Leon Brits ‘was manipulerend, jaloers’

Suretha Brits konsulteer met haar regsverteenwoordiger, adv. Barry Roux. Sy was emosioneel tydens die hofverrigtinge (Foto: Anja van der Merwe)

Suretha Brits (31) het in die pleitooreenkoms wat sy met die staat gesluit het, getuig hoe sy dit nie langer kon verduur om by haar vermoorde man en hotelier van Pofadder, Leon Brits (41), te bly nie. Dít omdat hy haar glo keer op keer mishandel het.

Dié mishandelings het glo langer as 15 jaar voortgeduur, waartydens Leon haar onder meer gedwing het om ʼn aborsie te kry toe sy op 15 jaar swanger geword het.

Suretha is Maandag in die hooggeregshof in Upington, Noord-Kaap, tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Luidens die pleitooreenkoms – wat adv. Barry Roux Maandag in die hooggeregshof in Upington, Noord-Kaap, voorgelees het –  was Leon manipulerend, seksueel veeleisend en erg jaloers. Volgens Suretha het hy ordentlik en tegemoetkomend in die openbaar voorgekom, maar sy persoonlikheid het glo handomkeer verander sodra die egpaar alleen agter geslote deure was.

Suretha sê sy het op ʼn jong ouderdom reeds ʼn seksuele verhouding met Leon aangeknoop en op die ouderdom van 15 jaar swanger geword.

“Leon het Suretha vir die swangerskap blameer en daarop aangedring dat sy ʼn aborsie moet ondergaan. Sy was reeds toe al 12 weke swanger met ʼn tweeling. Suretha het verplig gevoel om tot die aborsie in te stem.”

Suretha beskryf die aborsie as ʼn pynlike en traumatiese ervaring.

Volgens Suretha was sy in gr. 12 toe sy nauurs in Leon se hotel, Pofadder Hotel, gewerk het. Sy het na bewering weer swanger geword en Leon het glo wéér daarop aangedring dat sy ʼn aborsie moet ondergaan. Sy sê sy het egter hierdie keer moed geskep om sy versoek te weier en geboorte gegee aan ʼn dogter.

Brits vertel in haar pleitooreenkoms hoe sy ná skool voltyds in die hotel begin werk het.

Sy was 19 jaar oud toe sy en Leon getrou het. Sy het dieselfde jaar swanger geraak en aan ʼn tweeling – twee seuns – geboorte gegee.

Suretha se prokureur, Sandy du Plessis, praat haar moed in voor die hofverrigtinge begin (Foto: Anja van der Merwe)

Volgens Suretha was Leon ewenwel ʼn goeie pa en hy het goed na haar en die kinders omgesien. Hy het glo ook vir Suretha ondersteun om haar as ʼn suksesvolle sakevrou te bekwaam. Sy het oor die afgelope jare die hotel help bestuur en ook haar eie onderneming opgebou.

Volgens die pleitooreenkoms was Suretha en Leon se huwelik die afgelope jare op die rotse en albei het buite-egtelike verhoudings aangeknoop. Suretha skryf toe sy Leon oor sy verhouding aangespreek het, het hy gedreig om alles van haar af weg te vat – insluitend haar kinders – indien sy dit vir enigiemand vertel.

Volgens Suretha het sy verskeie kere by Leon gepleit dat hulle eerder moet skei, maar weens sy beweerde jaloesie het hy glo gesê egskeiding is nie ʼn opsie nie. Hy het glo ook gedreig dat indien hulle sou skei, hy haar en homself sou doodmaak.

Suretha moes toe kwansuis aan ander maniere dink om Leon uit haar lewe te kry, aangesien skei nie ʼn uitweg was nie. Dit is toe dat sy onder meer Jacques Jansen van Vuuren, ʼn jare lange familievriend, en een van haar sogenaamde minnaars, Denton Nienaber (40), genader het om Leon “uit te haal”.

Jansen van Vuuren het ingestem om haar te help en Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) genader om die moord op 7 Oktober te pleeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Swerwer ·

Maak glad nie sin nie. Op 15 al het die probleme begin. Hoekom het sy na skool dan permanent by die Hotel gaan werk. Hoekom het sy nie ander werk gaan soek en hom verlaat nie. Nèè sy kon mos toe al regshulp gaan inwin het.

Anonymouse ·

Watter tipe man van 25 gaan ‘n verhouding aan met ‘n 15-jarige meisie?! Daar is ‘n term vir sulke mans.

madels ·

Maklik vir jou om te praat. Om met n narsis n verhouding te hê voel n persoon hulpeloos. Daar is ongelukkig baie narsiste in hierdie mooi land van ons

Irene ·

Ek voel baie jammer vir haar maar moord moes nooit eers n gedagte gewees het nie, wat het sy gedink……dat dit nie sou uitkom nie. Ek voel BAIE jammer vir haar kinders ook wat nou by familie gaan groot word. Dis n gemors…..dis net so flippen hartseer.

