscar toekennings is vir prestasie in films.
Nou lyk dit my mens moet een kry net omdat jy swart is?

Vixie ·

Ek kan so baie dinge hier kwytraak, maar alles gaan my in die sop laat beland en die kommentaar moontlik verwyder laat word, MAAR, ons weet wat ons weet en wat so is, is so.

Christi ·

Ag hemel kry n lewe. As ek nie kan uitblink nie is dit ook agv rasisme!!! Nothing new. Living it in SA

Johan 2 ·

Ek dink ek presteer goed op my huisvidos. Ek is nie genomineer nie, so ek gaan dit ook boikot.

TM ·

Ek stem saam dat meer swart akteurs en aktrises moet erkenning kry want daar is briljante swart akteurs en aktrises maar moet dit nie ‘n rasistiese ding maak nie, daarmee stem ek glad nie saam nie. En hierdie tipe eise kom meeste van die tyd van mense wat onbekend geraak het omrede almal van hulle vergeet het of nooit ‘n indruk kon maak nie en nou soek hulle lugtyd. Gee almal ‘n regverdige kans en nie met terme en kondisies nie.

Maddox ·

So volgens jou moet swartes erkenning kry net omdat hulle swart is. Wat maak hulle so spesiaal?. En hier dink ek en duisende ander dat jy genomineer word vir uitstekende toneelspel, en nie vir die kleur van jou vel nie.

GES ·

Om hierdie sotlikheid stop te sit sal dit maar net eenvoudig beteken dat elke groep sy eie Oscar-toekenning moet kry. Saam dinge probeer doen sal probleme gee tot na die jaar 3000.

Griki ·

Wil hulle nou RA in Hollywood ook instel – mense wat werk en toekennings kry op grond van kleur en nie meriete nie? Hoe vernederend! Maar Chris Rock, wat die aanbieder is, is swart. Duidelik is Spike en Jada nie die skerpste messe in die laai nie.

DEE ·

Magda is reg. Mens kies nie jou velkleur nie, maar jy kan self besluit of jy suksesvol wil wees. As die swart akteurs ens. nie sulke goeie vertonings en werk gelewer het nie, is dit mos net regverdig dat die ander genomineer moet word. Elke mens moet geevalueer word op sy / haar eie meriete. Ongeag velkleur. Laat die beste een wen.

Christo Pienaar ·

Wie ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks? Altyd die rassekaart wanneer iemand nie op eie meriete erens kan kom nie. Ha, ha – suur druiwe!

Chris ·

Hier gaan ons al weer. Ek het gedink die toekennings is vir talent duidelik nie. Wat die Smith dame betref ek dink dis bietjie gal druiwe nie net suur druiwe nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.