Lenasia-grondverkoper word gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige werknemer van die stad Johannesburg sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis word vir sy betrokkenheid by die onwettige verkoop van staatsgrond in Lenasia.

Sifiso Handsome Litau het tydens die dissiplinêre verrigtinge uit sy pos bedank toe drie getuies wat grond by hom gekoop het, teen hom getuig het.

Hy is in Julie skuldig bevind op aanklag van die onwettige verkoop van grond in Lenasia X3.

Twee ander persone is ook in verband met die grondskema in hegtenis geneem. Hulle sal ook Dinsdag in die hof verskyn. David Mofokeng (“Lepolisa”) en Thabo Moloi is in Julie in hegtenis geneem en vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle is tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem toe hulle staatsgrond aan ondersoekbeamptes van die Valke wou verkoop.

Pastoor Mandla Dlamini (76) dien reeds drie jaar tronkstraf uit vir sy betrokkenheid by die sindikaat.

Die egpaar, Muzwamandla en Elizabeth Poto is in November 2013 skuldig bevind aan bedrog en is tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Hulle is ook 12 maande tronkstraf opgelê vir betreding wat vir 12 maande opgeskort is.

Die vermeende meesterbrein van die sindikaat, Richard Zikhali, staan tereg op 94 aanklagte van bedrog en geldwassery. Sy verhoor begin binnekort in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof.

Lees vorige berigte wat met die onwettige verkoop van staatsgrond verband hou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deon ·

Maroela, ek is seker as julle `n bietjie dieper krap dan sal julle `n Zuma gekonkel in die saak vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.