Trotse Boervrou ·

Leon is vermoor en kan homself nie verdedig nie. Net God weet wat waar is. NIKS regverdig sy moord nie. Die land is vol kundiges by wie jy kon aanklop vir hulp indien jou storie waar is.

Aai ·

Het jy bewyse van die aborsies en dat dit sy keuse was of was jy bang jou ouers vind uit en mense in dorp?

Anonymouse ·

Klink meer asof hy bang was die dorp vind uit hy slaap saam ‘n kind.

Misky ·

Ons glo alreeds nie meer ‘n woord wat oor haar lippe kom nie en sy mos nou al bewys haar woord beteken niks nie. Gerieflikheidshalwe sal ons nou nooit sy kant van die storie hoor nie en haar weergawe klink maar vir my baie eensydig en ‘aangeplak’.

Shakespeare ·

Goeie genade maar julle kan vinnig veroordeel. Nie een van julle het insig wat in daardie kind van 15 se gemoed rondgespoel het nie……….en julle waag dit om te oordeel ?? SIES !!!

anniekiewiet ·

Presies. As jy nie weet hoe ‘n meester-psigopaat te werk gaan nie, bly stil. Niemand behalwe die mishandelde persoon besef ooit watter monster agter toe deure skuil nie.
Hiermee sê ek nie dié vrou praat die waarheid of nie, want ek weet nie. Net, moenie oordeel as jy nie weet wat regtig gebeur het nie.

Truthful ·

Moord is moord. Meisie…as vrou kon jy hulp gekry het…jou storie klink maar snaaks vir my…

anniekiewiet ·

Ek lees haar weergawe en die kommentare en wil net iets noem ten gunste van vroue wat mishandel word. Ek was self emosioneel tot in n moeras in vertrap. Ek het keer op keer hulp gesoek, maar die dag toe ek by ‘n psigiater gevra het vir hulp, nadat ek alles oor my mishandeling vertel het, het ek besef dat psigopate meesters is daarin om selfs professionele persone om hul pinkie te draai. Nadat hy toe met daardie psigiater gesels het, is ek ‘n voorskrif in die hand gestop om my ‘uiters ernstige depressie’ te behandel.
Nodeloos om te sê ek het daardie dr verag. Hiermee keur ek glad nie hierdie moord goed nie, maar as jy nie weet van mishandeling agter toe deure nie, moet nie net oordeel nie.

Meisie ·

Wel antie Suretha, as jy hom geskei het en hy maak homself dood, was jy darm nie in die tronk nie..

MK123 ·

En wat as hy haar ook doodgemaak het, of nog erger, die kinders ook?

Swerwer ·

Sy weergawe is saam met hom graf toe. Dit help nie daar word vuil wasgoed gewas in die openbaar nie. Ongelukkig is daar baie psigopate en net so is daar baie depressie lyers en nog ander geestes ongesteldhede en siektes wat opgenoem kan word. Dus laat sy in vrede haar vonnis uitdien want sy het hom vermoor en dat hy in vrede rus. Deur die kinders sal die waarheid wel uitkom. Kinders neem baie waar, al praat hul nie altyd nie.
Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor.

anniekiewiet ·

5 afduimpies op MK123 se opmerking! Ek kan net kopskud. Weer sê ek nie dat dié vrou skuldig/onskuldig is nie, want ek weet nie, maar kennelik het julle nie n clue van wat ander vroue dalk deurmaak nie.

MK123 ·

Die hartseer van die saak is dat haar storie moontlik waar kan wees en dat sy deur hel is sedert haar tiener jare, mens sal nooit werklik weet nie. Dis nie ‘n geheim dat SA polisie power is en glad nie slagoffers van huishoudelike geweld beskerm nie, dus is sulke vrouens baie keer so desperaat vir vryheid dat hulle heeltemal kop verloor. Hoeveel vrouens word elke jaar deur hul mans vermoor? Baie!

Ek onthou toe ek paar jaar gelede ‘n dame as prokureur verteenwoordig het in ‘n gesinsgeweldsaak. Die saak was op die hofrol, maar die hofklerk het die papiere op verkeerde leer geplaas, en die saak word uitgegooi en die man het geen beskermingsbevel teen hom nie. Raai wie daag toe daardie aand op by haar huis? Sy het die gereg vertrou en dinge reg gedoen en die sisteem het haar gefaal.

JohanR ·

Ouens ek wil he julle moet my man doodmaak…..hier is baie geld vir julle om dit te doen. Hoeveel minnaars het sy gehad?

