Len Cloete-skietery: Het die polisie reg opgetree?

Len Cloete is deur polisie in die kop geskiet en is tans in ’n koma. (Foto: Facebook / Len Cloete)

Was die polisie reg om Len Cloete (59) te skiet?

Hierdie vraag is die spil waarom ʼn groot openbare debat draai nadat ʼn polisiebeampte Cloete verlede Saterdag ná ʼn onderonsie by die Misty Hills-gastehuis in Muldersdrift in die kop geskiet het.

ʼn Grafiese video van die voorval het intussen wyd op sosiale media versprei terwyl Cloete steeds in die Pinehaven-hospitaal in Krugersdorp om sy lewe veg. Hy is sedert die voorval in ʼn koma.

Verskeie kenners wat dié video onder oë gehad het, is van mening dat die polisie wel reg opgetree het om ʼn gewapende Cloete, wat op die video as die aggressor voorkom, te skiet. Sommiges sê egter dat indien polisiebeamptes die regte opleiding en ervaring gehad het, hulle die situasie waarskynlik heel anders sou benader en vroegtydig sou ontlont het.

Dr. Chris de Kock, ʼn onafhanklike misdaadontleder en voormalige hoof van misdaadinligtingbestuur by die SAPD, sê hy het oor die algemeen baie kritiek teen die polisie, maar dat hy in dié geval baie simpatie het.

“Dis jammer dat dit gebeur het en die man nou om sy lewe moet veg. Bloot op dít wat oor die gebeure bekend is, lê my simpatie egter aan die kant van die polisie.

“Suid-Afrika is ʼn gewelddadige land en die polisie het nie ʼn maklike taak nie.”

De Kock sê boonop sou polisie elders in die wêreld al vroeër losgebrand het indien hulle met dieselfde situasie gekonfronteer is.

Hy verwys spesifiek na die oomblik in die video waar Cloete sy vuurwapen uitpluk en oorhaal sodat ʼn patroon op die grond val. Cloete het ook sy vuurwapen in die rigting van polisiebeamptes geswaai.

“Dis wel nie duidelik wat voor die video gebeur het nie, maar in ʼn ander land sou die polisie iemand al geskiet het die oomblik wat so ʼn persoon hul vuurwapen oorgehaal het.

“Toe gryp hy nog die polisievrou se vuurwapen uit haar hand en mik dit weer in hulle [die polisie] rigting.”

Teenargumente

De Kock sê hoewel hy nie dink die polisie het 100% reg opgetree nie, is daar belangrike teenargumente wat in ag geneem moet word.

“Baie mense sê nou die polisie moes eers ʼn waarskuwingskoot afgevuur het. Dít kon egter uiters gevaarlik wees. Polisiebeamptes het hoëkalibervuurwapens en om ʼn waarskuwingskoot in ʼn geslote ruimte met verskeie mense af te vuur, kon noodlottig wees. Die patroon kon enige plek vasslaan, terugskiet en iemand dood of beseer,” verduidelik De Kock.

“Ander argumente voer aan die polisie moes die man [Cloete] oorrompel of eerder in die been wond. Hy [Cloete] is egter ʼn sterk man, en al skiet jy hom in die been het hy steeds ’n gespande vuurwapen in sy hand.”

’n Skermskoot uit die video.

De Kock sê wel opleiding kan altyd verbeter, maar dat polisiebeamptes in die werklikheid soms ʼn baie groot besluit in ʼn breukdeel van ʼn sekonde moet neem – iets waarmee ʼn polisielid nie noodwendig tydens opleiding gekonfronteer word nie.

“Die polisie het volgens wet die reg om daardie keuse te maak. Ek het ook baie simpatie met die polisie wanneer dit by selfverdediging kom. Cloete het irrasioneel opgetree en in dié geval sou ek nie sê die polisie was brutaal nie. Die hof kan dalk nog anders besluit, ons sal moet wag en sien.”

Ervaring en opleiding

Dr. Johan Burger, ʼn polisiekenner verbonde aan die Instituut vir Sekerheidstudies, stem grotendeels saam.

Hy sê egter dat opleiding, maar ook ervaring moontlik ʼn groot rol in die uitkoms van die situasie gespeel het.

“Die man [Cloete] het duidelik ʼn situasie geskep wat uiteindelik tot die skietvoorval gelei het. Die feit dat hy groot en intimiderend was, kon ook ʼn rol gespeel het. Normaalweg sou jy iemand in bedwang kon bring.

“My indrukke, net deur na die video te kyk, was egter dat die polisiebeamptes bang was vir hom.”

Hy sê Cloete het alle aanduiding gegee dat hy van plan was om sy wapen te gebruik – selfs nog voor hy die polisievrou se wapen afgevat het. Volgens Burger kom dít boonop op ernstige roof neer.

“Ek weet nie of hulle van plan was om in hegtenis te neem nie, maar sou dit die geval wees – en dis ʼn aanname – tree artikel 49(2) van die Strafwet ook in.

“Enige persoon wat glo dat sy lewe of die lewe van ander bedreig word, kan, as daar geen ander manier is om die gevaar te verwyder nie, dodelike geweld gebruik. Indien artikel 49 nie ter sprake is nie, kyk ʼn mens na noodweer [selfverdediging], wat basies op dieselfde beginsels neerkom.”

Burger sê die groot vraag is egter of die polisieman nie dalk oorhaastig geskiet het nie.

“ʼn Meer ervare lid sou sy wapen getrek en op man gerig het terwyl hy hom verbaal waarsku. Daar was ʼn paar sekondes tyd om te sê ‘ek het my wapen op jou gerig’. My indrukke is egter dat hy [die polisiebeampte] dadelik sy wapen getrek, gerig en geskiet het. Hy het nie die verdagte enige geleentheid gebied om die wapens op die vloer neer te sit nie.

“Daai paar sekondes gaan na my mening die groot diskoers wees as hierdie saak in die hof kom. Was sy optrede redelik onder daardie omstandighede of moes hy meer moeite gedoen het om die man net eers te oorreed om sy wapens neer te sit? Dalk het hy nie genoeg ervaring gehad nie, maar dalk het hy so bedreig gevoel dat hy nie ʼn kans wou waag nie.”

Onvoldoende kommunikasie

Ian Cameron, woordvoerder vir Action Society en stigter van Firearms.co.za, sê ook dat hy nie die polisiebeampte kwalik neem dat hy geskiet het nie, maar dat beter kommunikasie die situasie vroegtydig sou ontlont.

