Lephalale-plaasmoord: Man in hof

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

Phillip Kgoantha, wat beskuldig word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgoantha (22) se borgaansoek is tot 17 Februarie uitgestel. Hy bly in aanhouding. Kgoantha staan tereg op aanklagte van moord en diefstal.

Familielede het op 6 Januarie op Kotze se liggaam afgekom toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Toe hulle gaan ondersoek instel op die plaas, het die huis se ligte gebrand, maar die huis was gesluit en daar was geen reaksie nie.

Die polisie is ontbied en haar liggaam is in die huis aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn draadhanger verwurg. Die verdagte het twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en haar Ford Bantam-bakkie gebuit.

Kgoantha is drie dae na die moord by sy oom se huis in Northam in hegtenis geneem. Kgoantha het glo takies om die huis vir Kotze verrig.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.