Len Cloete ‘herwin bewussyn’

Len Cloete en sy vrou, Chantal. (Foto: Facebook / Len Cloete)

Len Cloete het vandeesweek vir die eerste keer in meer as ʼn maand sy bewussyn herwin.

Cloete was die afgelope paar weke in ʼn koma nadat ʼn polisiebeampte hom op 13 November tydens ʼn onderonsie by ʼn gastehuis in Muldersdrift in die kop geskiet het.

Luke Enslin, ʼn lid van die private speurder Mike Bolhuis se ondersoekspan, het die jongste verwikkeling Vrydag aan Maroela Media bevestig. Die aard en omvang van Cloete se toestand is egter onbekend.

Cloete, ʼn inwoner van Pretoria-Oos, word intussen steeds in die Pinehaven-hospitaal in Krugersdorp behandel.

Maroela Media het verskeie navrae aan Cloete se vrou, Chantal, gerig, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

Sy het Donderdag op haar Facebook-blad aangedui dat sy weens “veiligheidsredes” niks meer oor haar man op sosiale media mag publiseer nie.

“Maar ek sal God elke dag loof en my reis deur gebede skryf, en ek sal God verheerlik!” het sy by dié inskrywing gesê.

Die Cloete-egpaar was op die betrokke dag saam met twee vriende by die Misty Hills-gastehuis toe die voorval plaasgevind het. Hulle sou die aand hier deurbring.

ʼn Argument tussen die vier gaste en die personeel van die gastehuis het glo daartoe gelei dat die polisie eindelik na die Cloetes se kamer ontbied is. Cloete is in dié kamer ten aanskoue van verskeie mense geskiet nadat hy self ook ʼn vuurwapen rondgeswaai en op die polisiebeamptes geskreeu het.

ʼn Grafiese video van die skietvoorval is wyd op sosiale media gedeel en het skerp kritiek – teenoor Cloete sowel as die polisie – ontlok.

Ondersoeke na die voorval duur tans voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elinette ·

Die oom (Len) klink vir my “trigger happy” en dalk het die voggies ook al bietjie gepraat teen die tyd wat die polisie opgedaag het. Daar is maniere en MANIERE hoe om situasies soos hierdie te hanteer. As die gaste se kamers nie gereed was teen die tyd wat hulle opgedaag het nie – “chill” ‘n bietjie, my oom! Die gastehuis en jou kamer of kamers gaan nêrens heen nie! Ek dink miskien die polisiebeampte moes nie die oom in die kop geskiet het nie, miskien net in die voet, been of hand/arm (daai ene wat so lekker die gun’ rondswaai). Nietemin, die hele situasie het onnodig geëskaleer – ek hoop net hy maak ‘n volledige herstel en dat die polisiebeampte nou nie sy of haar werk kwyt is hieroor nie.

Anton J ·

Sal nie ek kon gewees het in hierdie geval nie want ek sou beskaafd opgetree het irrelevant of die gastehuis gereed vir my was of nie. Daar is ander kanale om jou ongelukkigheid uit te spreek.

Sandra ·

Die polisiebeampte behoort sy/haar werk te verloor. Uiterss onverantwoordelik om iemand in die kop te skiet. Skouer, arm, been en baie ander dele meer aanvaarbaar as daar werklik gevaar was.

Anton J ·

So ek skiet in die arm of been die bedreiging wat alreeds agresief is, n diens pistool afgeneem het en n aanvallende optrede toon sodat hy heelwaarskynlik kan reageer en my in die kop skiet. Nee die vuurwapen wet maak voorsiening en die man was uiters gevaarlik en onverantwoordelik en dit nadat hy gewaarsku was “nou speel jy gevaarlik”. Gevaarlik speel, dit is wat jy kry.

Anton J ·

Hoekom? Net omdat hy sy werk gedoen het teen n man wat uiters gevaarlik gespeel het. Hy het in sy regte opgetree. Hy was alreeds gewaarsku “nou speel jy gevaarlik” so hy was gewaarsku sy speletjie gaan nie goed eindig nie, en dit het nie.