Annelize ·

Stenig my maar, maar ek glo nie ‘n woord hiervan nie. Maklik om nou allerhande bewerings te maak en die ander party is nie daar om homself te verdedig nie. Vir al wat ons weet het Leon sy bes probeer om hierdie vrou alles in die lewe te gee, en om haar te help om iets van haar lewe te maak as sy dan nou sulke moeilike kinderjare gehad het, en dis hoe sy hom bedank het.

Haar reputasie, soos dit uit talle oorde en publikasies blyk, loop haar vooruit, en gaan enige verweer van haar kant af, na beswaddering laat lyk.

Hoekom ·

Sonder enige verdere bewyse van wat sy sê is hierdie ‘n tipiese geval van “He’s dead, she said”…

Magda ·

Ag nonsens man, die een wat hom self ni kan verdedig ni, is altyd sleg. Hoekom hom vermoor, skei hom.

Johann ·

GEWETENLOOS!!!!!! Betaal iemand om jou man WREED te vermoor, LIEG daaroor en wanneer jou baie duur regsverteenwoordigers vir jou sê erken eerder en “pleit” vir versagting….beswadder jy die PA van julle kinders terwyl hy GEEN verweer het nie? En wat van julle kinders wie se MA hulle PA laat vernoor het? Watse traume stel .JY hulle aan bloot?

Eiervrug ·

Ag nee wat. Sy hou almal weer vir die gek. As dit so ‘n goor verhouding was, hoekom het sy (na sy dood) sy lof besing op haar facebook blad??? Sy het omtrent tekere gegaan oor hoe sy hom mis en nie weet hoe sy sonder hom kan voortgaan nie….

Pokkels ·

Presies my gedagte…..haar facebook blad het gewemel van die lofgesange wat sy hom toegejuig het…..vaderland maar sy is omtrent die kluts kwyt….leuenaar en moordenaar

lollapot ·

Ek sukkel om simpatie te vind, dit is een groot leuen op die ander. As n ‘sakevrou’ was sy beslis nie afgesonder van mense nie, sy kon beslis hulp kry, maar n sy wou die HELE eier he. n Skeisaak en n halwe dop sou nie werk vir haar nie. Ek hoop sy kry die straf wat haar toekom.

N ·

Maklik om slegte goed van iemand wat dood is te sê, al is dit om jouself uit die tronk uit te hou. Was moord regtig die enigste uitweg?. Maar nou ja, nie vir ons om te oordeel nie

Strandloper ·

Sjoe…dit is n mond vol! Tog neig ek om haar te glo…niemand sal ooit weet nie behalwe sy.

annie ·

… as dit so maklik is om huurmoordenaars op te raap dat gaan heelwat van ons bokveld toe reis voor die son sak. Daar is natuurlik ander moeiliker paaie wat jy ook kan volg soos met familie of bure of die dominee te gaan praat of om jou goed te pak en te waai… Selfs die polisie of landdros kan help. Maar ‘n goeie storie verkoop altyd goed.

Danie ·

Kyk pofadder is nie groot nie so n meisie moet seker maar bly wees om n werk en n man daar te kry.
Om te skei sal ook die inkomstevloei afsny en wat doen n dame met ougat maniere sonder geld.
So…dit werk toe nie en nou word die man beswadder.
Neewat, kry vir jou

Jax ·

Hierdie arme vrou se geskiedenis klink Baie soos my eie. Ek was ook jare lank in so n huwelik waar dit vir almal buite my eie huis, gelyk het asof ek met die beste man op aarde getroud was. Genadiglik het ek in n land gewoond waar ek en my kinders beskerming kon kry van die staat toe dit op die punt gekom het waar hy my byna vermoor het. As dit hier in SA moes gebeur het, sou ek waarskynlik dieselfde moes doen. Ons Polisie en regstelsel Sal Baie drasties moet verander tov mense wat in hulle huwelike so sleg behandel word. Hierdie vrou moet beskerm word en moet by haar kinders Kom waar sy heel kan word. Iemand moet besef dat sy dit nie gedoen het as wraak nie maar as beskerming vir haar en haar kinders. Sy is haar lewe lank deur hel – waarom haar nou nog verder hel gee. As jy nie so iets beleef het nie, sal jy nie verstaan nie. Hê dan tog empatie en bied beskerming!

Hasie ·

Sy het met vuur gespeel en haar vingers verbrand ….Sy was nie eers mooi in die Hoërskool nie toe gebeur dinge …jy moes gehardloop het toe jy die kans gehad hetb…nie nou kom verskonings maak nie .Dienlewe is nie soos op die tv en liefdesverhale nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.