“Wat die skietery self betref, dink ek die polisiebeampte het binne sy regte opgetree. Ander polisiebeamptes wat ek ken, sou waarskynlik vroeër geskiet het, al toe hy [Cloete] sy vuurwapen oorgehaal het.”

Dis die polisie se optrede voor die skietery, sê Cameron, wat hom egter die meeste bekommer.

“Ek dink die hele ding het onnodig geëskaleer.

“Van wat op die video gesien kan word, het niemand van die polisie direkte instruksies aan die slagoffer [Cloete] gegee nie. Wat my verder bekommer is dat die polisie duidelik nie geweet het hoe om die situasie te ontlont nie en ʼn tragedie te vermy nie.”

Cameron verwys onder meer na die polisie se “onprofessionele taalgebruik” en algehele houding.

“Dis boonop kommerwekkend dat nie een van die ander polisiebeamptes ingegryp het toe Len die polisievrou se wapen afgevat het nie. Hulle het net gestaan en kyk. Hulle het ook glad nie met die bystanders soos sy vrou en vriende kommunikeer nie. Dit kon ʼn kernrol gespeel het om Len tot bedaring te bring.”

Cloete se optrede was nietemin verkeerd, meen Cameron.

“Sy optrede reflekteer baie sleg op die reputasie van goeie, wetsgehoorsame vuurwapeneienaars. Nietemin bly dit ʼn verskriklike traumatiese voorval.”

ʼn Klagte van poging tot moord is intussen teen die betrokke polisiebeampte ingedien terwyl die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) die afvuur van ʼn vuurwapen ondersoek. Volgens die private speurder Mike Bolhuis is die polisie ook met ʼn interne ondersoek besig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

151 Kommentare

twaalfboor ·

Jys reg. Ek is al 36jaar in die polisie. Sou hom al geskied het toe hy sy wapen vorendag gebring het en hom gespan het. Die feit dat hy sy rondte opgetel het nadat hy die pistool gespan het beteken hy was, soos hulle dit noem “one-up”.
Steroids maak mens mos “sterk”.

MakersMark ·

Presies. “One up” uitstekende beskrywing. Hy was reg vir moeilikheid. As jy as polisieman van 36 jr diens sê jy sou hom vroeër geskiet het wetende dat jy binne die wet en jou reg om jou eie lewe te beskerm optree kan min stry. En die polisie op die toneel het hom gewaarsku en selfs toe hy die polisievrou se wapen afneem nog steeds nie geskiet nie. Hy het twee kanse gehad. As dit VSA was het twee polisiemanne hul clips leeggemaak toe hy sy wapen span so ten minste 20 rondtes en meeste sou in die bors gewees het dan was dit bye bye.

Perdeby ·

Nee hy het nie. Jy span nie jou vuurwapen voor enige persoon en swaai dit rond nie . Die grootste fout dat hy gemaak het was on die lid se vuurwapen te gryp baie groot probleem wag vir hom sou hy herstel.

Agge nee ·

Al wat ek reken is dat Misty Hills verkeerd opgetree het om toe te laat dat die polisie ‘n deur die slaap, en na bewering, onder die invloed van drank, laat wakker klop het. Dieselfde probleem kon die volgende oggend besleg gewees het. Baie, baie slegte publisiteit vir hierdie gastehuis.

Pieter ·

Richard, jou held het letterlik geval. Net soos ET destyds van sy perd en van sy bed af.

MakersMark ·

Niks met gastehuis uit te waai nie as hy onder die invloed was wat soek hy met ‘n vuurwapen in sy hand vol bravado voor die polisie ? Om ‘n vuurwapen te hanteer onder die invloed is reeds ‘n kriminele oortreding. Klink soos blm – Len is nie die victim nie hy is die oortreder.

Keelvol ·

Hy’s verkeerd. Die man de optrede was verkeerd. Hy’t geen reg gehad op so op te tree nie. Hou op om hom te verdedig net omdat hy wit is.

VaalDonkie ·

As jy ‘n ou wie se adrenalien vloei met ‘n handwapen in sy arm skiet, gaan jy hom net nog meer kwaad maak. As jy reg opgelei is, dan mik jy vir die bors of die kop sodat jy die grootste kans het om die aggressor so vinnig as moontlik uit te skakel. As hulle hom in die arm of been geskiet het, sou hy teruggeskiet het en dan was daar meer as een ou in die hospitaal.

Hettie ·

Polisie kon net onder soos op been geskiet het, nie in kop skiet nie. Hy moet gestraf word of sit in tronk want hy sal weer in ander mense se kop skiet

Agtogwatnog ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Daardie man was n gevaar vir omstanders, dronk en onstabiel. Ek het nie baie ooghare vir die polisie nie, maar hier het die beampte ander mense beveilig.

Pieter ·

Tot iemand in jou hus onder invloed twee vuurwapens rondswaai. Dan tjank jy en vlug vir die heuwels. Grootbek.

twaalfboor ·

Hettie jy weet nie waanvan jy praat nie. Dis noodweer en nie ñ arrestasie nie. GROOT verskil…… en ja, ñ kopskoop is geregverdig. Ek ken die wet en my regte as ñ polisie beampte. Hy sou al op die grond gelê het toe hy die EERSTE keer sy wapen vorendag gebring het.

Laurika ·

Waar is die klomp wat vir my gesê het dat ek so min van die wet weet as Cele nou? Lees asb hier bo en laat weet asb waar julle geswot het sodat ek julle kan help om jul geld terug te kry.

Onnie ·

Ek is jammer, maar ek sou hom ook geskiet het – hy het beslis almal daar se lewens bedreig. Hopelik oorleef hy en sal die vir hom n kosbare les vir die toekoms wees. Mens moet meer nederig en bedagsaam wees, en minder arrogant en aggresief. Dit alles omdat jou kamer nie reg was toe jy daar opdaag nie??. Dinge gebeur, nie noodwendig aspris nie – hy is ook darem nie die Koningin van Engeland nie. Dit wil voorkom of mnr Cloete nie gewoond is daaraan dat almal nie spring as hy sy vingers klap nie. Hy het gedink deur mense te boelie en intimmedeer met sy spiere gaan hy altyd sy sin kan kry- toe nie.

Keelvol ·

Ek sou hom die oomblik wat hy omgedraai het met sy vuurwapen dit gedoen het.