ES ·

Elinette, ek stem saam met jou dat die regte prosedures nie noodwendig gevolg is nie, maar die wet op vuurwapenbeheer maak nie voorsiening vir skiet in die voet of been of kop nie. Wanneer jy jou vuurwapen gebruik, moet dit wees vir die doel waarvoor jy hom het – om die teiken te elimineer. So hy is geskiet om die bedreiging te eindig, dit maak nie saak waar nie. Jy kan ‘n hoofslagaar in die been afskiet en iemand kan doodbloei. ‘n Vuurwapen is ontwerp om te elimineer, nie te beseer nie.

Daleen ·

Ai Elinette ek dink dat aanmerkings oor Len se optrede en die polisie se optrede is al holrug gery die week toe insident plaasgevind het. Die kommentaar is onnodig. Ek is dankbaar dat hy sy bewussyn herwin het en bid dat hy volkome sal herstel terwille van sy vrou, kinders en familie.

Keelvol ·

Verduidelik vir my hoe gaan jy iemand wat n vuurwapen in die hand het in die voet of in die been skiet?

Pieter ·

Staaldraad, jy hoef nie baie slim te wees om na die video te kyk en slef te sien nie.

Linx ·

Klink asof j daar was en meer weet as d obvious,so vertel bietjie vir ONS ook wat daar gebeur het ek brand om t weet&(ja ekt d video gesien)

Perdeby ·

Dalk kan hy binne kort verduidelik hoekom hy soos ‘n ” tappent” opgetree het.

Mrs H ·

Of die gastehuis kan verduidelik hoekom hulle so onbevoegd in die situasie van die begin af was.

Cherokee ·

Ek neig bewerings te onthou dat die poeliesman vuurwapen-onbevoeg is.

Pieter ·

Ek neig feite te onthou (SIC) dat die ou pap dronk was en andere se lewens bedreig het.

Misky ·

Ek brand om sy weergawe van die gebeure te hoor, wetende die hele SA het reeds die video honderde kere gekyk. Ek dink steeds die polisie moes die gebeure anders hanteer het en vroeër situasie ontlont het.

Keelvol ·

Ek dink die man moes in die eerste plek nie so opgetree het nie. Dan was daar geen situasie nie.

Mrs H ·

Ek dink die gastehuis kon dinge baie beter en anders hanteer het. Uiters swak met horribale nagevolge.

Jr ·

Los die man nou., hy is lewendig. Dis nie nodig om afbreekende kommentaar te lewer. Hopelik sal hy tot die besef kom dat alles nie met violence geregverdig kan wees. Oom ek was daar, maar toe kom ek op n punt waar ek nie meer so kon aangaan en toe vra ek Jesus om my te help. Want n mens kan nie jouself change nie. En toe later word ek gebruik om “counciling vir jong mans te doen”. Ek kon toe hulle verstaan want ek was daardeur en hulle raad gee. Jesus het jou ‘n tweede kans gegee, gebruik dit Len

Waarnemer ·

Daardie polisieman behoort steeds aangekla te word vir poging tot moord,en onbevoegd om n vuurwapen te hanteer bevind word.Eintlik behoort hy uit die polisiemag verwyder te word.

Pieter ·

Verstommend hoe baie verbondsmense die ou se gedrag as normaal beskou. Gee mens ‘n beeld van die antivaxers, bybel en verbondsmense. Hulle hoop seker vir nog baie wyn uit water wonderwerke.

Hoekom ·

Sien Pieter, jy doen nou maar presies wat die oom gedoen het, net op sosiale media. Waar jy agter die gordyne van die internet kan weg kruip. Almal mag hulle eie opinie he oor die inentings. Almal mag hulle eie opinie he oor die Bybel. Almal mag hulle eie opinie he oor hulle verbond met God. Hierdie is ‘n Republiek waar jou regte beskerm word in hierdie gevalle. Nie net jou opinie oor ‘n saak is die regte een nie. As jy so voel gaan bly dan in ‘n land soos Noord Korea. As die sogenaamde intelligente man wat jy jouself uitmaak as, behoort jy die te verstaan. Net mense sonder die vermoë tot “cognitive thinking” dink almal moet dieselfde wees, dieselfde opinies he en dieselfde optree…

Vlooitjie ·

Hoe dit ookal is, almal kon die situasie beter hanteer het as hul terugkyk daarop. Maak nie saak hoeveel on spekuleer of “judge” nie, wat gebeur het, het gebeur en dit was uiter duur lesse vir beide partye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.