Lelike ‘nasionale blom’ iets van die verlede

plastieksakke-inkopies

Die groep wetenskaplikes van die WNNR in Port Elizabeth het nou daarin geslaag om ʼn plastieksak te vervaardig uit mielies en suikerriet wat heeltemal ontbind. Foto: Cocoparisienne/Pixabay.com

Dit lyk of Suid-Afrika uiteindelik op ʼn omgewingsvriendelike wyse die land se sogenaamde “nasionale blom” kan groet.

Dit kan gebeur danksy ʼn navorsingspan van die wetenskaplike en nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) wat vroeër die week bekendgemaak het dat hulle daarin geslaag het om ʼn 100%-bio-afbreekbare plastiekinkopiesak te ontwikkel.

Valli Moosa, die voormalige minister van omgewingsake, het in Augustus 1999 gesê die Suid-Afrikaanse vlaktes is so met plastiekinkopiesakke besaai, dat dit net sowel “ons nasionale blom” kan wees. Moosa het toe reeds gesê hy oorweeg dit om ʼn verbod op dié soort plastieksakke te plaas. Die verbod is later aangepas en net op plastieksakke met ʼn dikte van minder as 80 mikrometers ingestel. Verbruikers moes ook rondom 2004 vir die gebruik van plastiekinkopiesakke by winkels se betaalpunte begin betaal. Ongelukkig het die dikker plastieksakke steeds in die land se stortingsterreine beland, en neem nog langer om te ontbind.

Die groep wetenskaplikes van die WNNR in Port Elizabeth het egter nou daarin geslaag om ʼn plastieksak te vervaardig uit mielies en suikerriet wat heeltemal ontbind in modder, grond, kompos en selfs water. Die ontbinding vind binne drie tot ses maande plaas.

Groothandelaars soos Pick n Pay en Woolworths het reeds aangedui dat hulle daarin sal belangstel om die nuwe uitvindsel vir ʼn tydperk te toets.

Sudhakar Muniyasamy, ʼn senior navorser van die WNNR en hoof van dié navorsingsgroep, het Maandag gesê die nuwe sakke het dieselfde duursaamheid as gewone plastieksakke, maar verskaf net “baie meer voordele”.

“Hierdie bio-afbreekbare plastieksakke sal nie net nuwe geleenthede vir die mark meebring nie, maar ook die hoeveelheid plastiekafval in Suid-Afrika help verminder,” het Muniyasamy gesê.

Muniyasamy het gesê die nuwe sakke kos tans twee tot drie keer duurder om te vervaardig, maar die koste sal afneem sodra grootskaalse produksie van die sakke begin.

“Ons hoop om teen September die eerste toetsprodukte beskikbaar te stel en verwag om vroeg in volgende jaar die sakke kommersieel te versprei.”

Sowat 90% van die konvensionele plastiek inkopiesakke in Suid-Afrika word tans van petroleumgebaseerde chemiese materiale gemaak en dit is nie biologies afbreekbaar in ʼn natuurlike omgewing nie.

Jacques Lightfoot, volhoubaarheidsbestuurder by Plastics SA, het gesê hy glo die nuwe sakke sal goed vir die omgewing wees. Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die sakke se impak op bestaande werksgeleenthede in die bedryf.

“Hierdie soort sakke sal baie oplossings bied vir die probleme wat ons tans ervaar en dit het sy plek solank dit nie die bestaande herwinningsbedryf vernietig nie,” het Lightfoot gesê.

“Ons het tans 1 800 omskakelaars van plastiekprodukte in die bedryf. Hulle verskaf werk aan 50 000 mense en 231 herwinners het 5 000 werknemers in diens.