007 ·

Jy slaan die spyker op die kop. Ek sou geskiet het toe hy sy wapen gaan haal het. Want dit was die begin van die einde.

twaalfboor ·

Neewat, sulke kapokhaantjies is meer bek as binnegoed. Dis hier bewys.

Jacobus ·

Sal jy die kans vat met n oorgehaalde vuurwapen in die kapokhaantjie se hand? Ek sou nie.

Charles ·

Mens moet ook kyk na wat die video nie wys nie. Die situasie moes vermy geword het. Was die misdaad voor die konfrontasie so erg dat die polisie n situasie moes skep wat Cloete se oordadige agresiewiteit verder uitlok? Niemand wil bedreig voel as jy middernag, kaal in die bed wakker gemaak word deur gewapende persone ( al is dit die polisie) wat sonder toestemming in jou slaapkamer is nie. Die polisie was besonder kalm tydens die konfrontasie, hul optrede wys dat hulle die konfrontasie wou gehad het (weetend of onwetend). Kyk hoe het die polisie die situasie ontlond toe Pres Zuma geweier het om tronk toe te gaan. Dit is moontlik, maar hier is Cloete vooraf genader soos n berugte moordenaar. Dit is moeilik vir n man wat so wakker gemaak word om net alles te aanvaar en saam te werk. Kyk hoeveel mense sterf jaarliks in polisie aanhouding. Dit lyk of Cloete tyd gesoek het om die situasie te proseseer. Hy kon n paar keer tot die aanval oorgegaan het, maar het sy wapen gaan neersit.

MakersMark ·

Help nie vir slim praatjies nie. As jy vra om geskiet te word sal dit gebeur. Kit en wapens werk nie saam nie.

twaalfboor ·

Maak nie saak wat vooraf gebeur het nie. Duidelik was hy die aggressor en het ñ polisie beampte ontwapen wat opsig self ñ ernstige oortreding is. As jy nogsteeds die man wil verdedig uit die video materiaal is daar iets fout met jou.

Charles ·

Die polisie kon die situasie onmiddelik ontlont het deur uit die slaapkamer te gaan en die persoon wat hom wangedra (Cloete) in te lig dat daar n klag teen hom is en sy weergawe (verklaring) wil afneem. Hy was nie n bedryging tydens die polisie se aankoms nie. Polisie kon hom net gevra het om sy klere aan te trek en dan na buite te kom, as Cloete die situasie geproseseer het , hom in te lig dat hy aksie in die gesig gaan staar vir enige swak gedrag. Na n geselssie kon hul hom oor reed het om onder eskort die perseel te verlaat. En in kennis stel dat hy sy vuurwapen lisensie kan verloor. Die polisie het nie vrede gesoek nie, hulle wou net hul weergawe op die man af dwing voor hy die situasie kon proseseer. Die polisie was meer gemaklik om n situasie te skep waar hulle hom “wettig” kon skiet.

JohanR ·

Die man het twee gewere rond gewaai. Hy het toe die een geweer oorgelaai, en toe probeer hy die polisie vrou se geweer afneem. Al daai optredes skreeu nee nee nee! As hy in die arm of been of self liggaam geskiet is sou hy dank self in daai kamer ‘n skoot af gekry het en wie getref het?’n Kop skoot was die enigste manier om die “out of control” man stop te sit. As Len Cloete oorleef gaan hy baie spyte oor baie dinge he.

Drico ·

Johan, gaan kyk die video clip weer. Hy het sy wapen gaan bêre en daarna nie probeer om due vrou te ontwapen nie, hy het haar ontwapen.

MakersMark ·

Toe hy die polisie vrou ontwapen het moes hy reeds geskiet word. Dis onwettig.

Amanda ·

Vreemde wêreld, aan die een kant kla ons die polisie tree nie genoegsaam op wanneer nodig nie, aan die ander kant kla ons as die polisie wel optree. Die video wys duidelik die polisie het hier met ‘n persoon te doen wat niks voel vir sy medemens nie, pistole rondswaai asof dit lekkers is. Nee wat, polisie het reg opgetree. As mens verkeerd doen, moet mens bereid wees om die gevolge te dra. Die man tree op asof hy ‘n god op sy eie mishoop is.

Drico ·

Laurika gaan lees asb die berig hierbo weer. Al lê beide kenners se simpatie by die sapd erken hul nogsteeds dat die sapd nie volkome reg opgetree het nie. Bowendien is die een kenner verkeerd met sy opmerking dat Cloete twee gespande vuurwapens by hom gehad het toe die sapd man hom geskiet het. Cloete het reeds sy vuurwapen gaan bêre, hy het net die sapd vrou se wapen in sy hand gehad wat hy ook nie op iemand gerig het nie. Die sapd beamptes was baie meer as hy en almal gewapen, maar hulle was te bang om teen 1 man op tree. Dis makliker om te skiet. Weereens, as Cloete wou skiet was almal lankal gewond of dood. Dis net die betrokke mense wat weet wat vooraf gebeur het en geen situasie regverdig n onmiddelike doodskoot nie. Gelukkig hoef jy ook nie jou tyd te mors om my swot fondse vir my terug te kry nie. Bid net dat jy nooit in so n situasie beland nie.

Johan D ·

Ek stem saam met jou! Jy is heeltemaal reg wat die “kenner” aanbetref maar dit lyk my die berig is intussen aangepas! Cloete het ook nie sy wapen gespan toe die koeël op die grond geval het nie, inteendeel, hy het die wapen beveilig na hy dit alreeds gespan het toe hy die vertrek inkom dus was dit die patroon wat in die kamer was wat uitgewerp was waarop hy sy wapen gaan bêre het!
Dit is ook verkeerd om te beweer dat, na hy die polisievrou se wapen afgeneem het, hy die wapen rondgeswaai en op die polisie gemik het! Die wapen was die heeltyd onderstebo aan die kolf vasgehou en hy sou maar sukkel om die sneller te trek!
Ek sou net graag wou weet wat van middag 16h00 tot 01h00 gebeur het wat hom so wild laat optree het!

Keelvol ·

Luister nou baie mooi….. hy het INTENSIE gehad. Waarom het hy die polisievrou se wapen afgevat dan? Hy was n gevaar vir almal daar. Die polisie het reg opgetree.

