Lente bring dalk laer brandstofprys

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die prys van brandstof sal na verwagting binnekort goedkoper wees nadat dit die afgelope paar maande die hoogte in geskiet het. Kenners waarsku egter dat dié daling nie so merkwaardig is soos wat motoriste dalk voor hoop nie.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê volgens die ongeouditeerde maandeinde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (CEF) bekendgestel is, kan brandstofpryse volgende maand met tussen 10c en 20c per liter daal.

Motoriste het vandeesmaand peperduur pryse gesien met brandstof wat vir die eerste keer sedert Oktober/November 2018 meer as R17 per liter gekos het.

“Internasionale petroleumpryse het in Augustus begin daal nadat die organisasie vir lande wat petroleum uitvoer (Opec) sy daaglikse olieproduksie geleidelik verhoog het. Dit volg nadat vroeëre beperkings op olieproduksie weens die Covid-19-pandemie opgehef is,” het die vereniging gesê.

Die AA het egter daarop gewys dat die rand aansienlik teenoor die Amerikaanse dollar verswak het, wat beteken dat Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers nie die volle voordeel van die laer olieprys sal geniet nie.

Die petrolprys sal na verwagting tot sowat 11c per liter daal, terwyl diesel 21c per liter goedkoper kan wees en die prys van paraffien met 12c per liter kan daal.

“Hoewel klein sal hierdie daling ʼn welkome verligting bring ná die kwaai stygings van verlede maand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Dink hulle nou ons moet op ons knieë gaan en dankie sê vir 11 sent nadat hulle dit hierdie maand met amper ‘n rand laat styg het? Ag asseblief!!!!

Eend Bessinger ·

Brandstof kom af, maar kos gaan op… ‘n Mens kan nie wen nie.

Willie J ·

Sal maar te bly wees as brandstof prys kan val tot 11 sent per liter.
Groot verskil in met en tot!!

Elinette ·

Sjoe, ek dink in my kinderdae (toe Metusalag nog op aarde was!) het brandstof omtrent 11c/liter gekos …

Konrad1226 ·

Nice. Vir my beteken dit ‘n R4.03 besparing per tenk. Ek is so dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe. Geen lang toue by die vulstasie vanaand indien dit met R0.03 moes styg. Ons Suid Afrikaners herken ‘n bargain as ons hom sien. Ek vul definitief my tenk eers môre op.

Nico ·

Die internasionale geldmagte speel ‘n groot rol in die beheer van die olie en brandstof pryse.

Annelie ·

Regtig?
Ek is wel dankbaar vir die paar sente maar ons betaal way te veel in elke geval vir brandstof.

Elinette ·

Maar moenie dink dat die kospryse sal daal as die brandstof prys daal nie!!!

Jr ·

En nou vir die stupid peeples daar buite. Die wat nou cANCer gaan stem. Up by 90 cent last month down by 20 cent dies mont. Look how good dis cANCer party look after you. Pleese vota for us stupido

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.