“Ons herwin tans gewone plastieksakke en as die nuwe sakke nie korrek gemerk word nie kan dit die gewone sakke kontamineer as hulle saam gestoor word. Ons hoop nie dit beïnvloed ons herwinningsbedryf negatief nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

32 Kommentare

Johan. H. ·

Lyk my ons, of eerder die land kan nog iets regdoen,,, Moennie dat die werksgeleendheid storie julle afsit nie, Julle is nie daar om werk te genereer nie, Dis ten beste vir die land , en diere en omgewing…

Roodepoort Rocker ·

Wonderlik die ou sakkies is vieslik en le orals rond.
Kyk maar die hoogwatermerk in rivierlope

MisDemeanor ·

Johan, ek sal baie bly wees as ons van pastieksakke ontslae kan raak, maar doe bioafbrekbare plastieksakke is noe deur die WNNR uitgevind noe (die berig skep daardie indruk). Eitlik is sulke biologies-gebaseerde en bioafbrekbae platiek al in die 1980s ontwikkel (sien Wikepia Polylactic acid)

Sonja Engelbrecht ·

Die plastieksakke is lankal nie meer so dik as aan die begin nie. Jy is nog nie by die huis nie dan is die sak al stukkend.

Eish ·

Dit, is wetenskap op sy beste! Teorie wat in die praktyk op herhaalbare, meetbare, sigbare resultate uitloop! Ek sal graag wil weet wie die span is van Mnr. Muniyasami wat die deurbraak gemaak het. Ons gaan nou ons kos in n kossakkie sit. Al wat hul nou nog moet doen is om die sakkie eetbaar te maak. Veral met die oog op die week voor maandeinde.

MisDemeanor ·

Eish…sulke plastiek is al in die 1980s vervaardig. Hoogtyd dat ons bykom en dit gebruik. Word al lankal in Europa gebruik by seker supermarkte. Hoop dit word wereldwyd geimplimenteer.

Eish ·

Wil jy my wraggies sê hul ploeg met ander man se kalwers? Née jong, dan is ek stomgeslaan!

Eish ·

MisDemeanor,
Ja née, jy is reg. Tot die chemiese bindings word aangedui op Wikipedia! Nartureworks is die grootste vervaardiger in die VSA. Wat op aarde het die WNNR besiel om so n misleidende aankondiging te maak?

MissDemeanor ·

Eish, man. Ek sien ek spel my naam verkeerd..eish! Dalk het hulle die ander man se kalwers verbeter. Nogtemins, ek hoop dit word nou geimplimenteer reg oor die land.

ELF ·

Dit verbaas my telke male wanneer ‘n nuwe beter geleentheid beskikbaar word of ontwikkel word tot voordeel van die omgewing, dat daar altyd iemand sal worry oor werkverliese as gevolg daarvan. Die mense wat tans herwin het van ‘n geleentheid gebruik gemaak om dit wat orals rondgestrooi word te versamel en dus ‘n inkomste te verdien. Daar is nie altyd ‘n waarborg dat ek werk gaan hê in my bedryf nie, dus moet ek aanpas met tye. Hoop darem dat ketting winkels ook nou hulle deel sal dra ivm kostes van nuwe sakke en nie aanhou om ons uit te byt en vir hulle advertensie materiaal (sakke met hulle name en advertensies op) betaal nie.

MisDemeanor ·

Ja daai ou van Plastics SA is net bang vir kompetisie. Ons herwin inelgkeval bitter min. Dis sakke sal noe mense se inkomste van hul onteem nie. Moskien as ons munisipalireite begin om herwinning op asgate toe te pas kan meer werk geskep word. Jaques Lightfoot se kommentaar kom uit sy eie “self interest” en kan slegte nagevolge vir ons imgewing he.

Johan ·

Wonder maar net na al die “land grabs” waar gaan hulle mielies en suikeriet kry om sakke mee te maak

Roodepoort Rocker ·

Wonderlike nuus.
Die ou sakkies is vieslik.
Kyk maar hoe lyk draadheinings en die hoogwater merk in riviere.

POSITIEF: ·

Baie goeie nuus vir ons ekosisteem! Mense is aanpasbare wesens. Daar sal altyd rommel wees.
Dink positief oor die ontwikkeling, daar gaan meer eetbare vis en diere wees vir die mens in die toekoms. Tans word ons riviere en spruite met die plastieksakke verstop!

B-man ·

Welgedaan WNNR. Nou moet ons net duimvashou dat ons nog boere sal oorhê om suikerriet en mielies te verskaf.