Agtogwatnog ·

Jy neem nie n polisie beampte wat wettig optree in die uitvoering van hul pligte se vuurwapen af nie. Die feit dat hulle vroeër nie geskiet het nie bewys dat hulle te dit as laaste opsie gebruik het. Maar die oomblik wat jy n polisie beampte se vuurwapen onwettige afneem is jou bollie geboek.

Andre ·

Hoe vergelyk die verloop met die van selfverdediging wanneer ‘n rower in jou huis geskied word?

Wonder ·

Teen rowers met ons omsself verdedig en daar gaan nie op daai oomnlik polisie by wees wat veronderstel is om situasies reg te hanteer by wees nie….

VaalDonkie ·

Die wet seg as ‘n aanval op die punt is om te begin, of alreeds aan die gang is, mag jy skiet. Die aanval moet teen jou of ‘n ander persoon gemik wees en daar moet gevaar van dood of ernstige beserings (m.a.w. jy sou mediese hulp moes kry) wees. ‘n ou met ‘n mes of skroewedraaier of hamer wat in jou kamer staan en jou dreig is so ‘n geval. Daar sal ‘n geregtelike dood ondersoek plaasvind na die voorval, maar dis net omdat iemand dood is en as jy binne die wet opgetree het soos hierbo uiteengesit, dan gaan jy oukei wees.

Dana ·

Meeste kommentare is slegs gebaseer is op die betrokke video is dit heeltemal voortydig om te oordeel wie reg of verkeerd opgetree het. Die video is die laaste minuut van ‘n reeks gebeure van etlike ure wat die tragiese insident vooraf gegaan het. Die vraag is waarom die hotel of die polisie nie die situasie rondom ‘n eenvoudige dispuut kon uitsorteer gedurende die voorafgaande ure nie. Dit was in die laaste minuut duidelik dat Cloete sy humeur vreeslik verloor het in so ‘n mate dat hy irrationeel begin optree het wat tot die tragedie gelei het. Die hotel sou nie sy betaling aanvaar en aan hom ‘n kamer voorsien het as hy van die begin af onredelik, irrassioneel of agressief opgetree het nie. Die vraag is wie het hom gedryf om sy humeur tot op so ‘n punt te verloor? Die hotel of die polisie of beide. Om iemand vir ure te koggel tot hy sy humeur verloor en iets verkeerd doen, en dan te oordeel dat die persoon gevaarlik en irrassioneel is is bloot onregverdig.

Tiptol ·

Absoluut Dana, almal is nou kenners op die gebied maar niemand het die volle inligting of waarheid nie. Kry eers die volle waarheid voor julle oordeel.

Keelvol ·

Die man was nog die HEELTYD agressief. Daarom was die polisie ingeroep. Ek sou jou graag daar wou gesien het en of jy sou anderste optree? Die man is pleinweg onbeskof en arrogant gewees.

Dana ·

As die man HEELTYD agressief was, waarom boek die gastehuis hom in, aanvaar sy betaling, gee vir hom ‘n kamer sleutel en laat hom solank die een kamer beset. Geen gastehuis gaan ‘n persoon wie van die begin af onbeskof en agressief is toelaat om in te boek nie. Dit is duidelik dat hy groot en eksentriek is, maar iemand het hom vreeslik kwaad gemaak. Volgens berigte was hulle reeds 13:00 die middag daar. Die vraag is wat tussen 13:00 en middernag gebeur. Ek was self ‘n polisiebeampte en ook betrokke in die gasvryheidsbedryf as sekuriteits konsultant. Ek moes ook al met sulke moeilike gaste werk maar dit het nog nooit soveel ure (11) geneem om so eenvoudige situasie op te los nie en ek sou nooit toelaat dat dinge so hand uit ruk nie. Daar is heelwat tegnieke beskikbaar om so ‘n situasie op te los voor dit by ‘n tragedie eindig. Dit is waar professionaliteit in kom. Die vraag is of die gastehuis en polisie dit gedoen het en of het hulle die situasie eerder aangehelp.

twaalfboor ·

Blikemmer Dana maar jy kan ñ klomp snert kwytraak. Was jy die heeltyd daar dat jy weet wat vooraf gebeur het? Maak nie saak HOE onbeskof die kapokhaantjie vol stroids was nie. Dit gaan oor die insident self….. op daardie oomblik toe die vris siel sy wapen te voorskyn bring. As jy in die polisie was behoort jy te weet wat is noodweer. Dalk was jy net ñ pen pusher is SAPS, daarvandaan die onkunde. Eks al 36 jaar operasioneel en sê vir jou dat hierdie kollega te lank gevat het om sy ligte uit te doof.

twaalfboor ·

Stem saam jou Johan. Al hierdie “kenners” was tien teen een nig nooit in so situasie nie. Nog net na blikke op die familie plaas geskied…… en dit gemis ook.

Agtogwatnog ·

Ek stem saam met jou, daar is wel n “maar”.
Daaroet in ag geneem word wat was die man se optrede toe die polisie opgedaag het, Om sy eie vuurwapen voorendag te bring en oor te haal was n oordrewe eskalasie van sy kant af. As n polisie beampte is dit sy plig om die saak te ondersoek, wat vooraf gebeur het is onbekend aan die polisie beampte, hy kry n weergawe van die klaers se kant af. Indien dit die volgende oggend moontlik weer ontvlam het en een van die werknemers van die gaste huis dan ernstig beseer was, sou die publiek geskree het die polisie het nie opgetree nie.
Gaste huis personeel moontlik verkeer,ja was die Len karakter moontlik verkeerd, ja. Het die polisie verkeerd opgetree deur ondersoek in te stel, NEE.

Harley Davidson ·

Die slagoffer was verkeerd punt ,maar om hom in die kop te skiet was totaal onnodig, die polisie moes maar het nie inisiatief gebruik nie ,die man was kaal so met wie sou hy baklei het die sitsuasie was onder beheer die polisie moes die volgende oggend die persoon konfronteer en van die perseel vergesel het.Hierdie is duidelik ‘n voorbeeld hoe swak die saps se opleiding is en die onbevoegdheid van hulle lede.

Keelvol ·

Nee…. Die gastehuis wou hom daar uit hê. Want hy was onbeskof en arrogant net die personeel. So verduidelik nou hoekom moes hulle eers die volgende oggend terug kom? Kyk hoe word die man van secunda veroordeel en die arrogante man kry simpatie?

Harley Davidson ·

Ek wil ook nie hê betogers moet nasionale paaie toemaak nie maar hulle doen en die polisie los dit om ‘n tweede Marikana te verhoed.

