Lentedag-sonsverduistering

Argieffoto: AP Photo/A.M. Ahad

Argieffoto: AP Photo/A.M. Ahad

Suid-Afrikaners vier vandag Lentedag met ’n gedeeltelike sonsverduistering.

Hoe verder noord in die land hoe groter die “hap” uit die son wat waargeneem kan word. In Kaapstad word net sowat 26% van die son verduister, in Bloemfontein 42% en in Johannesburg 50%. ’n Volkome sonsverduistering kom in midde-Afrika voor.

Die maan is egter nou ongeveer op sy verste punt van die aarde af, en is nou sigbaar te klein om die hele son te kan verduister. In die dele waar die maan mooi deur die middel van die son se baan beweeg, sal daar dus ’n ronde ligkrans rondom die maan wees.

Die sonsverduistering duur sowat twee uur. Dit begin om 09:31 in Johannesburg met die ander stede wat effe later begin.

Bloemfontein: begin om 09:37; maksimum 11:01; einde 12:30,
Kaapstad: begin om 09:42; maksimum 10:48; einde 11:58;
Durban: begin om 09:48; maksimum 11:16, einde 12:46;
Johannesburg: begin om 09:31; maksimum 11:02; einde 12:38;
George: begin om 09:49, maksimum 10:59, einde 12:13;
Port Elizabeth: begin om 09:53; maksimum 11:07; einde 12:24;

Slegs spesiale instrumente om na die sonsverduistering te kyk moet gebruik word. Sonbrille, ou X-straalplate en ander “boererate” kan tot permanente oogskade lei. ʼn Gaatjie deur ʼn papier waardeur die son op ʼn ander papier skyn, kan ook gebruik word. ʼn Sweishelm met baie donker glas behoort ook veilig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

Wou nou net sê, liefie, toe gooi die Kaap se laat reënwolke op Lentedag ‘n “spanner in the wheels” vir ons!

Theresa ·

Hoop die media het wyd verkondig dat oë skade kan opdoen. En ek hoop mense luister…

Herman, ·

Ek hoop dat mense hulle gesonde verstand sal gebruik om nie bloots na die son te kyk nie en nie op die media hoef staat te maak vie en dat die wat dan so dom is om in die son in te kyk uit hulle seer ervaring sal leer.

Ouma mix ·

Ons het gekyk deur n sweis helmit en dit was mooi ma die voledige een in 2004 was amazing het dit op Beitbrug limpopo gesien destyds

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.