Hoe verder noord in die land hoe groter die “hap” uit die son wat waargeneem kan word. In Kaapstad word net sowat 26% van die son verduister, in Bloemfontein 42% en in Johannesburg 50%. ’n Volkome sonsverduistering kom in midde-Afrika voor.
Die maan is egter nou ongeveer op sy verste punt van die aarde af, en is nou sigbaar te klein om die hele son te kan verduister. In die dele waar die maan mooi deur die middel van die son se baan beweeg, sal daar dus ’n ronde ligkrans rondom die maan wees.
Die sonsverduistering duur sowat twee uur. Dit begin om 09:31 in Johannesburg met die ander stede wat effe later begin.
Bloemfontein: begin om 09:37; maksimum 11:01; einde 12:30,
Kaapstad: begin om 09:42; maksimum 10:48; einde 11:58;
Durban: begin om 09:48; maksimum 11:16, einde 12:46;
Johannesburg: begin om 09:31; maksimum 11:02; einde 12:38;
George: begin om 09:49, maksimum 10:59, einde 12:13;
Port Elizabeth: begin om 09:53; maksimum 11:07; einde 12:24;
Slegs spesiale instrumente om na die sonsverduistering te kyk moet gebruik word. Sonbrille, ou X-straalplate en ander “boererate” kan tot permanente oogskade lei. ʼn Gaatjie deur ʼn papier waardeur die son op ʼn ander papier skyn, kan ook gebruik word. ʼn Sweishelm met baie donker glas behoort ook veilig te wees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
hier is nie son in die Kaap nie!
Hoop die media het wyd verkondig dat oë skade kan opdoen. En ek hoop mense luister…
Dankie Maroela, gekyk, baie baie awesome
Ons het gekyk deur n sweis helmit en dit was mooi ma die voledige een in 2004 was amazing het dit op Beitbrug limpopo gesien destyds