Agtogwatnog ·

Is hy n slagoffer of n oortreder, kan die oortreder n slagoffer wees?

Linx ·

jy het duidlik net helfte van die video gesien vicky so hou op defend

AW ·

Nou sê my Tannie vir my, “wat van as dit n wit op n swart was” !?

Maar wat ook al die uitkoms van hierdie voorval, daar gaan ongelukkige mense wees !!

Harley Davidson ·

As die polisie man wit was en die slagoffer swart was hy onmiddellik gearesteer en ‘n voorbeeld van gemaak vra enige wit polisie beampte wat vandag in die polisie is.

Elize ·

Dit klink of die man buite beheer was. En dan nog die vuurwapens in sy hande. Ek dink ek sou dieselfde gedoen het as die pollisie.

piet ·

Ja. En dis definitief ook so dat polisie in die res van die wereld hom reeds vroeer sou geskiet het

Pieter ·

So jy dink dis maar OK dat ons polisie oor die algemeen vrot is?

MakersMark ·

Ongelukkig ja. As ons VSA polisie gehad het het hy baie vroeer geval.

Harley Davidson ·

Piet alias pieter alias makersmark in ‘n ordentlike eerste wêreld sou die man met ‘n ” tazer gun ” buite aksie gestel word maar in ‘n piesang Republiek skiet die polisie mense in die kop met skerp punt ammunisie.

twaalfboor ·

Jasper…… dis nie eerste wêreld hierdie nie. Derhalwe die nodige optrede deur die polisie beampte. Moenie eerste wêreld koppel aan velkleur nie. Hierdie vries siel is nie eersre wêreld gehalte nie. Punt….

MakersMark ·

Genuine ? Gaan kyk gevalle in VSA waar polisie gewapende aanvallers op die daad doodgeskiet. As jy ‘n polisieman was sou jy ‘n gewapende man met ‘n tazer aanvat ? Jy maak seker ‘n grap.

Charles ·

Glad nie, beskaafde polisie sou die gespanne situasie ontlont het en hom hom daaruit gepraat het. Dieselfde soos hul n man op n selfmoord missie daar uit praat.

MakersMark ·

Regtig, en al die insidente in die VSA waar polisie gewapendes skiet wat aggresief optree ? Of praat die polisie hul dood ?

Johan D ·

Eerstens, ek het absoluut geen simpatie met Cloete nie, hy het moeilikheid gesoek en dit gekry!
Tweedens weet ek nie waar mense daaraan kom dat hy twee gespande wapens in sy hande gehad het nie! Hy het syne gaan bêre en teruggekom en die beampte se wapen gegryp en onderstebo aan die kolf langs sy sy laat sak en is toe geskiet! Op daardie stadium was niemand se lewe in groter gevaar as toe hy sy wapen rondgeswaai het nie!
Die polisie moes alreeds opgetree het toe hy sy wapen rond geswaai het! Almal se lewens was deur die hele episode in gevaar so di’s vir my ʼn raaisel hoekom hulle nie vroeër opgetree het nie maar toegelaat het dat die situasie eskaleer!
Ek sou hom reg aan die begin al laat val het!
Na hy die beampte se vuurwapen gevat het sou ek hom eers waarsku en as daar geen positiewe reaksie was nie, hom in die regterskouer skiet sodat hy die wapen sou laat val!

Drico ·

Dis presies waaroor die debat gaan. Niemand sê Cloete het reg opgetree nie. Die vraag is egter wat sou gebeur het as die sapd die saak anders en vriegtydig beter hanteer het. Dus: was die kopskoot nodig en geregverdig.

Jacobus ·

Ja, wat van as die skouerskoot hom net nog kwater gemaak het en hy op die polisie begin skiet het? Ek sou hom al toe hy sy wapen span geskiet het.

twaalfboor ·

Johan D maak jou oë oop. Hy het sy wapen gaan haal en dit gespan. Toe span die vris chris nog die rondte uit die loop uit. DUIDELIK onkundig dat hy nie eers weet sy wapen is reeds one-up nie. Die tweede gelaaide wapen was die sapd lid se wapen wat uit protokol one-up was. Net vir jou oningeligtheid….. one-up beteken die wapen het ñ rondte in die loop.

VaalDonkie ·

Ek was jare gelede in my voorarm geskiet tydens ‘n aanval en het dit nie eens besef tot later nie. Het vir my gevoel of iemand my met ‘n krieketbal gegooi het. Ek het die skoot gehoor, maar nie eers twee en twee bymekaargesit nie. Ek twyfel of ek my pistool sou laat val het indien ek een in my hand gehad het.

Jeepie ·

Regtig tragedies. Hoop Mnr Cloete herstel spoedig. Mens weet nie wat gebeur het voor die voorval nie. Ongelukkig is dit duidelik dat Mnr Cloete nie probeer vrede maak het nie. Hy was op soek na ‘n reaksie van die SAPS lede. Die hof sal dit ondersoek. As jy ‘n wapen na enige persoon rig en dreig, dan is dit ‘n probleem. As jy nog by dit ‘n SAPS lid se wapen dan neem en ander SAPS lede dreig, dan soek jy duidelik nie vir vrede nie. Wens Mnr Cloete, sy familie en vriende alle sterkte toe. Mag julle deur hierdie moeilikke tyd kom.

Carel ·

Kyk na Len Cloete se sosiale media foto’s. ‘n Testostoroon geïnduseerde Rambo.
Ek het die ongeredigeerde video gesien & vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, lê my simpatie by die Polisie

Johan D ·

Myne ook maar ek dink die oomblik was vir hulle te groot en het geensins geweet hoe om die situasie te hanteer nie!

Anel ·

Ek het net een vraag: het die lede bevoedheidsertifikate? Was hulle bevoeg om wapens te dra? Meer as driekwart van die lede het geen benul van die vuurwapenwet nie en is ook nue bevoeg om wapens te dra nie, maar doen dit wel.

Jacobus ·

Geldige vraag. Miskien as hulle goeie opleiding gehad het het hulle hom al vroeer geskiet.

Harley Davidson ·

Deur die bevoegdheid prosedure soos deur die piesang Republiek voorgeskryf maar hy is nie ‘n polisie beampte wat sy werk moet doen met ‘n vuurwapen nie.