HPV ·

Tik die volgende op die internet soekengin ” Mercedes Benz biodegradable wiring harness” Iemand by Mercedes het jare gelede soortgelyke tegnologie as isolasie materiaal vir die bedrading in hul motors gebruik. Ek was die eienaar van so motor en om die minste te sê nie baie laggerig oor die geldelike verliese wat ek daardeur gely het nie. Ek dink vandag nog dit was die domste ding wat ‘n motorvervaardiger kon doen . Maar nou ja, dit is ‘n baie goeie idee om plastieksakkies afbreekbaar te maak.

Mike ·

Goeie nuus , hoe sal die gewone sakke gekontamineer word , iemand verduidelik asseblief……….

Jan Jooste ·

Hierdie pladtiek verskil van die gewone plastiek. Daar moet seker nou getoets word watter effek ‘n mengsel op die nuwe produk se eienskappe gaan hê. Waarskynlkkheid egter goed dat mengselplastiek swakker gaan wees. Derhalwe kontaminasie …

Danie ·

kyk maar net waar le die sakkies langs die paaie, dan weet julle wie die oorsaak daarvan is.
of gooi julle ook die sakkies by jul huise se deure uit

Jordaan ·

Dit help seker nie om te hoop die belasting op inkopiesakkies gaan dan weer afgeskaf word nie? Ek wonder hoeka in watter ANC beursie hierdie geld beland, want hergebruik word die sakkies se plastiek beslis nie.

Elizabeth ·

Dit lyk nie asof die 50 000 mense wat plastieksakke herwin juis iets uitgerig kry nie. Hoekom moet ons (op meer as een manier) die natuur skade aandoen net om werksgeleenthede te skep? Zuma het mos werk aan die werkloses belowe. Laat hulle paaie bou, huise bou, skole bou, die see skoonmaak …

nico ·

As die nuwe sakkies te duur is gaan daar ‘n swartmark vir die ou sakkies ontstaan…

Johanna Botha ·

Dit kan regtig help want so vinnig soos die arme DA stadsraade in PTA en JNB optel netso vinnig word daar maar net weer papiere en plastieke gestrooi. Wens dit kan werk vir siggaretstompies wat mense so by die kar se venster uitgooi …wat n vieslike vuil en onverantwoordelike gewoonte !

Cherokee ·

Woonstel bewoners (veral) het die gewoonte om selfs vir klein dingetjies wat gekoop word, te beduie dat dit in groter sakke geplaas moet word want die sakke word geberg en in vullishouers gebruik. So maklik om net in die oggend die sak uit te haal en voor die deur neer te sit van waar dit verwyder word deur skoonmakers. Nou sal die sakke gestoor word en paar maande later is daar geen sakke.

Dries van Vuuren ·

Daar was ‘n aantal jare gelede heelwat berigte oor ‘n ou daar in Stellenbosch se omgewing wat beweer het hy het ‘n proses ontwikkel waarmee hy brandstof, soortgelyk aan diesel, uit afval plastiek kan maak. As ek reg onthou kon hy een liter brandstof uit ‘n kilogram plastiek produseer.
Was dit net ‘n foefie of weet iemand wat van die storie geword het?

Cherokee ·

Die brandstof kon net op plastiekkarre gebruik word maar nie op regte ysterwaens nie.
Moet nie dit glo nie, maak net ;n grappietjie.

jaco ·

ek wonder of hierdie sakkie nou ook dieselfde dood sal sterf as die geneesmiddel vir vigs wat iewers in die laat 1990’s deur dokters in Pretoria uitgevind is, maar toe deur die ANC-regering afgeskiet is NET omdat dit deur WIT dokters uitgevind is.

FrikS ·

Dit is nie net plastieksakke nie. Gaan kyk maar op sekere roetes na sekere woongebiede. Kitskoshouers, bierbottels en blikke, ens, ens. Dis ‘n kultuur probleem. geen verantwoordelikheid .

Deon ·

Hoekom moet daar eers iets nuut uitgevind word? Daar was jare gelede net papiersakke en dit word maklik afgebreek en kan ook gebruik word vir ander doeleindes!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.