Francois Le Cochon ·

Anel, die Vuurwapenwet geld nie vir die Polisiediens nie. Dit is dus nie nodig vir ‘n bevoegdheidsertifikaat, of kennis van die Vuuwapenwet nie. Die Wet sal slegs vir n polisieman geld indien hy/sy ‘n persoonlike wapen aanskaf. Die Polisiewet het ander voorskrifte vir vuurwapens vir polisie.

VaalDonkie ·

Die ou het darem gelyk of hy weet hoe om ‘n wapen te hanteer.

Jeepie ·

Regtig tragedies. Hoop Mnr Cloete herstel spoedig. Mens weet nie wat gebeur het voor die voorval nie. Ongelukkig is dit duidelik dat Mnr Cloete nie probeer vrede maak het nie. Hy was op soek na ‘n reaksie van die SAPS lede. Die hof sal dit ondersoek. As jy ‘n wapen na enige persoon rig en dreig, dan is dit ‘n probleem. As jy nog by dit ‘n SAPS lid se wapen dan neem en ander SAPS lede dreig, dan soek jy duidelik nie vir vrede nie. Wens Mnr Cloete, sy familie en vriende alle sterkte toe. Mag julle deur hierdie moeilikke tyd kom.

Richardt ·

Kom ons kyk of Maroela die ewewigtigheid het om hierdie realiteitsgedrewe opmerking toe te laat:

Die ‘verligtes’ maak die groot en sterk witman wat aggressief, ondeurdag en ongebalanseerd optree af as ‘n skurk, of iemand met kriminele gedragspatrone en skaar hul aan die kant van die “arme polisie” wat moes skiet om hulself te verdedig teen die witman, wat na absolute belaglike bewering van Cele, ‘n gevaar vir die gemeenskap sou wees…
Toets jouself en jou linkse verligte insigte en oortuigings, sowel as Cele en die media se belaglike opmerkings:
As presies dieselfde plaasgevind het met die rolle omgeruil, wat sou jou en die media se ‘verligte’ opinie dan gewees het?
As ‘n wit polisieman ‘n oproerige swartman in sy onderbroek, in sy hotelkamer ‘n kopskoot gegee het, oor ‘n argument met hotelbestuur, wat sou jou en die media se opinie dan wees?
Tyd om ruggrate en gesonde verstand te groei en ontwikkel…

Richardt ·

Ongelukkig leef jy in ‘n droomwêreld as jy dink wat daar gebeur het, het niks met ras te doen nie.
Die feit dat jy nie die situasie kan omdraai en dan sien wat die ‘sienings’ sou wees nie, sê baie van onbegrip vir realiteit.

Anoniem ·

Richard as ek deur die kommentaar lees is jy die enigste persoon wat dit ‘n ras ding probeer maak

MakersMark ·

Niks met ras uit te waai nie enige wit polisieman sou hom al vroeer laat val het.

Keelvol ·

Sou hy nog steeds simpatie gekry het as hy swart was? Of sou jy soos die RES die polisieman toegejuig het? Maar omdat hy wit is en die polisiemanne swart is, maak jy hom n viktim. Hy was arrogant en verdien geen simpatie nie.

MakersMark ·

Die groot witman het gesoek vir moeilikheid. Nou skree die wat dit ‘n ras issue wil maak kliphard. Selfde mentaliteit as blm. Maak wat hul wil tot gevolge intree. Dan is hul victims.

Karlahari ·

Tyd om terug te sit en retrospeksie te doen.
My eerste gevoel was dieselfde as joune.
Totdat ek die video gesien het.
Haal jou donkerbril af en kyk met helder oë na die voorval.
Ps.
Ruggraat niks mee fout nie.
En my verstand kan weeerskante toe redeneer.
En jammer om jou bubble te bars.
Ek is nie liberaal nie.

Richardt ·

Aan almal wat so kant kies teen die “arrogante, groot boelie met meer spiere as breins” ens, ens…
Ek sou dalk self nie met die klong oor die weg gekom het, indien ons sou ontmoet nie.
Sy ekstrovertiese persoonlikheid, windgat houding en arrogante sosiale media persona en my persoonlike voorkeure het egter niks met hierdie scenario te doen nie.
Ek kyk wat in die land gebeur en hoe reg en geregtigheid eenkant toe absoluut gerek word en anderkant toe absoluut beperk word.
En dit gaan net erger word, solank almal soos goeie ‘Stockholm Sindromers’ die weg met die minste weerstand teen ons verdrukkers volg.
As krioelende massa geweldenaars (Baie gewapend) nie deur die polisie onder bedwang gebring mag word met skerppunt ammunisie nie, as boere gearresteer en vervolg word as hul, hul lewens, geliefdes, eiendom, inkomste en eer beskerm teen bendes geweldenaars, waarom kan Cloete maar in die kop geskiet word?

MakersMark ·

Hy was ‘n onmiddelike gevaar vir mense om hom insluitende die ander gaste in die kamer. Hy het ‘n dodelike wapen in sy hand gehad en moes geeëlimineer word. Daarom die kopskoot. Skielik is hy nie meer ‘n gevaar nie.

VaalDonkie ·

Hei, ek is ‘n regse ou wat vir die VF+ stem en niks van liberalisme hou nie. En ek dink ook hy het gesoek daarvoor. Selfs al was die rasse omgeruil. Dit beteken nie elke situasie is dieselfde nie. Maar hier het die ou definitief swak besluite geneem en moes toe die prys betaal.

piet ·

Enigste kritiek wat ek teen die polisie sou he, is dat hulle hom reeds vroeer moes geskiet het.

Harley Davidson ·

Piet,alias pieter,alias makersman as die polisie beamptes nie so bang was nie kon hulle die man gearresteer het toe hy kaal en ongewapen op hulle geskree het.

MakersMark ·

Jy het nog baie om te leer van die wapenwet. Polisie het nie nodig gehad om hom te arresteer nie hulle het hom gevra om die personeel te verlaat. Dis toe rambo na sy wapen begin gryp moes hom net daar geskiet het.

Porseleintjie ·

Die man kon geskiet het as hy wou. Hyt egter sy wapen neergesit. Alhoewel hy die beampte se wapen gryp, regverdig die situasie nie n kopskoot nie. Persoonlik dink ek die een wat geskiet het, het gewag vir n geleentheid om wel te skiet. Sy lewe was nerens bedreig nie. Skiet jy egter n inbreker word jy vervolg, want jou lewe is mos nie in gevaar nie. Gegewe jou velkleur natuurlik. Skuldig of onskuldig. Geregtigheid is net vir our people.

Keelvol ·

Hoe sal jy weet? Trek eers die uniform aan en spandeer n paar maande op die werk en kyk hoe wittes hulle swak gedra.

Fritz ·

Jy swaai nooit ‘n vuurwapen rond voor ‘n polisieman nie, nie in SA, VSA of enige land in die wêreld nie!

N ·

Drank en steroids meng nie. So ook nie onbevoegde polisie met n wapen nie. Die is n 50/50 saak wat soveel ander uit kon draai.

Vlooitjie ·

Ek stem, beide kante kon dit anders hanteer het maar toe draai dit tragies uit.

Politikus ·

Reg en geregtigheid het reeds geskied. Mense soos Len Cloete is ‘n gevaar vir die samelewing. Genoeg gesê. Tyd vir aanbeweeg

Keelvol ·

Tipvol, as Cloete swart was wat sou almal op maroela se reaksie dan gewees het.

Pablo ·

Wit swart. Fie swart polisieman sal niks oorkom nie. Kyk maar. Hulle doen mos niks verkeerd nie. Wat n wettelose en kriminele land.

Keelvol ·

En cloete? Hoeveel mense het man van secunda gestenig sonder bewyse. Maar Cloete word verdedig

Richardt ·

Kom ons probeer weer:
Len Cloete het:
– Nie onbeheersd deur die strate gehardloop nie,
– Nie mense redeloos gedreig of aangerand in die openbaar nie,
– Nie vensters en eiendom beskadig en of aan die brand gesteek nie.
– Nie eiendom beskadig en geplunder en roof nie.
– Nie na waar die polisie besig was om te patrolleer of blokkades te beman, gegaan en die polisie gaan uittart en bedreig nie.
– Daarom ook nie mense bedreig en aangerand en of beseer, vermink of vermoor, wat hom probeer keer het om die bogenoemde geweldsdade te pleeg nie.
Maar sommige volksgenote dink dat hy vir irrasionele optrede wanneer hy in sy onderbroek in sy hotelkamer gekonfronteer word, ‘n kopskoot verdien, maar nie diegene wat bogenoemde geweldadige bedreigings en misdade pleeg nie?

Karlahari ·

Gerieflikheidshalwe swyg jy oor die deel waar hy die polisie lid se vuurwapen af neem.
Die moment toe hy dit doen regverdig dit die Polisie se optrede.
Was die wapen gelaai? Hy sou nie weet nie.
Skiet jy hom in die been het hy heel moontlik terug geskiet.
n Moontlike waarskuwing sou dalk kon werk. Maar dit sou heel moontlik in n struweling uitloop met skote in alle rigtings.
Jy neem nie n polisielid se wapen af nie.
Punt

Richardt ·

Dis waar jy die fout maak. Jy het geen idee waarom ek hierop reageer nie en nee, ek verswyg niks… Alles is in die artikel… en met min woorde toegelaat, kan alles nie aangespreek word nie… Moet dus nie strooipoppe oprig om punte te probeer verdien nie.

Cloete het aan die hand van die inligting beskikbaar, alles verkeerd hanteer. Sy bullebak gedrag het sekerlik die sissie polisie geintimideer.
MAAR:
Wanneer die polisie nie skiet nie en weghol van gevaarliker situasies en die publiek oorlaat aan die onbeheersde woede van geweldenaars, word hul geprys omdat hul geweld vermy.
Omdat niemand hou van Cloete se persona nie, is dit nou genoeg rede om hom ‘n kopskoot te gee…?
En sy eie volksgenote swyg nie net nie, baie gee applous!
Weeg jou eie benadering!

Richardt ·

Alles wat almal tans weet is in die artikel. Moenie strooipoppe oprig nie.
Hy was in sy ‘woonplek’ gekonfronteer deur ‘n oormag met vuurwapens…
Hy het wel verkeerdelik opgetree, maar in sy ‘mindset’ het hy ‘n bedreiging ontwapen.
Hoe dit ookal sy, op geen manier sou dit deur die media of staat of politieke drukgroepe aanvaar word as die polisie ‘n halfkaal swart man in sy hotekamer in die kop skiet nie!
Waar was die opgeleides: “To talk him down”?
Hy was een man, hulle was vele!
Waar was die opgeleides wat hom kon fisies oorrompel en arresteer?
Waarom was daar ‘n “entourage” van polisie oor ‘n geskil tussen ‘n hotel gas en hotel bestuur?
Begin daar nog nie klokkies lui nie?
En nee dis nie tinnitus nie…

MakersMark ·

Kom ons probeer weer. Groot witman swaai wapen rond en haal dit oor – polisie doen niks. Groot witman gryp polisie vrou se wapen onwettig uit haar hande – polisie doen niks. Groot witman ruk polisie vrou rond en vra om geskiet te word – polisieman doen soos hy vra.

Keelvol ·

Ek kan glo dat daar mense is wat die cloete nog steeds verdedig nie. Die man was arrogant. Ek sou hom lankal geskiet het. Dis deur mense soos hy se onverskullige optrede wat wetgehoorsame burgers gaan sulke om hulle vuurwapen lisensies gehernu te gaan kry.

Julle almal stenig die ou van secunda maar verdedig die arrogante man.

Casper ·

Ek mis iewers iets.Het die man geslaap en toe deur polisie wakker gemaak.Ek glo nie hierdie storie dat hy geslaap het nie en dit is nie wat die ander berigte laat blyk het nie.Hy het die hele situasie verkeerd hanteer.Omdat sy kamer nie reg was nie toe raak hy aggressief.Noodweer beervanger noodweer en as jy bly lewe hoop ek jy sal in die toekoms nooit weer so simpel raak nie.

Blommie ·

Len het baie lank gehou in enige regdenkende persoon se opinie. Daar is geen plek op aarde waar die polisie sal staan ek kyk waar ‘n “verdagte” sy wapen oorhaal nie.

Andries ·

Dit was nie reg van die polisie om die man in die kop te skiet nie geen waarskuwing skote is gegee nie Wel dit is moord as jy iemand in die kop skiet is dit moord die polisie beampte het geen reg gehaad om len in die kop te skiet nie dit is moord en moet aangekla word vir sy dade

Harley Davidson ·

Was nie eers nodig om te skiet as die polisie nie so bang was nie.

Jaco ·

My eerste vraag en niemand kan dit beantwoord nie. Hoekom het die “vrou” of die “paartjie” wat saam met die ou daar was, toe die probleme al die Vrydag begin het, gesê kom ons los dit en gaan eerder na n ander plek toe.
Of toe hulle terugkom en daar probleme was, hoekom het dieselfde mense (vrou of paartjie) nie opgestaan toe die sekuriteit en eienaar hulle gevra het om te gaan, gesê kom ons los en loop eerder.
Dieselfde mense toe die polisie in die kamer was, hoekom het hulle nie vir die Man gesê los jou wapen kom ons loop nie.
Maar nou lê hy in die hospitaal, polisie word beskuldig omdat hulle “verkeerd” opgetree het en niemand vra die soort vrae nie.
Sy vrou en vriende is net so skuldig. Hulle kom dit gestop het.

Agtogwatnog ·

Die man het n polisie lid se vuurwapen afgeneem en boonop sy eie vuurwapen oorgehaal. Ek is ex Polisie man, weg vroeg 1996. Ek verseker jou as n persoon sy vuurwapen uithaal en span mors jy nie net met jou eie veiligheid nie maar die veiligheid van jou mede lede asook lede van die publiek indien hulle in die onmiddellike omgewing is. Ek voel vere vir die persone betrokke se ras, die man was n gevaar en die polisie man het opgetree. Die hele episode eskaleer van (Ja slegte diens) niks na n punt waar die man sy vuurwapen begin rondswaai het. Die man kon in sy kar geklim en gery het, Hy was n lont wat reg was om te ontsteek, hy was n gevaar en onstabiel.

Pieter ·

Die EFF is stil? As die ‘n wit SAPS Lid was en ‘n ander ras oortreder, was daar sekerlik al optogte. Was SAPS reg of verjeerd? Dit los ek vir die ondersoekers en hof. Het nie al die feite nie.

Harley Davidson ·

Pieter,alias piet,alias markersman wat wil jy nou eintlik sê was dit nou verkeerd of was dit reg?

Irene ·

Ek voel ook die Gastehuis eienaars en polisie kon die saak anders hanteer het en die polisie het geen opleiding om die tipe situasie te hanteer nie.

Maggies ·

Moes die polisieman vir die kop mik? Ek is nie ‘n polisieman nie en weet hy moes eerder vir die skouer of voet mik. Dít is wat verkeerd was.

VaalDonkie ·

Nee. Jy gaan hom net meer kwaad maak en dan sou daar meer mense in die hospitaal wees. Dis onsmaaklik, maar dis hoe dit ongelukkig werk.

Richardt ·

Die boosaards het lank terug gekom vir die ou wat op die plot buite die dorp woon.
Niemand het veel daaromtrent gedink of gesê nie.
‘n Maand later het hul gekom vir die ou wat onder in die straat woon.
Niemand het veel daaromtrent gedink of gesê nie.
Laas week het hulle gekom vir die ou wat op die hoek woon.
Niemand het veel daaromtrent gedink of gesê nie.
Gister het hulle gekom vir my bure.
Niemand het veel daaromtrent gedink of gesê nie.
Nou is hulle besig om my voordeur af te skop….
Nou is daar niemand oor om iets daaromtrent te dink, sê of doen nie.
Sela.

Nationalist ·

Hy sê letterlik, skiet my. Ek weet nie hoekom die polisie bevraagteken word nie. So dit sou reg wees as hy een van die polisie beamptes skiet? Hy was wel reg gewees met geweer in die hand.

Misty Hills, SWAK!

charlotte ·

Die polisie het nie Cloete geskiet om hom buite aksie te stel nie. Hul het geskiet om hom dood te skiet. Daar is baie polisie beamptes wat glad nie kennis het hoe om n vuurwapen te gebruik nie. Cloete was verkeerd ja maar so ook die polisiebeampte. Sy teiken was lewens groot hy kon hom orals op sy lyf geskiet het.. Hoekom sy kop??

VaalDonkie ·

Daar is nie rerig ‘n veilige ek om iemand te skiet nie. As jy ‘n groterige slagaar raakskiet, bloei die ou dood. As jy ‘n orgaan soos die lewer of maag raaksiet, bloei die ou dood en het geweldige pyn. Skiet jy hom in sy long, versmoor hy oor die tydperk van ‘n paar minute tot ‘n uur. Skiet jy hom in sy hart, is hy nog vir ‘n paar minute wakker en dan sal hy boonop baie kwaad wees. Selfs as jy iemand in die been skiet, kan hulle doodbloei.

Lizziebit ·

Kom ons begin by die begin! In ons land vandag is daar bittermin mense wat bevoeg is om te doen wat hulle moet doen! Hoe is dit dat ‘n hotel of gastehuis nie die kamers vir gaste wat bespreek het gereed gehad het teen 4 uur die middag nie – wat was hulle verskoning? Nou kan enigiemand ‘n fout maak, ja, maar hoe maak jy dit reg? Jy vra baie mooi om verskoning en maak seker dat die kamer binne ‘n uur gereed is – wat het die mense by die gastehuis gedoen? Ons weet nie! Uit ondervinding weet ek wel dat as jy ‘n aggressiewe houding kry wanneer hulle verkeerd was, jou eie bloeddruk ook opstoot en dit word dan ‘n mini- oorlog! Het die werkers by die gastehuis uit hul pad gegaan om die gaste te akkommodeer, of was hulle vyandig omdat iemand nie hulle werk gedoen het nie?

Belinda ·

Net n vraag, as die tafels gedraai was, sou daar weer rassisme geskreeu geword het.
Ek praat glad nie die man se dade goed nie, hy het verkeerd opgetree en sou hul hom in die been geskiet het sou hy tien teen een terug skiet want hy het in elk geval sy geweer oorgehaal en die lewens van ander in gevaar gestel.
Dis n baie moeilike saak want op die ou einde was ALMAL in hierdie storie verkeerd. Ons kan dit net in die hande van die gereg los wat die hele storie ken, want media steek ook meestal baie goed weg van die publiek.
In my oe, was almal verkeerd en ek dink regtig dit het hom toegekom aangesien sy gedrag onaanvaarbaar was. Nie eens sy vriende kon hom in toom hou nie, en hy wou obviously n “shine”voor hulle vang.

Laat ons maar sien wat die uitkoms van die hele saak is… hierdie gaan n groot hy se sy se saak wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.